Die bou van ʼn nuwe luukse lodge met 240 beddens in die Krugerwildtuin is finaal goedgekeur.
Alles vir Dinsdag 26 April 2016
‘Afleggingsbloedbad’: 60 000 poste geraak
Nagenoeg 60 000 werknemers in verskeie bedrywe oor die hele land se poste was die afgelope jaar weens grootskaalse afleggingsprosesse in die gedrang.
SA toeriste in Namibië aangeval, beroof
Twee Suid-Afrikaanse toeriste is die afgelope naweek van meer as R100 000 se waardevolle items beroof in twee afsonderlike skietvoorvalle in die Namibiese dorp Mariental.
Treffers van die 80’s
Aangesien die 1980’s een van die gewildste dekades in die geskiedenis van die internasionale musiekbedryf is, is daar al baie versamelings met hierdie dekade se musiek uitgereik.
Boek: Die meisie op die bus en ander liefdesverhale
Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale, en in Die meisie op die bus ander liefdesverhale blom die liefde tussendeur al die avontuur.
ToekomsVenster: Die swaar drag is van ons skouers afgehaal
Hulle bly wonder oor hul verlossing en kry dit nie reg om God se vergifnis soos kinders in besit te neem nie. Dis jammer. Jesus het klaar betaal. Die swaar drag is van ons skouers afgehaal. Ons kon dit neersit. Het jy joune al neergesit?
Nuuskommentaar: Mbalula maak ‘sports’, en ondergrawe demokrasie
Die minister van sport se blatante inmenging in sport in Suid-Afrika teenstrydig met die reëls van internasionale sportkodes, verg dat dié sportkodes nou ook ’n slag Fifa se voorbeeld volg en stem dik maak. Voorts verbied die kodes ook rassisme in sport, en die minister dans wat dit betref ook op die randjie van die afgrond. Ironies skiet die regering se werklike taak, om sportgeriewe by skole te voorsien en so sport te bevorder, so tekort soos die hantering van die Nkandla-debakel.
Tweejarige huilend by ma se lyk gevind
ʼn 28-jarige Vrystaatse man sal Dinsdag in die hof verskyn nadat hy na bewering sy vriendin met ʼn ysterstaaf en houtpaal doodgeslaan het.
Uitdrukking: Al moet die kraaie dit uitbring
Taaltoffie ondersoek die betekenis en herkoms van die uitdrukking “Al moet die kraaie dit uitbring”
Honderde Gupta-werkers hou optog na banke
Honderde werkers van Oakbay Investments wat deur die omstrede Gupta-familie besit word, sal Dinsdag ʼn optog na die banke hou in ʼn poging om hul werk te red.
Wat is disleksie?
Daar is min dinge wat by ’n ouer soveel spanning veroorsaak as ’n kind wat sukkel met lees, spel en skryf. Terwyl die meerderheid kinders dit maklik tot redelik maklik baasraak, is dit ’n heeltemal ander ervaring vir ten minste een uit elke vyf kinders. Vir hulle is dit so moeilik dat die woord “disleksie” dikwels ingespan word om na hierdie erge gesukkel te verwys.
Pumasliga: Komati wen ‘een van beste stryde’
Komatipoort het een van die beste wedstryde tot dusver vanjaar in die Pumas se Burgemeestersliga (Gert Sibande) gewen toe hy Witrivier II Saterdag geklop het.
Eerste Afrikaanse treffer ’n halfeeu oud (1974 tot 1984) – Deel 2
Op 22 April 1966 het die heel eerste Afrikaanse treffer tot Springbok Radio se Top 20 toegetree. Hier is die tweede deel van my oorsig oor die Afrikaanse liedjies wat op die Top 20 was; hierdie keer van 1974 tot 1984, toe die laaste een wat die trefferslys gehaal het, uitgesak het.
Twee weermaglede in see vermis
Die Suid-Afrikaanse weermag het Maandag bevestig dat twee soldate wat ʼn week gelede in die see aan die Oos-Kaapse kus vermis geraak het, nog nie opgespoor is nie.
Boswell-sirkusbase vandag weer in hof
Twee eienaars en ʼn werknemer van die bekende Brian Boswell-sirkus sal Dinsdag weer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklagte van dieremishandeling.
‘Rowers’ minute ná rooftog vas
Die 52-jarige sakeman het Saterdag vroegoggend sy besigheid in Bethlehem oopgesluit omdat hy gereed wou maak vir die dag se kliënte. Sy goeie voorneme was egter van korte duur toe hy deur twee gewapende mans ingewag en oorval is.
Gedagte vir die dag: Deur donker dieptes
Die Here is my herder. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. (Psalm 23:1, 4)
GLRU-liga: 3 stryde ten bloede in Piratesliga
Drie stryde ten bloede toe het Saterdag se rugby in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker gekenmerk.
Sandveld: Bothaville wikkel om Tikwe te klop
Bothaville, verlede jaar se naaswenner van die Griffons se Sandveldliga, moes Donderdag wikkel om die Tikwe Tigers te klop.
Luiperdsliga: klub wen vir oorlede spanmaat
Lichtenburg het Saterdag gespeel ter ere van `n spanmaat wat gesterf het nadat hy sowat drie weke tevore in `n duikslag op die rugbyveld beseer is.