Die Raad vir Militêre Veterane-organisasies het vanjaar vir die eerste keer ʼn gedenkdiens vir soldate wat tussen 1961 en 1994 dood is gehou op 31 Mei by die Voortrekkermonument in Pretoria.
Alles vir Woensdag 3 Junie 2015
Omstrede Platini dalk volgende Fifa-baas
Die Fransman, en nou voorsitter van die Europese Sokkervereniging (Eufa), Michel Plantini, se naam word genoem as moontlike opvolger vir Sepp Blatter.
Maandelange waglys vir dié SA restaurant
Die wêreld se 50 top-restaurante vir 2015 is onlangs bekend gemaak en die Test Kitchen in Kaapstad het die 28ste plek op dié lys behaal.
Heli-dood: ‘Hy was ʼn avonturier van die lewe’, sê dogter
Die begrafnis van Apie Reyneke (58), die wildboer wat Saterdag in ʼn helikopterongeluk naby Delareyville in Noordwes dood is, is voorlopig uitgestel tot sy vrou sterk genoeg is om die gedenkdiens by te woon.
Vier sterf toe bakkie en trok bots
Vier mans is dood en vier beseer toe ʼn bakkie en ʼn swaarvoertuig Dinsdagaand laat naby Bothaville in die Vrystaat gebots het.
Luister: Nie net nóg een van Joe F se albums nie
Wat het Spaceships en Jägermeister gemeen? Wel, gewoonlik nie te veel nie, maar in hierdie geval is dit liedjies uit die pen van Joe F. Dié sanger en liedjieskrywer het verlede maand sy jongste album, Nog een, bekendgestel.
Goeie nuus: Ontvoerde seuntjie ná vyf maande opgespoor
Puik speurwerk deur die polisie het daartoe gelei dat ʼn seuntjie Maandag opgespoor is nadat hy in Januarie in ʼn park aan die Oos-Rand ontvoer is.
Nuuskommentaar: Morele ineenstorting van ANC
Kort op die hakke van die Fifa-debakel onttrek die susterskerke hulle aan ’n vergadering tussen die ANC en Afrikaner-organisasies – en beskuldig die regering van morele ineenstorting. Maar eerder as wat Zuma Sepp Blatter se voorbeeld volg en die aftog blaas, lyk dit of die ANC net meer energie gaan inspan om Zuma se bas te red, ongeag die gevolge.
Boer dood en broer ernstig beseer in KZN-plaasaanval
ʼn 56-jarige boer is dood en sy 54-jarige broer is ernstig beseer toe hulle Dinsdagaand op hul plaas in KwaZulu-Natal deur gewapende rowers oorval is.
Nkandla-verslag: Opposisie se pogings tevergeefs
Opposisiepartye het Dinsdag vergeefs probeer om ʼn mosie in die parlement te laat slaag om Nathi Nhleko, minister van polisie, se Nkandla-verslag omvattend onder die loep te neem.
KZN-kettingbotsing eis lewe van motoris
Een persoon is dood en sewe beseer in ʼn kettingbotsing Woensdagoggend op die N3-snelweg in Pinetown, KwaZulu-Natal.
Kunstenaar in hof oor sekswerker se dood
’n Internasionaal gerekende kunstenaar van Suid-Afrika het onskuldig gepleit op aanklag dat hy ʼn 23-jarige sekswerker vermoor het.
Ondersoek ná man in aanhoudingselle sterf
Die polisie in Daveyton aan die Oos-Rand het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen nadat ʼn man in aanhouding dood is.
Meer vryheid vir Schabir Shaik
Die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik se paroolvoorwaardes is effens verslap op grond van goeie gedrag, het die departement van korrektiewe dienste Dinsdag gesê.
Gedagte vir die dag: Die Here hou die aarde dop
Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. (2 Kron 16:9)