Om ’n pad uit die neerwaartse spiraal aan te dui is nie so moeilik nie. Dit kom maar neer op die twee woorde wedersydse respek.
Alles vir Dinsdag 12 Januarie 2016
Groot-Brakrivier kies grootliks nuwe bestuur
Die klub Groot-Brakrivier in die Suidwestelike Distrikte het grootliks `n nuwe bestuur vir die 2016-seisoen gekies.
Nuuskommentaar: Zuma slinger steeds boemerangs
Die ANC plaas die voortgesette swak vertoning van die rand vierkant voor die deur van faktore buite sy beheer, maar hoewel daar ’n effense waarheid in steek, stook die onbesonne uitsprake van pres. Jacob Zuma en ander ANC-hooggeplaastes die probleem met mening.
10 wenke vir treffende selfoonfoto’s
Deesdae se slimfone maak dit maklik om onvergeetlike foto’s te neem, al is jy ʼn groentjie. Volg dié tien eenvoudige wenke om onvergeetlike foto’s met jou selfoon te neem.
Man vermoor vrou, toe homself
ʼn 47-jarige man van Klerksdorp het glo eers sy vrou doodgeskiet en daarna sy eie lewe geneem.
Tuks en Wits weer gesluit
Die Universiteit van Pretoria se hoofkampus is Dinsdag weer gesluit terwyl protesaksie onverpoos voortgaan.
[Foto’s] 8 wenke vir ’n piepklein woonstel
ʼn Plant of twee sal ook ʼn snoesige atmosfeer skep en die vertrek ligter laat vertoon.
Parys-boere: Gemoedere loop hoog by hof
Daar is Dinsdagoggend ‘n swaar polisieteenwoordigheid voor die Parys-landdroshof in die Vrystaat waar vier boere gaan verskyn in verband met die dood van twee plaasaanvalverdagtes.
Man hang hom glo in polisiesel
ʼn 52-jarige man het hom na bewering Maandag in ’n aanhoudingsel van die Bloemhof-polisiestasie in Noordwes opgehang.
Seksklag: Fransman moet verduidelik
Die ANC vergader Dinsdag oor die klag van seksuele teistering wat teen die party se Wes-Kaapse leier, Marius Fransman, aanhangig gemaak is.
‘Groen’ droogtehulp vir boere
Hoewel sommige dele van die land reën gekry het, gaan boere steeds gebuk onder erge droogtetoestande in die voortslepende droogte.
Hennopsrivier-lyke: Familielid, nog ʼn verdagte vas
ʼn Familielid en haar kêrel is in hegtenis geneem in verband met die moord op Piet en Evah Beetge, wie se lyke einde Desember in die Hennopsrivier in Centurion gevind is.
Marikana-huise: Inwoners glo verjaag
Inwoners van Marikana in Noordwes wat verlede week huise as deel van die ANC se 104de verjaardagviering ontvang het, word glo gedreig en geïntimideer.
Obama hef SA se Agoa-voordele op
Pres. Barack Obama van Amerika het aangekondig dat Suid-Afrika se voordele onder die Agoa-handelsooreenkoms opgehef gaan word.
Omgee-gemeenskap vir tieners in nood
Die huise bestaan uit ongeveer tien kinders en vier mentors elk. Die doel van die mentors is nie net om te help met alledaagse dinge nie, maar hulle is ook daar vir emosionele bystand en leiding.
[Resep] Mediterreense knoffelbrood
Met ’n paar ekstra bestanddele kan ’n knoffelbrood in iets dekadents en propvol geur verander word. As jy tyd wil spaar, koop ’n klaarbereide knoffelbrood van goeie gehalte.
[Video] Wenke vir jou kind se rugsak
Met die nuwe skooljaar wat aanbreek, gee Suzelle DIY ʼn paar nuttige wenke vir jou kind se rugsak.
Vavi in hof vir spoedoortreding
Zwelinzima Vavi, voormalige hoofsekretaris van Cosatu, sal Dinsdag in die Edenvale-landdroshof verskyn op aanklag dat hy die spoedgrens oorskry het.
Gautrein-busdienste nie beskikbaar
Die Gautrein se busdienste is van Dinsdagoggend af nie beskikbaar nie.
Begrond: Deel 27
Begrond is ‘n verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan en rondom ‘n ou stinkhouttafel op ‘n plaas se stoep.