Die DA moet binne die volgende drie dae ʼn openbare verskoning aan De Lille uitreik.
Alles vir die sleutelwoord "Verkiesing 2019"
Malema: ‘Wit mense is nie spesiaal nie’
“In Suid-Afrika word wittes steeds behandel asof hulle spesiaal is, terwyl swart mense min selfvertroue het. Daar is niks spesiaal aan wit mense nie. Ons is almal gelyk, ons is almal mense.”
APC mik vir miljoen stemme by stembus
“Met ʼn miljoen stemme sal ons minstens 25 setels in die nasionale vergadering en verteenwoordiging in al nege provinsies hê. Ons glo dit sal ʼn groot genoeg getal wees vir ons om ʼn ingrypende impak op regeringsbeleid en regeringskwessies te hê.”
Google toon SA vra oor onluste tydens verkiesing
Die ANC, EFF en Black First Land First is die drie politieke partye wie se name die afgelope week die meeste op Google ingetik is.
#JongStemme: Verkiesingsapatie
Lank voordat die Polisiekarre gesing het “brand Suid-Afrika” het Langenhoven geskryf “my land se voete brand”. Maar die jongmens van 2019 se vuur blyk geblus te wees deur apatie. Ons ouers was betower deur die krag van ʼn kruisie, maar by ons is die afwesigheid van hartstog teenoor die stembus duidelik.
Podlitiek: Die taal van propaganda met Ansie Maritz
Indien jy nog altyd gewonder het wat die boodskap ágter die boodskap tydens verkiesingsveldtogte, op verkiesingsplakkate, en met bemarkingsveldtogte was, dan is hierdie episode van Podlitiek se onderhoudreeks die volgende logiese stap op jou kennistog.
Podlitiek val met die stoel in die huis …
In die eerste episode met Van Zyl agter die mikrofoon, kyk die span na die onlangse gevegte tussen die EFF, BLF en die Land Party by ’n Houtbaai-verkiesingsdebat, Alexandra wat vingers in alle rigtings oor swak dienslewering wys en, laastens, word daar in diepte gekyk na die ANC voor die verkiesing van 8 Mei 2019.
Lesersbrief: Jou stem sal beslis steeds tel
Die proporsionele verteenwoordigingstelsel laat elke burger toe om te stem vir die party wat sy of haar belange die beste verteenwoordig. Kiesers behoort dit te google om meer uit te vind en nie hulleself te onderwerp aan vreestaktiek wat hulle forseer om die minste van twee euwels te kies nie.
OVK diskwalifiseer kandidaat vir verkiesing
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het slegs een beswaar teen ʼn kandidaat wat vir die nasionale verkiesing volgende maand benoem is, bekragtig.
Nuuskommentaar: Gaan jy dié jaar anders stem?
Gaan jy vanjaar vir dieselfde party stem as waarvoor jy met die vorige verkiesing gestem het? Aanduidings is dat aansienlike kiesersmigrasie gaan plaasvind, en verskeie faktore speel hierin ’n rol. Die ekonomiese gemors van ’n dekade lange Zuptakrasie het klaarblyklik baie kiesers tot by ’n kantelpunt gevoer. Maar is die aannames geldig?
ANC aangekla ná hulle ‘geweld aanhits’
Solly Msimanga, die Demokratiese Alliansie se premierskandidaat in Gauteng, het Sondag strafregtelike klagtes aanhangig gemaak teen die ANC nadat dié party glo geweld aangehits het in Alexandra in Johannesburg.
SA in die greep van korrupsie, bedrog en gierigheid, sê IVP-leier
Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Saterdag gesê Suid-Afrika is onder aanval, maar die vyand kom nie van buite met vuurwapens en messe nie; die wapens is korrupsie, bedrog, gierigheid en ontkenning.
SAUK wen dringende aansoek oor ACM-verkiesingsmanifes
Die ACM is in Desember bekend gestel deur die omstrede voormalige uitvoerende bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng.
Chaos tydens verkiesingsveldtog in Houtbaai
Die SAUK se regstreekse Morning Live-verkiesingsuitsending in Houtbaai in Kaapstad moes opgeskort word toe chaos by die geleentheid uitgebreek het.
VF Plus vs BLF: Stryd duur voort
“Die lafaards en rassistiese VF Plus het geen saak gehad nie, prosedureel én polities.”
Waarom elke boer en sy span vir die DA moet stem
Ek het navorsing gedoen, spesifikasies, werksverrigting en dieselverbruik vergelyk voordat ek rasioneel besluit het watter vervaardiger my besigheid gaan kry. En ek gaan dieselfde proses volg met my stem in hierdie jaar se verkiesing.
Groot afname in jong kiesers
Die OVK se hoof van verkiesingskwessies, Granville Abrahams, het gesê die OVK het planne om met nuwe tegnologie meer jong kiesers in die toekoms te lok.
Nuuskommentaar: Verkiesing sonder stembriewe?
In sommige lande is daar met verkiesings nie gedrukte stembriewe nie. Die bevolkingsgetalle is gewoon te groot om ’n handtellery te kan hanteer, en daarom word van “stembriewe” op die rekenaar gebruik gemaak.
ANC-veterane vra party om weer na verkiesingslyste te kyk
Die veterane het gesê die “gehalte van kandidate op die ANC-lys op provinsiale en nasionale vlak” is tydens gister se werkswinkel bespreek waarna hulle hul kommer uitgespreek het.
Nuuskommentaar: Hoe kan SA herbou word?
Oor die vraag of Suid-Afrika herbou moet word, is die maklike antwoord om bloot te kyk na die SA Inkomstediens se onvermoë om sy insamelingsteiken te bereik.