Die verhoor van die 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor het, gaan vandag voort in die Noord-Kaapse hooggeregshof.
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
ʼn Polisiebeampte het Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof bewerings deur ʼn verregse vrou oor haar rol in die Steenkamp-gesin se moorde op ʼn plaas naby Griekwastad, verwerp.
Twee aangekeer ná Witrivier-plaasmoord
Twee verdagtes is Woensdag in die vroeë oggendure aangekeer in verband met die moord op Gert de Beer (82) by sy plaas Spioenkop naby Witrivier in Mpumalanga.
Plaasmoord: Bejaarde boer van Vryheid doodgeskiet
Willem Weites, ʼn 78-jarige boer van Vryheid in KwaZulu-Natal, is Maandagoggend op sy plaas doodgeskiet.
Drie vas vir KZN-plaasmoord
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dan Knight (56) by sy plaashuis in Underberg, KwaZulu-Natal.
Nuuskommentaar: Diktatuur van vrye mening
By geleentheid het die rissiepit-rubrieksrywer, Rhoda Kadalie geskryf politieke korrektheid is die diktatuur van die liberalis. Dit handel nie net oor wat die media in term van sy eie agenda aan die nuusverbruiker aanbied nie, maar ook wat weggelaat word.
KZN-plaasmoord: Boer se naam bekend
Die naam van die 56-jarige boer van Himeville in KwaZulu-Natal se Underberg-distrik, wat Donderdagaand op sy plaas Outlook aangeval en glo met ‘n hamer doodgeslaan is, is bekend gemaak.
Plaasaanval: Bejaardes vermoor, seun kritiek
Dawid en Ralie de Villiers, albei in hul tagtigs, en hul seun Davie (53) is Woensdagoggend op hul plaas in die Oos-Kaap aangeval.
Boer sterf ná Noordwes-plaasaanval
Frans van der Schyff (75) het Vrydagaand in die Millpark-hospitaal aan sy beserings beswyk nadat hy en sy vrou, Hennie, Woensdag op hul plaas in Noordwes aangeval is.
Vyf gevonnis vir Jansenville-plaasmoord
Drie jeugdiges en twee mans is Vrydag in die Graaff-Reinetse hooggeregshof gevonnis vir ʼn plaasmoord in Jansenville in Augustus vanjaar.
Noordwes-plaasaanval: Bejaarde steeds kritiek
Daar is nog geen verbetering in die toestand van ‘n 75-jarige boer, Frans van der Schyff, wat Woensdag erge hoofbeserings opgedoen het tydens ʼn plaasaanval in Noordwes nie.
AfriForum stuur 10 000 e-posse aan polisieminister oor plaasmoorde
AfriForum het deur middel van die webblad www.hoelanknog.co.za reeds meer as 10 000 e-posse van die publiek vir die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gestuur waarin die prioritisering van plaasmoorde gevra word.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde styg bo misdaadtendense uit
Dit is ‘n donkere dag vir ‘n land as sy Nasionale Kommissaris beweer dat misdaad onder beheer is as die moordsyfer styg tot 16 259 gevalle per jaar.
AfriForum sê spesialis-eenhede speel beduidende rol in misdaadbekamping
AfriForum sê dit is duidelik – uit die misdaadstatistiek wat vandag bekendgemaak is – dat die SAPD se spesialis-eenhede ’n beduidende bydrae gelewer het in die afname en bekamping van prioriteitsmisdade die afgelope finansiële jaar.
Video: Petisie vir prioritisering van plaasmoorde begin
AfriForum het Dinsdag ‘n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel gestuur, wat onder meer eersdaags by die Verenigde Nasies se Minderheidsforum ingedien gaan word.
“‘n Bybel vir my man se moordenaar”
Güdryn Schoeman (69), ʼn weduwee van Mpumalanga, het ʼn Bybel aan haar man se veroordeelde moordenaar oorhandig en hom aangeraai om Jesus Christus as Verlosser te soek.
Plaasmoordpetisie vir VN opgestel
Die burgerregte organisasie, AfriForum, het Woensdag ʼn elektroniese petisie in Pretoria begin, wat die regering opnuut versoek om plaasmoorde as misdaad te prioritiseer.
Thornville-plaasaanval: Polisie op soek na drie verdagtes
Die Thornville-polisie in KwaZulu-Natal is op soek na drie verdagtes in verband met ʼn plaasaanval waar ʼn 62-jarige vrou glo aangerand en verbrand is.
AfriForum beplan verskerpte veldtog teen plaasmoorde
AfriForum het Woensdag aangekondig dat hy aanstaande maand ’n verskerpte veldtog van stapel sal stuur teen die regering se weiering om plaasmoorde te prioritiseer.
Drie vas ná plaasmoord
Drie mans is Dinsdagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op Timothy Green.