Die voormalige Soedannese president Omar al-Basjir kan doodstraf opgelê word vir sy rol in ʼn militêre staatsgreep in 1989 wat die demokraties verkose regering van Sadid al-Mahdi ontsetel het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Omar al-Basjir"
’n Beter manier om van diktators ontslae te raak
Wat ons die afgelope tyd in Algerië en Soedan gesien het, is hoe beide lande se burgery vanuit eie vermoë van diktators onslae geraak het. Dit is sekerlik nie altyd moontlik nie en kom soms teen ’n groot prys, maar die les wat die wêreld kan leer is dat wat in Algerië en Soedan gebeur het, soveel beter is as die wyse waarop diktators in Libië, Jemen en Irak verwyder is.
Soedan en Omar al-Basjir
In Soedan vind tans geskiedkundige gebeure plaas met die staatsgreep teen langtermyndiktator Omar Hassan al-Basjir.
Vreugde van korte duur ná staatsgreep in Soedan
Die ontsetelde president het in 1989 deur middel van ʼn staatsgreep aan bewind gekom en het drie dekades lank Soedan met ʼn ystervuis regeer.
Al-Basjir ‘tree uit’ te midde van opstand
Luidens berigte is die land se outokratiese leier, wat in talle lande ʼn uitgeworpene is en ook deur die internasionale oorlogsmisdadetribunaal gesoek word vir misdade teen die mensdom in Darfoer, onder huisarres saam met verskeie van sy raadgewers by die presidensiële paleis.
Staatsgreep glo in Soedan onderweg
Nuusagentskappe het Donderdagoggend berig die internasionale lughawe in Kartoem is gesluit, die weermag het die nasionale televisie- en radio-uitsaaier oorgeneem en verskeie top-leiers is glo in hegtenis geneem.
Moenie menseregte as vanselfsprekend aanvaar nie
Dit is vanjaar die sewentigste herdenking sedert die Universele Verklaring van Menseregte van krag geword het. Tog skryf Salil Shetty, sekretaris-generaal van Amnestie Internasionaal in die jongste jaarverslag dat niemand vanselfsprekend kan aanvaar dat sy menseregte beskerm sal wees nie.
Organisasies verwelkom Strafhof-uitspraak oor Al-Basjir-saak
Amnestie Internasionaal en AfriForum het Donderdag ʼn uitspraak deur die Internasionale Strafhof, dat Suid-Afrika versuim het in sy plig om die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis te neem, verwelkom.
Strafhof lewer uitspraak oor Al-Basjir-saak
Die Internasionale Strafhof het Donderdag uitspraak gelewer in verband met die Suid-Afrikaanse regering se versuim om Omar al-Basjir, president van die Soedan, in hegtenis te neem toe hy die Afrika-unie se beraad in Junie 2015 in Johannesburg bygewoon het.
SA verskyn voor Strafhof
Verteenwoordigers van Suid-Afrika moes vandag voor die Internasionale Strafhof in Den Haag, Nederland, verskyn.
SA voor Strafhof gedaag
Dit is in verband met die regering se versuim om Omar al-Bashir, president van die Soedan, in hegtenis te neem toe hy die Afrika-unie se beraad in Junie 2015 in Johannesburg bygewoon het.
Stiksienig of onverskillig?
Binne die ANC-strukture sê hy niks oor grondonteiening sonder vergoeding nie, maar wag net tot hy alleen is of voor ʼn groep bondgenote praat. Is die ANC en sy leier stiksienig, onverskillig of bloot domastrant?
Onttrekking aan die Internasionale Strafhof gaan Suid-Afrika se beeld nog meer skaad
As sulks is dit die morele plig van ’n land soos Suid-Afrika om nie onkrities teenoor die hof te staan nie, maar juis te help bou aan die onafhanklikheid en rekord daarvan.
Afrika-unie: Nuwe voorsitter, nuwe geleenthede
Staatshoofde het hierdie week in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, byeengekom waar hulle Moussa Faki Mahamat, Tsjad se minister van buitelandse sake, as die nuwe voorsitter van die Afrika-unie (AU) aangewys het.
AU vra vir massa-onttrekking aan strafhof
Die Afrika-Unie (AU) het ʼn beroep op sy lidlande gedoen om aan die internasionale strafhof te onttrek.
‘SA se onttrekking aan strafhof ongrondwetlik’
Die DA het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer die Suid-Afrikaanse regering se besluit om hom aan die Internasionale Strafhof (ISH) te onttrek is ongrondwetlik en moet daarom ter syde gestel word.
Saak oor SA se onttrekking aan Strafhof aangehoor
Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in Oktober ʼn kennisgewing van onttrekking onderteken.
‘SA kan onttrekking van internasionale strafhof heroorweeg’
ʼn Adjunk-minister het Dinsdag gesê Suid-Afrika kan moontlik oortuig word om sy omstrede besluit om hom aan die Internasionale Strafhof (ISH) te onttrek, om te keer.
Muishondstatus SA se voorland as hy uit Internasionale Strafhof onttrek
Asof Suid-Afrika nie genoeg probleme het nie, wag verdere muishondstatus op ons as die regering sy voorgenome besluit deurvoer om van die Statuut van Rome en gevolglik ook die Internasionale Strafhof (ISH) te onttrek.
SA begin aan internasionale strafhof onttrek
Suid-Afrika het die proses begin om van die Internasionale Strafhof te onttrek.