’n Veertigjarige man is gistraand in Kuruman in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ’n tweejarige dogtertjie die afgelope Saterdag. Die dogtertjie se ma het die man uitgeken.
Lees meerAlles vir Woensdag 13 November 2013
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Bloedspore van Marthella Steenkamp, die veertienjarige slagoffer wat in April verlede jaar wreed saam met haar ouers op hul plaas naby Griekwastad vermoor is, het vandag die gru-verhaal van haar laaste oomblikke vertel.
Prostituut- en tienermoord: De Jager erken hy sny tiener op
Johannes Christiaan de Jager, wat daarvan verdink word dat hy twee 18-jarige meisies vermoor het, het Woensdag aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê een van die slagoffers, Charmaine Mare, het op ʼn badkamermat gegly en nie weer bygekom nie.
Video: Elektroniese oog op oortreders op parool
Die departement van korrektiewe dienste (DKD) beoog om voor die einde van die finansiële jaar nóg 500 oortreders, wat op parool vrygelaat is, met ‘n nuwe elektroniese stelsel dop te hou.
Musikant in hof oor verkragting
Die aansoek om borgtog van die kwaito-sanger Brickz, wat daarvan aangekla word dat hy ʼn minderjarige verkrag het, is Woensdag in die Roodepoortse landdroshof uitgestel.
Video: Nie-stakende plaaswerkers verjaag amokmakers
‘n Staking deur plaaswerkers in Wellington in die Wes-Kaap, het skerp teenkanting uit ‘n onverwagse oord gekry.
Kassier sterf toe winkelmuur ineenstort
ʼn Kassier by ʼn winkel in Maitland, Kaapstad, is dood en twee is beseer nadat ʼn muur Woensdag op hulle geval het.
Video: Kankerbehandeling vertraag weens Pelindaba-lekkasie
Weens ‘n radioaktiewe lekkasie by die Pelindaba-kernnavorsingsentrum is daar kankerpasiënte wat nou rééds twee weke langer moet wag vir behandeling.
Mangaung-komplot: Verdagte pleit
Een van die verdagtes wat aangekla is van hoogverraad en sameswering om terrorismedade te pleeg, het Woensdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof ingestem om ʼn pleitooreenkoms aan te gaan.
Bejaarde met petrolbom vermoor; skoonseun vas
Die skoonseun van Brenda Elizabeth Hedges, ʼn bejaarde vrou van Sophiatown in Johannesburg, is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat hy haar glo vermoor het deur haar met ʼn petrolbom te gooi.
“McBride se benoeming nog ʼn klad op die polisie se naam” – Solidariteit
Die veroordeelde moordenaar Robert McBride se benoeming as nuwe hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is ʼn klap in die gesig vir wetsgehoorsame burgers, het die vakbond Solidariteit Woensdag gesê.
Ma vas ná rotte aan baba vreet
Die ma van ʼn sewe maande oue babaseuntjie wie se liggaam Sondag in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangetref is, is Dinsdagaand in Randburg in hegtenis geneem.
Uitspraak in Please Call Me-saak voorbehou
Uitspraak in die multimiljoenrand-hofsaak teen Vodacom deur ʼn voormalige werknemer, Nkosana Makate, wat beweer die Please Call Me-diens was sy idee, is Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof voorbehou.
Mangaung-komplot: Verdagtes pleit dalk vandag
Mark Trollip (48) en Johan Hendrik Prinsloo (49) wat van hoogverraad aangekla word, gaan moontlik vandag in die hooggeregshof in Bloemfontein hoor of hulle ʼn pleitooreenkoms gaan aangaan. Die mans se verhoor sou op 18 November begin het.
Man sterf ná swaarvoertuig hom tref
ʼn Jong man is Dinsdagaand in KwaZulu-Natal dood toe ʼn swaarvoertuig hom getref het.
Helpende Hand belê R1,5 miljoen in Afrikaanse kinders se toekoms
Solidariteit Helpende Hand het ʼn projek van R1,5 miljoen van stapel gestuur om te verseker dat Afrikaanse leerlinge ʼn beter toekoms tegemoet gaan.
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Radovan Krejcir, die omstrede sakeman van Tsjeggië, wil nie kommentaar lewer nadat ʼn bom Dinsdag by een van sy ondernemings in Bedfordview in die Oos-Rand, die dood van twee mense veroorsaak het nie.
Suid-Afrikaanse skaars “vuurdiamant” haal meer as R300 miljoen
Baie skaars oranje diamant wat by die Amerikaanse Geologiese Instituut die hoogste gradering van “vivid orange” gehaal het, is in Genève vir $31,5 miljoen opgeveil.
Foto: Vishoekstrand gesluit weens ontbindende walviskarkas
Die strand by Vishoek in Kaapstad is Dinsdag gesluit weens ‘n walviskarkas wat tans daar ontbind.
Prostituut- en tienermoord: Verhoor begin vandag
Johannes Christiaan de Jager (48) wat daarvan verdink word dat hy twee tienermeisies, Hiltina Alexander (18) van Parow en Charmaine Mare (18) van Mpumalanga, vermoor het, se verhoor begin Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.