Inwoners van die Malelane- en Hectorspruit-omgewing is geskok nadat twee gewelddadige aanvalle oor die naweek daar plaasgevind het. In die eerste voorval is ʼn man in sy kombuis geskiet, en in die tweede voorval is ʼn ander man in hul lapa doodgeskiet terwyl hy en sy gesin gebraai het.
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Barkly-Oos-plaasmoord: Klagtes laat vaar
Aanklagte teen een van drie persone wat van die moord op Sarel Pretorius van die plaas Rooipoort in die Oos-Kaap beskuldig word, is laat vaar.
AfriForum stel verskerpte aksieplan teen plaasmoorde bekend
AfriForum het Donderdag in Centurion ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde bekendgestel.
Plaasaanval-verdagte bly in aanhouding
ʼn Man wat vermoedelik deel was van ʼn groep van agt mans wat oor die naweek verantwoordelik was vir drie plaasaanvalle en die verkragting van twee vrouens in die Tagana’s Hoek-omgewing, het Dinsdag in die Letsitele-landdroshof verskyn.
Plaasmoord in Barkly-Oos: Drie verdagtes in die hof
Twee mans en ʼn vrou wat van die moord op Sarel Pretorius, ʼn boer van Barkley-Oos, beskuldig word, het Dinsdag in dié dorp se landdroshof verskyn.
Man vas vir Limpopo-plaasaanvalle en -verkragtings
ʼn Man wat vermoedelik deel is van ʼn groep mans wat verantwoordelik was vir plaasaanvalle in die Tagana’s Hoek-omgewing naby Letsitele, is in hegtenis geneem.
AfriForum mobiliseer gemeenskap ná 5 plaasaanvalle
AfriForum skep nou landswyd veiligheidsnetwerke en staan gemeenskappe by waar misdaad handuit geruk het. “Ons is heeltemal bereid om op te tree indien die regering nie wil of kan nie.”
AfriForum belê noodvergadering ná plaasaanvalle
Die burgerregte-organisasie AfriForum sal Donderdagaand omstreeks 18:00 ’n noodvergadering met gemeenskapleiers in die Wallmansthal-gebied hou om die gemeenskap te mobiliseer teen plaasaanvalle.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde vervolg …
Die nuwe jaar was nog skaars twee weke oud toe die eerste plaasmoord plaasvind – die moord op die 61-jarige Sarel Pretorius van die plaas Platfontein buite Barkly-Oos. Volgens AfriForum was dit die vyfde plaasaanval in vier dae.
Plaasaanvallers soek borgtog
Ses mense wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn plaasaanval in die Vrystaat, gaan na verwagting Donderdag aansoek doen om borgtog in die Bothaville-landdroshof.
5 plaasaanvalle binne vier dae, name bekend
Die burgerregte-organisasie AfriForum sal volgende week ’n aksieplan ter opskerping van sy veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde bekendmaak. Die organisasie is bekommerd dat die toename in plaasmoorde en plaasaanvalle in 2013 blykbaar in 2014 gaan voortduur en vererger.
Vyfde plaasaanval vir 2014: Boer sterf in Barkly-Oos
Sarel Pretorius (61), ʼn boer van Barkly-Oos in die Oos-Kaap is dood nadat hy en sy vrou, Annemarie, Dinsdagaand op hul plaas, Rooiport, aangeval is.
Man skuldig bevind aan boervrou se moord
Andrew Damons, ʼn plaasarbeider, is skuldig bevind aan die moord op Rene Slater (52), ʼn sakevrou van Kirkwood, het die polisie in die Oos-Kaap Vrydag gesê.
Ses in hof oor plaasaanval
Ses mans wat in verband met ʼn plaasaanval in hegtenis geneem is, het Woensdag in die Bothaville-landdroshof verskyn.
Twee sit lank vir plaasmoord
Twee mans is vandeesweek swaar gestraf nadat hulle Eugene van der Merwe, ʼn boer in Ixopo, KwaZulu-Natal, vermoor en sy seun aangeval het.
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Regterpresident Frans Kgomo het Donderdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley sy besluit bekend gemaak of die moordverhoor van die tiener, wat van die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin verdink word, uitgestel moet word.
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Die verhoor van die tiener wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas naby Griekwastad vermoor het, hervat Donderdag, al is sy regspan Woensdag in die pad gesteek.
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Die tiener wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas naby Griekwastad vermoor het, het een dag voordat uitspraak in sy verhoor gelewer sou word, sy regspan afgedank.
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Slotbetoë word tans aangehoor in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley in die hofsaak van die tienerseun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas doodgeskiet het.
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Slotbetoë gaan na verwagting vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley aangehoor hoor word in die hofsaak van die tienerseun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas doodgeskiet het.