Die beampte het probeer opstaan en hulp ontbied, maar is ʼn paar meter vanwaar hy aangeval is aan sy beserings dood.
Alles vir die sleutelwoord "Secunda"
Vier sterf in Secunda-botsing
Vier mense is Sondag op Moedersdag in ʼn trompop botsing buite Secunda in Mpumalanga dood.
Polisie vra hulp ná verdagtes uit tronk ontsnap
ʼn Grootskaalse polisiesoektog is Saterdag van stapel gestuur nadat vyf verhoorafwagtende verdagtes uit die Secunda-gevangenis ontsnap het.
Mpumalanga-sakeman in huis voor vrou, dogter doodgeskiet
ʼn 47-jarige sakeman is Woensdagmiddag in sy huis buite Secunda in Mpumalanga doodgeskiet.
Gruvonds by Secunda-ashoop
“Aasgrouers het in die gebied saamgedrom. Ek het hulle probeer verjaag, toe hulle my roep om te sê wat hulle gevind het.”
Man sterf in fratsongeluk op plaas
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Maandag in ʼn fratsongeluk op ʼn Mpumalanga-plaas dood.
11 vas wat glo lisensies verkoop
Die Valke het nege verkeersbeamptes, sowel as hul twee beweerde makkers, in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en bedrog.
Man wat met honde stap kom op lyk af
ʼn Man van Secunda in Mpumalanga het Dinsdag op ʼn liggaam afgekom toe hy met sy honde in die veld buite die dorp gaan stap het.
Mislukte transitorooftog: Verdagte was oud-polisieman
Een van die verdagtes wat Maandagaand doodgeskiet is in ʼn skietery tussen die polisie en ʼn transitorooftog-bende in Secunda, Mpumalanga, was ʼn polisiebeampte wat vroeër afgedank is nadat hy skuldig bevind is op aanklag van poging tot roof.
[Foto’s] Vyf dood ná mislukte transitorooftog
Vyf mense, onder wie vier verdagtes, is dood nadat lede van die polisie se misdaad-intelligensie-eenheid, die taakmag en die Valke ʼn transitorooftog naby Secunda gefnuik het.
Amptenare aangekla ná meisie (8) doodskok
Charlie Jacobs, die meisie se pa, beweer hy is ʼn dag ná sy dogtertjie se dood by die polisiekantore én munisipaliteit op Secunda weggewys toe hy die voorval wou aanmeld.
Dwelmhandelaar vas ná daggavonds by skool
Die Mpumalanga-polisie het Donderdagmiddag ʼn vermeende dwelmhandelaar vasgetrek nadat hulle tydens ʼn bewusmakingsveldtog by ʼn hoërskool in Evander, naby Secunda, leerders met dagga betrap het.
6 dood, 12 beseer in N17-ongeluk
Ses mense is dood en 12 beseer in ’n ongeluk tussen ’n taxi en ’n vragmotor op die N17 tussen Springs en Secunda.
Gesin sterf toe huis ontplof
ʼn Gesin van Secunda in Mpumalanga het Maandagmiddag doodgebrand nadat ʼn reuse-ontploffing deur hul huis geruk het.
Sasol-lyk: Man nog nie geëien nie
Die man wie se onthoofde lyk Sondag by die Sasol-aanleg in Secunda, Mpumalanga, gevind is, se identiteit is nog nie bekend nie.
Onthoofde lyk by Sasol gevind
ʼn Mens se kop is Sondag op ʼn vervoerband gevind wat gebruik word om steenkool te vervoer by die Sasol-aanleg in Secunda, Mpumalanga.
Secunda-hameraanval: Slagoffer vandag ter ruste gelê
Lourens de Lange (23), een van die slagoffers wat gesterf het nadat vyf mense verlede Vrydag deur ʼn 19-jarige man lukraak met ʼn tweepondhamer in Secunda in Mpumalanga aangeval is, word vandag ter ruste gelê.
Secunda-hameraanval: Slagoffer Vrydag ter ruste gelê
Lourens de Lange (23), een van die slagoffers wat gesterf het nadat vyf mense Vrydag deur ʼn 19-jarige man lukraak met ʼn tweepondhamer in Secunda in Mpumalanga aangeval is, se begrafnisreëlings is bekend gemaak.
Swanger vrou vertel van hameraanval wat verloofde se lewe eis
In plaas daarvan dat ʼn jong vrou van Secunda in Mpumalanga die finale reëlings vir haar droomtroue tref, moet sy nou help reël aan die pa van haar kinders se begrafnis, nadat sy en haar verloofde Vrydag in die dorp wreed met ʼn tweepondhamer aangeval is.
Twee sterf ná Secunda-hameraanval, jong man in hof
Adam Muller (19), wat glo Vrydag vyf mense in Secunda, Mpumalanga, lukraak met ʼn hamer aangeval en erg beseer het, het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord en drie van poging tot moord.