Die Australiese Rugbyunie stel ondersoek in na die optrede van die Wallabies se veelsydige agterspeler Kurtley Beale op die vlug van Suid-Afrika na Brasilië (op pad na Argentinië). Hy het glo `n Wallaby-bestuurslid op die vliegtuig gevloek.
Lees meerAlles vir Woensdag 1 Oktober 2014
Honderde hoenders met gholfstokke doodgeslaan
ʼn Hoenderplaas in Kalifornië, Amerika het ʼn beloning van $5 000 (meer as R56 000) uitgeloof nadat meer as 900 van hulle hoenders met gholfstokke doodgeslaan is.
Reserwebank moet Shuttleworth se R250 m. terugbetaal
Die hoogste hof van appèl het die Suid-Afrikaanse Reserwebank Woensdag beveel om R250 miljoen plus rente aan die miljardêr Mark Shuttleworth terug te betaal in ʼn saak rakende Suid-Afrika se valutabeheerstelsel.
NVG ontken inmenging in Malema-saak
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Woensdag ontken dat hy ingemeng het in Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), se korrupsie-saak.
Vra vir seks, sê landdros
ʼn Landdros van Mpumalanga het Woensdag aan ʼn verkragtingbeskuldigde gesê hy moes ʼn volwassene vir seks gevra het eerder as om homself op ʼn minderjarige af te dwing.
Man se ontbinde lyk in tas gevind
ʼn Man se ontbinde oorskot is Woensdag in ʼn tas op die R511 in Erasmia, Pretoria gevind.
Twee in hof ná hulle glo man van brug stamp
Peter Watson en Rohan Bekker het Woensdag in die Barkly-Wes-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn nadat hulle glo ʼn man van ʼn brug af in ʼn rivier in gestamp het.
Hervestiging van Krugerwildtuin-renosters begin
SANParke het Woensdag met die proses begin om ʼn aantal witrenosters uit die Krugerwildtuin te skuif.
Unieke SA inheemse kuns in Australië uitgestal
Unieke kwiltwerk gebaseer op die mitologie van die /Xam, die inheemse inwoners van die gebied waarop die SKA-projek in die Karoo opgerig is, is pas in Australië uitgestal.
Geldwa in Rosebank beroof
Drie gewapende rowers het Woensdagoggend op ʼn geldwa in Rosebank losgebrand en die wagte van ʼn aansienlike bedrag geld beroof.
Nederland kry nuwe Bybelvertaling
’n Nuwe Bybelvertaling, “Bijbel in gewone taal”, word vandag amptelik deur die Nederlandse Bybelgenootskap bekend gestel.
Drie sterf toe trok en motor bots
Drie mans is dood en twee mense is kritiek beseer toe ʼn motor en ʼn vragmotor reg van voor gebots het op die R617 in Bulwer, KwaZulu-Natal.
Vet Kim Jong-un breek glo beide enkels
Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un, ongeveer 31, is so vet dat hy beide enkels gebreek het. Só berig ’n Suid-Koreaanse koerant deur inligting wat van ’n bron ontvang is.
Eerste ebola-geval in Amerika bevestig
Die eerste geval van die ebola-virus is in Amerika aangemeld.
Bejaarde lig beseer toe trein bakkie tref
ʼn 70-jarige man het ligte beserings opgedoen toe ʼn trein teen sy bakkie gebots het in Bloemfontein in die Vrystaat.
Video: Die maklikste wiskunde!
Meeste mense gryp gewoonlik dadelik na ‘n sakrekenaar sodra hulle dubbelgetalle met mekaar moet vermenigvuldig, maar met hierdie eenvoudige metode hoef jy slegs ‘n paar lyntjies op papier te trek!
Vanderbijlpark-poskantoor loop deur; staking duur voort
Die poskantoor in Vanderbijlpark, Gauteng het onder vandale deurgeloop en ʼn motor is aan die brand gesteek.
Bismarck ry wipplank met Adriaan vir toets
Bismarck du Plessis op haker en Schalk Burger op agsteman as Duane Vermeulen nie fiks is nie – dis al verandering aan die Springbokspan wat Australië geklop het vir Saterdag se toets teen die All Blacks.
Foto’s: Brandbestryders red hamsters uit brandende huis
Brandbestryders van Lacey in Washington, Amerika het ʼn hamster-gesin uit ʼn brandende huis gered.
Wit studente ontwikkel ’n weersin weens dubbele standaarde
Rasseverhoudings in Suid-Afrika het ʼn nuwe laagtepunt bereik na ’n reeks voorvalle by universiteite regoor die land.