ʼn Buitengewoon groot blou diamant is vandeesweek tydens ʼn veiling vir 48.6 miljoen Switserse frank (sowat R690 miljoen) verkoop. Dit is ʼn nuwe rekordprys waarvoor ʼn edelsteen tot dusver tydens ʼn veiling verkoop is.
Lees meerAlles vir Saterdag 14 November 2015
Facebook stel ‘safety check’ in werking ná Parys-terreuraanvalle
Facebook het Saterdag sy ‘safety check’-funksie in werking gestel ná Vrydagaand se terreuraanvalle in Parys in Frankryk, waarin nagenoeg 128 mense dood en talle beseer is.
Twee sterf in tronkbrand
Twee gevangenes is dood en ses beseer nadat ʼn brand Saterdag in die vroeë oggendure in ʼn sel, waarin agt mense was, gestig is by die Belfast-gevangenis in Mpumalanga.
Sewe lyke van babas in woonstel gekry
Die oorskot van sewe babas is onlangs in ʼn kamer van ʼn woonstel in Wallenfels, in die suide van Duitsland, gevind.
Limpopo-wildboer vermoor, verdagte reeds vas
ʼn 51-jarige wildboer is Saterdag in die vroeë oggendure op sy wildplaas in die Rooiberg-omgewing, tussen Thabazimbi en Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo, vermoor.
Parys-terreuraanvalle: Islamitiese Staat aanvaar verantwoordelikheid
Volgens berigte op verskeie wêreldwye mediaplatforms het die Islamitiese Staat (IS) in ʼn aanlyn-verklaring verantwoordelikheid aanvaar vir Vrydagaand se terreuraanvalle in Parys in Frankryk. Na berig word het die militantegroep se media-afdeling in ʼn video aanspreeklikheid aanvaar.
[Foto’s] Vyf vas vir hondegevegte aan Wes-Rand, nes oopgekrap
Te danke aan wenke van ʼn keelvol gemeenskap, is vyf verdagtes vandeesweek in hegtenis geneem weens hul betrokkenheid by hondegevegte in die Roodepoort-omgewing, wes van Johannesburg.
Eskom weier glo om ‘geheime’ inligting oor bonusse bekend te maak
Die sakeregtewaghond, AfriSake, het vandeesweek verdere regstappe teen Eskom gedoen nadat die elektrisiteitsverskaffer geweier het om sekere inligting oor die uitbetaling van bonusse aan sy topbestuur vir die 2014/15-boekjaar aan AfriSake beskikbaar te stel.
Minister soek antwoorde ná tweeling op skoolbus verkool
Dipuo Peters, minister van vervoer, het Vrydag met die afskop van die Nasionale Padveiligheidsberaad in Kaapstad gesê wetstoepassingsagentskappe moet die oorsaak van die brand op ʼn skoolbus bepaal waarin driejarige tweelingsussies gesterf het.
Polisievrou sterf ná skietery op Jhb-snelweg
Die vroulike polisiebeampte wat kritiek gewond is nadat verdagtes vroeër vandeesweek op ʼn polisievoertuig op ʼn Johannesburgse snelweg losgebrand het, het Vrydag aan haar beserings…
Mees gesoekte verdagte agter tralies
Een van Limpopo se mees gesoekte verdagtes, wat glo verantwoordelik is vir misdrywe in verskeie dele van die provinsie, is Vrydagaand tydens ʼn intelligensie-gedrewe operasie in hegtenis geneem.
Meer as 120 sterf in terreur-aanvalle in Parys, Frankryk kondig noodtoestand aan
Meer as 120 mense is deur die loop van Vrydagaand in verskeie aanvalle in Parys in Frankryk dood. Francois Hollande, die Franse President, het ʼn noodtoestand afgekondig te midde van die aanvalle, wat as die ergste in Frankryk beskryf word sedert die Tweede Wêreldoorlog. Hy het ook die land se grense gesluit.
Taalbeleid by US: ‘Afrikaans in ‘n vryval’
Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het gesê die universiteitbestuur van die Universiteit van Stellenbosch (US) se besluit om Engels van 2016 af as verstektaal te gebruik ten koste van Afrikaans, plaas Afrikaans in ‘n vryvalposisie.
Gedagte vir die dag: Nooit alleen nie
Onthou dat God die versekering gegee het: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.” Daarom kan ons moed skep en antwoord: “Die Here is my hulp; daarom sal ek nie bang wees nie. Wat kan ’n blote mens my aandoen?” (Hebreërs 13:5-6, NLV)