Vir wie moet jy dalk vandag bid? Is jy bereid om daarna op te staan en te gaan doen? Vir wie moet jy gaan omgee, al is dit swaar en moeilik?
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Die wet van vermorsing
Lees Psalm 51 en ontdek die pêrels wat Dawid daarin beskryf. Wie in jou sirkel van mense sal die skatte daarvan vandag waardeer?
ToekomsVenster: Die wet van (nie)-oordeel
Trots en selfverheffing is so gevaarlik en oordeel is die daad wat daaruit vloei. Dit maak van ons elkeen ’n Fariseër wat op ander neerkyk.
ToekomsVenster: Die wet van (nie)-bekommernis
Wat Jesus dus sê, is ’n opdrag, dit is nie ’n versoek nie. Julle moet julle nie bekommer nie.
ToekomsVenster: Die wet van geheimhouding
Om werklik te gee, om werklik lief te hê, is om in wese nie eers bewus te wees van die goeie wat jy doen nie.
ToekomsVenster: Die wet van omgee
Omgee is weggee. Dit is meer as net meegevoel; dit is betrokke wees, naby wees en dit is een van die unieke eienskappe van die burgers van die koninkryk, want Jesus se lewe is dié voorbeeld wat hulle volg.
ToekomsVenster: Die wet van kuisheid
Moenie dat jou oog jou laat struikel en jou uiteindelik verlore die ewigheid instuur nie. Jesus se radikale opdrag sê: Pasop waarna jy kyk!
ToekomsVenster: Die wet van versoening
Hoor die trane van die Koning wanneer Hy sê: “Laat staan jou gawe en gaan maak eers reg.”
ToekomsVenster: Die wet van die geseëndes
Hoe anders is die koninkryk van God nie wanneer ons dit vergelyk met die magte en kragte van die wêreld waarin ons leef nie?
ToekomsVenster: Jy kry nuwe stories om te vertel
Wanneer die Here jou lewensreisplanne verander, is dit nie net ’n reis na Damaskus wat verander nie, maar die totale fokus van jou lewe. Elke dag daarna sal ’n nuwe belewenis oplewer, omdat die Koning van die reis teenwoordig is.
ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe reisplan
Lees Matteus 28:16-20 en vra die Here om aan jou te openbaar waar jy die reisplanne van jou lewe vir hierdie dag moet aanpas.
ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe tuiste
Waar lê ons lojaliteite? Hoe belangrik is die koninkryk van die hemel regtig vir my in my lewe?
ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe nommer
In Matteus 10 lees ons dat jy nie neutraal kan staan wanneer jy voor Jesus te staan kom nie. Jy kies of vír Hom of téén Hom.
ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe foto
Nuwe foto’s is ’n herinnering dat ons nuwe mense is. Ons is God se skeppingswerk (Efesiërs 2:10); sy geliefdes (1 Johannes 2:7) en Hy is stil tevrede in Sy liefde oor ons; Hy jubel en Hy juig oor ons (Sefanja 3:17).
ToekomsVenster: Die koninkryk is soos ’n verkeerde boekhoustelsel
Genade is skokkend! As genade ons nie skok nie, het ons dit nog nie besef nie. Die Koning wat genade gee, betaal ’n skokkende prys om die geskenk daarvan, verniet, vir ons te gee. Sy boekhoustelsel klop nie, want Hy betaal die prys in ons plek.
ToekomsVenster: Die koninkryk is soos ’n treknet
Wandel biddend saam met die Here deur die gedeelte en vra vir jouself: As die Koning môre sou kom, aan watter kant sou Hy my plaas?
ToekomsVenster: Die koninkryk is soos ’n skat
Wanneer laas het ons nagedink oor die skat wat in Jesus vir ons weggebêre is?
ToekomsVenster: Die koninkryk is soos suurdeeg
Trek ’n 10 km radius om die gemeenskap waar julle woon. Identifiseer daardie plekke waar die nood die grootste is. Begin deur te bid, waag dit dan om te gaan en deel te word. Skyn die lig. Begin klein.
ToekomsVenster: Die koninkryk is soos saad
Indien ’n klein mosterdsaadjie kan groei en ’n geweldige boom kan word, wat sou ’n gehoorsame daad in die koninkryk vandag vir jou gemeenskap beteken?
ToekomsVenster: Die Koning wat sy bruid bevry
Om deel van hierdie koninkryk te word, vra dat ek en jy die liefde van hierdie Koning en die prys wat Hy vir ons vryheid betaal het, sal aanvaar, sal glo en daaruit sal leef.