Clyde Mallinson meen egter Suid-Afrika is tans nog vasgevang in ʼn scenario waarin steenkoolverskaffers beskerm word.
Alles vir die sleutelwoord "sonkrag"
Dís hoe SA voortaan energie sal opwek
Net meer as die helfte van die land se elektrisiteit sal voortaan deur steenkool opgewek word. Wind- en hirdo-elektrisiteit sal nagenoeg ʼn kwart van Suid-Afrika se krag verskaf.
Laaste kans vir Kapenaars om kragstelsels te registreer
Die stad is nie by magte om toerusting te verwyder nie, maar diegene wat teen die sperdatum glad nie met die proses begin het nie, sal van die stelsel losgemaak word.
Verbruikers moet hul eie krag opwek en ‘probruikers’ word
Een oplossing vir hierdie benarde situasie met Eskom is om Suid-Afrikaners toe te laat, en inderdaad aan te moedig, om hul eie elektrisiteit op te wek. Dit is die siening van die dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US), prof. Wikus van Niekerk.
NWU-sonkar laat wéér die rekords spat
Die spanlede van die Noordwes-Universiteit se sonkar, Sirius X25, kon Sondag spog dat hulle 3 524 km oor ʼn tydperk van agt dae tussen Pretoria en Kaapstad afgelê én minstens drie toekennings ingeoes het.
Fratsongeluk fnuik nie sonkar-droom
Die Noordwes-Universiteit se sonkar, Sirius X25, gaan steeds eerskomende naweek, op 24 September, aan die plaaslike Sasol Solar Challenge deelneem ten spyte van ʼn fratsongeluk Donderdagmiddag wat amper dié universiteit se planne in die wiele gery het.
[Video] Eerste sonkragvlug om die wêreld voltooi
Die Solar Impulse 2, ʼn sonkragaangedrewe vliegtuig, het Dinsdagoggend die eerste reis om die wêreld, waarin slegs sonkragenergie gebruik is, voltooi
Missouri rig sonpaneel-paaie op
Die departement van vervoer in die Amerikaanse deelstaat Missouri het Donderdag gesê hy het kragte saamgesnoer met Solar Roadways om ‘sonpaneel-paaie’ op te rig op dele van die historiese roete 66 as deel van sy ‘Road to tomorrow’-inisiatief.
Fossielbrandstof se doppie eersdaags geklink
Wind- en sonkragenergie sal in 2030 die goedkoopste manier wees om elektrisiteit op te wek wanneer dit fossielbrandstof as markleier sal verbysteek.
Met jou hulp kan ‘SolarTurtle’ gratis krag aan skool verskaf
Die stigters van ʼn innoverende sonkrag-aangedrewe mini-kragstasie, die SolarTurtle, het Donderdag ‘n beroep gedoen op Suid-Afrikaners vir skenkings wat kan help om ʼn elektrifiseringsprojek by ʼn behoeftige skool in ʼn informele nedersetting te voltooi. Die kragstasie sal die skool kosteloos optimaal van elektrisiteit kan voorsien.
George het eerste sonkraglughawe in Afrika
George-lughawe in die Wes-Kaap, wat jaarliks meer as 600 000 passasiers na hul bestemmings vlieg, het amptelik een van die eerste sonkraglughawes in Afrika geword.
Video: Sonkrag-batterye vir huise
Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla en tegnologie-entrepreneur, het die ontwikkeling van ʼn nuwe batterystelsel aangekondig wat sonkrag sal kan stoor om later te gebruik wat sal lei tot ʼn wyer gebruik van hernubare energiebronne.
Sasol Solar Challenge: Só staan sake
Tien spanne van plaaslike en internasionale universiteite het mekaar in die Sasol Solar Challenge die stryd aangesê om met sonkragmotors die pad tussen Pretoria en Kaapstad af te lê.
Wêreld se grootste sonkragsentrale nou operasioneel
‘n Sonkragsentrale wat 140 000 huishoudings van skoon energie kan voorsien, is in die Kaliforniese Mojave-woestyn in bedryf gestel. Dit beslaan 140 hektaar.
Aansporingsbonusse vir elektriese motors
Suid-Afrikaanse motorvervaardigers sal glo aansporingsbonusse ontvang indien hulle elektriese motors vervaardig.