Pous Franciskus het die afgelope naweek bevestig dat Moeder Teresa, die Rooms-Katolieke non wat wêreldwyd bekend is vir haar betrokkenheid by die armes, tot heilige verklaar gaan word.
Alles vir Maandag 21 Desember 2015
Honderde dronk bestuurders vasgetrek
Altesaam 440 motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur het, is die afgelope naweek in Johannesburg in hegtenis geneem.
Bejaarde boer op KZN-kleinhoewe doodgeskiet
ʼn Bejaarde boer van KwaZulu-Natal is Saterdag helder oordag op ʼn kleinhoewe buite Greytown doodgeskiet.
Gordhan verwelkom hupstoot in Jhb se kredietgradering
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Sondag die Stad Johannesburg gelukgewens met die opgradering van sy kredietgradering.
Maroela Media se Top-20: 21 Desember 2015
In vandeesweek se Top-20 is daar nege snitte wat styg, agt wat daal, twee wat hul posisies behou en een nuweling.
Ses sterf in drie ongelukke
Ses persone is Sondag dood in drie van die talle noodlottige ongelukke die afgelope naweek op die land se paaie.
[Video] Verkeerde Mej. Heelal gekroon
Die kroning van Mej. Heelal het Sondag ʼn onverwagse wending geneem toe Mej. Colombia verkeerdelik as wenner aangewys is.
[Video] TBF: ‘Hang vir Vader Krismis biltong op,’ sê Albert
“En hang vir Vader Krismis biltongstukkies,” sê hy. “Hou net die hond weg, anders het hy ook klaar sy Kersgeskenk gekry,” sê hy laggend.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Karel Kielblock
In vandag se gesprek oor Afrikaanse boeke wat jy moet lees, verduidelik Hans du Plessis vir Theresa Papenfus waarom Karel Kielblock ook by hierdie lys ingesluit is.
Twee dood toe motor naby Vereeniging rol
Twee mense is dood en een is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem toe hul voertuig Maandagoggend op die R28 gerol het.
Nuuskommentaar: Dis Kerstyd, maar wit en swart woede dreig om oor te kook
Versoening tussen God en mens, en mens tot mens is ’n belangrike deel van die Christelike boodskap. Maar dit lyk of die land te midde van artikels oor die “swart woede” vinnig in die verkeerde rigting beweeg. ’n President en ’n regering wat sonder om verdeling te skep aandag aan die probleem gee is noodsaaklik, maar helaas, dit is Zuma en sy regering nie.
Luister: Kerstyd is ʼn tyd van dankbaarheid vir Amor Vittone
Amor Vittone vertel hoe sy vir Kersvader een jaar betrap het.
Begrond: Deel 11
‘n Plaasmoord ruk ‘n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is.
Luister: Dit is hoe baristas dit doen
In vandag se aflewering van ons gespreksreeks oor koffie, vertel Lani Snyman van Ciro ons alles van baristas en die opleiding waardeur hierdie kenners moet gaan om vir jou ʼn uitstekende koppie boeretroos voor te sit.
Pta-tiener vermoor: Identikit uitgereik
ʼn Identikit van ʼn moontlike verdagte is uitgereik nadat Shayleen van Zanten (15) en ʼn vriendin Woensdag by Trafalgar naby San Lameer aangeval is.
Vier vas oor onwettige vuurwapens, ammunisie
Vier mans is in twee afsonderlike voorvalle in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Vrystaat-polisieman skiet vrou, homself
ʼn Polisieman het Sondag in die vroeë oggendure in Hillside View, Bloemfontein, sy vrou doodgeskiet voordat hy homself geskiet het.
Gedagte vir die dag: ’n Kind is vir ons gegee
’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. (Jesaja 9:5, NLV)