‘n Boer is Sondagoggend op sy plaas buite Ventersdorp in Noordwes vermoor en sy vrou aangerand.
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Plaasmoorde: Treurgrond – boek sonder einde
Vandag word die opvolgboek oor plaasmoorde, Treurgrond, bekend gestel, en die volgende uitgawe word reeds in bloed geskryf. Vanjaar is reeds 11 boere en hul gesinslede in plaasaanvalle vermoor.
Plaasaanvalle: Elf reeds dood in 2013
Die TLU het Dinsdag aan Maroela Media bekend gemaak dat 11 mense reeds vanjaar gesterf het tydens plaasaanvalle regoor die land.
Tzaneen-plaasaanval: Vrou skiet haar aanvaller dood
Susan Pohl (52) is Maandagoggend net na 09:00 op die Yamorna-hoewes buite Tzaneen, Limpopo, aangeval.
Bloem-seun word oornag Karate Kid
Mark Reynolds, ʼn 15-jarige skoolseun van Bloemfontein, het oornag heldestatus verwerf nadat hy oor die naweek ʼn aanval van agt dronk gewapende mans op hul plaas afgeweer het.
“Plase verdien nie spesiale beskerming nie” – Mthethwa
Plase is nie spesiaal nie en verdien nie meer fokus van die polisie as enige ander gebied in die land nie, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê.
Nuuskommentaar: Wat gaan dit nóg kos om regering oor plaasaanvalle te laat luister?
Volgens oorlewering het koningin Marié-Antoinette oor die honger gepeupel buite gesê: “As hulle dan nie brood het om te eet nie, laat hulle koek eet.” Toe rol haar kop – letterlik.
Honderde plaasmoordslagoffers se briewe aan polisieminister oorhandig
Ongeveer ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewe deur plaasaanvalle verwoes is, se stories is Donderdag aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig.
Nóg ʼn vrieskas-moord
Skaars ʼn week nadat die bejaarde Rudolph (Koffie) en Elma van Heerden van Belfast dood in hul vrieskas aangetref is, is nóg ʼn bejaarde egpaar, Ernst en Annetjie van Rooyen, op hul plaas naby Parys vermoor en Annetjie se liggaam in ʼn vrieskas gesit.
Plaasmoorde-protes: AfriForum verkla polisieminister by openbare beskermer
AfriForum het Dinsdag ʼn klag van magsmisbruik, wanadministrasie, politieke afpersing en minagting van die hof teen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, by die openbare beskermer ingedien.
Villiers-plaasaanval: “Bid vir my pa”
Jannie du Plessis, die boer van Villiers wat Sondagoggend geskiet en saam sy vrou vir ure in ʼn kluis toegesluit is, se linkernier sal glo verwyder moet word.
Villiers-boer stabiel ná aanval
Jannie du Plessis (64), die boer van Villiers wat Sondag geskiet en saam sy vrou in ʼn kluis toegesluit is, is in ʼn stabiele toestand in die Unie-hospitaal in Alberton.
Vermeende plaasaanvallers steeds soek
Die polisie in die Vrystaat is op soek na drie mans wat ‘n boer, sy vrou en hul ses maandeoue baba Saterdag glo met ‘n vuurwapen gedreig en beroof het.
Boervrou moet aanvallers huis toe vat
Emma du Plessis (64) is Woensdagoggend op haar plaas in die Leydsdorp-distrik buite Tzaneen in Limpopo aangerand waarna haar aanvallers haar gedwing het om hulle by hul woongebied te gaan aflaai.
Plaasmoorde: Boodskap trek die wêreld in
Van die Uniegebou en deur-tot-deur van ambassades in Pretoria, is die boodskap besig om te versprei dat die kwessie van plaasmoorde aangespreek moet word.
Plaasmoorde: Veldtog die wêreld ingestuur
AfriForum gaan Donderdag ʼn memorandum aan 110 ambassades rig waarin ʼn beroep gedoen word om diplomatieke druk op die regering te plaas om die kwessie van plaasmoorde aan te spreek.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde, volksmoord en jou vriende
‘n Lid van die Europese parlement, Philip Claeys, het pas sanksies teen Suid-Afrika gevra om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om plaasmoorde hok te slaan. ‘n Regeringswoordvoerder het minagtend daarop reageer.
Vakbond sê minister se statistieke oor plaasaanvalle is ‘duimsuig’
Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se bewerings dat die meerderheid van plaasaanvalle as gevolg van loongeskille tussen werknemers en werkgewers plaasvind, is van sy linkerduim afkomstig.
Atleet geskiet tydens plaasaanval
Karen Wilkinson (nou Harmse), voormalige Suid-Afrikaanse hekkieskampioen, is Vrydagaand tydens ʼn plaasaanval naby Rustenburg in Noordwes geskiet en aangerand.
Nuuskommentaar: Misdaadstatistiek en persepsies daarvan
Die misdaadstatistiek wat Donderdag bekend gemaak is, is ʼn perd van ʼn heel ander kleur wanneer ʼn mens dit met ʼn vergrootglas bekyk. Herman Toerien doen ʼn paar interessante en skokkende ontledings.