Drie vermeende misdadigers is Donderdag deur inwoners van Boschfontein, naby Schoemansdal in Mpumalanga, doodgeslaan voordat polisiebeamptes daarin kon slaag om ʼn vierde man van die woedende skare te red.
Alles vir die sleutelwoord "Mpumalanga"
Rower doodgeskiet wat toelaes wou steel
ʼn Rower is vroeg Woensdag by ʼn maatskaplike toelaag-betaalpunt in Embalenhle, naby Secunda in Mpumalanga, doodgeskiet nadat ʼn groep boosdoeners probeer het om een van die tellermasjiene op te blaas.
Drie tienermeisies verdrink saam
Drie tienermeisies het Maandagmiddag verdrink toe hulle saam gaan swem het.
Ses vas oor renosterstropery
Ses mans is vandeesweek in die Hluhluwe Imfolozi-natuurreservaat in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
Ses dood toe bakkie, bus bots
Ses mense is dood nadat ʼn bakkie en ʼn bus Maandagaand op die N4 naby Belfast in Mpumalanga reg van voor gebots het.
Vrou sterf toe boom op gebou val
“Sy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”
EFF-lede in hof oor grondbesetting-uitsprake
Twee prominente leiers van die EFF in Mpumalanga het Maandag in die Witrivier-landdroshof verskyn nadat ʼn boodskap op Facebook geplaas is waarin mense aangemoedig word om grond te beset.
Onnie skuldig bevind ná leerling swanger word
ʼn 46-jarige onderwyser van Piet Retief in Mpumalanga is in die streekshof skuldig bevind op aanklag van verkragting.
‘Bedrieër’ wis nie slagoffer is toe eintlik die broer nie
Lucas Matthys Neetling (58) wou ʼn sakeman van Emalahleni bedrieg deur voor te gee hy is ʼn vriend van die LUR vir menslike nedersettings, min wetend sy beweerde slagoffer is die broer van die LUR.
Doodskis-video: Twee weer in hof ná Kersfees agter tralies
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die twee mans wat met ʼn kamera afgeneem is toe hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis gedruk het, het Woensdag weer te midde van ʼn groot mediateenwoordigheid in die Middelburg-landdroshof verskyn.
Wag sterf, vier gewond in ‘haelstorm van koeëls’
ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet en vier ander mense ernstig gewond tydens ʼn transito-rooftog Maandagmiddag buite Elukwatini naby Badplaas in Mpumalanga.
Munisipaliteit reageer ná seun doodskok
Die Thaba Chweu-munispaliteit het Maandag sy voorlopige bevindinge bekend gemaak nadat Jaden Landsberg, ʼn gr. 5-leerder aan Laerskool Lydenburg, Vrydag doodgeskok is toe hy saam met maats gaan fietsry het.
Gemeenskap rou ná seun op fiets doodskok
“Sy pa het aangehou en aangehou om noodhulp toe te pas, hy wou net nie aanvaar dat sy seun dood is nie.”
Fietsrit eindig in tragedie vir seun (10)
Volgens ooggetuies het Jaden Landsberg (10), ʼn leerder aan Laerskool Lydenburg, se maatjies hom uit die water probeer haal, maar hulle kon nie daarin slaag nie, want “die water het hulle geskok”.
[Foto’s] Een dood, talle beseer in busongeluk
Een mens is dood en talle beseer toe die bus waarin hulle gery het Saterdagaand tussen Standerton en Secunda omgeslaan het.
[Foto’s] Brandende bande, traangas tydens Barberton-betoging
Die R40 buite Barberton in Mpumalanga is weer vir motoriste oopgestel nadat taxibestuurders die pad sedert die vroeë oggendure met hul voertuie en brandende bande versper het.
Elf ‘renosterstropers’ vas; 6 horings gevind
“Die span het toe die gebied waar die motor voorgekeer is, ongeveer 57km buite die Kruger-wildtuin, deursoek en op ses vars renosterhorings in ʼn koelboks in ʼn onbewoonde huis afgekom.”
Tiener verdrink in Kliprivier
ʼn Tienerseun het in die Kliprivier naby Witbank in Mpumalanga verdrink.
Talle verdrink in vloedwater
Verskeie mense is dood en ʼn paar moes uit vloedwater gered word, nadat swaar reën die afgelope paar dae oor groot dele van die land geval het.
[Foto’s] Reddingswerker se liggaam uit vloedwater gehaal
Die liggaam van die reddingswerker wat verdrink het toe hy Saterdag probeer het om ʼn vrou uit vloedwater by Kwaggafontein in Mpumalanga te red, is gevind.