Die tweede aflewering van die ATKV se digkuns-animasieprojek, Filmverse 2, se première vind vanjaar op plaas op die kykNET-Silwerskermfees in Kampsbaai, Kaapstad.
Alles vir Vrydag 12 Augustus 2016
Eskom-staking eindig ná ‘beste aanbod nóg’
Eskom het Vrydag aangekondig ʼn salarisooreenkoms is ná ʼn 14 uur lange onderhandelingsessie met vakbonde bereik.
Kings en Boland het albei heelwat te bewys
ʼn Saamgeflanste span om die naam van OP-rugby te begin herstel na Cheeky Watson en sy trawante se wanadministrasie, draf Vrydagmiddag vir die OP Kings in Port Elizabeth in ʼn Curriebekerwedstryd teen die Boland uit.
DJ Rassie maak indruk by Munster
Ek wonder of Rassie Erasmus sy nuwe Ierse provinsie, Munster, van sy dae as “DJ Rassie” sal vertel.
Luister: Krone 3: Brendan Peyper vertel van ‘moewiese jol’
Afrikaanse kunstenaars soos Juanita du Plessis, Ray Dylan, Kurt Darren, Brendan Peyper en Refentse is slaggereed om vanjaar die verhoog te betree vir die Krone 3-musiekkonsert wat op 13 en 14 Augustus plaasvind.
Talle bomontploffings ruk Thailand
Verskeie bomontploffings het Thailand se gewilde suidelike provinsies Vrydagoggend op dié land se koningin Sirikit se 84ste verjaardag geruk, nadat daar Donderdag ook ontploffings was.
Ses op Vrystaat-plaas vasgetrek
Ses verdagtes is Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas net buite Excelsior in die Vrystaat in hegtenis geneem.
ToekomsVenster: Wat wil jy word?
“Francis Chann, stigter van Corner Stone-gemeente in Kalifornië en skrywer van Crazy Love, vertel mense het hom as jongman gereeld gevra: Wat wil jy word? Wat is jou doelwitte? Hy sê: Ek het nie ʼn duidelike visie gehad oor wat ek gaan doen nie. Ek het nie spesifieke beroepsdoelwitte gehad wat ek graag wou bereik nie. Maar ek het geweet wié ek graag wil word!
[Foto’s] Limpopo-ontsnapping: Twee vas, dié vier steeds soek
Twee van die ses verhoorafwagtende gevangenes wat uit die aanhoudingselle van die Witpoort-polisiestasie in Limpopo ontsnap het, is sowat 400 km van waar hulle ontsnap het weer in hegtenis geneem.
Olimpiese Spele: SA het vier medaljes; goud wink
ʼn Goue medalje ontwyk steeds die Suid-Afrikaanse span op vanjaar se Olimpiese Spele in Rio.
Pretoria: Metro-eiendom afgebrand
ʼn Plaaslike munisipale kantoor van die Tshwane-metro en talle voertuie, waaronder vyf munisipale voertuie, is Donderdagaand aan die brand gesteek.
Woord: intelligensie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord, “intelligensie”. Dié oorsprong van die woord het ‘n verstommende uitleg.
SA-vrou vas in Panama
ʼn 42-jarige vrou van Suid-Afrika is Woensdag op ʼn lughawe in Panama in hegtenis geneem.
[Resep] Kurt en Dunay se Mikrogolf-Malvapoeding
Argilla Pottebakkery gee een van hulle pragtige bakke weg. Klik op die skakel onderaan die resep om in te skryf.
Voortvlugtige Amerikaner in SA vas
ʼn Amerikaanse voortvlugtige wat sedert 2009 op dié land se lys van mees gesoekte misdadigers is, is Woensdag in Suid-Afrika vasgetrek.
Nuuskommentaar: Al weer volstruispolitiek met Zuma?
In bykans elke aspek van die ANC se agteruitboerdery met die pas-afgelope verkiesing speel pres. Jacob Zuma minstens ’n terloopse rol. Tog is Zuma nie ’n besprekingspunt tydens die vierdaagse bosberaad van die ANC waar lykskouing oor die verkiesing gehou gaan word nie. Is dit nie die toppunt van volstruispolitiek nie?
OB-kandidaat: Hofmeyr gepeper oor Zuma-klagtes
Willie Hofmeyr, hoof van regsdienste in die nasionale vervolgingsgesag, is Donderdagaand laat tydens die onderhoude vir die posisie van openbare beskermer (OB) uitgevra oor die destydse besluit om korrupsieklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar.
Verpleegsters naby Empangeni gekaap
Drie KwaZulu-Natalse verpleegsters se motor is gekaap waarna hulle beroof en vir etlike ure aangehou is.
Boer kom op babalykie in rivier af
Die liggaam van ʼn eenjarige dogtertjie is in ʼn rivier buite Bloemfontein in die Vrystaat gekry.
Gedagte vir die dag: Elke dag se sorge
U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag. (Psalm 5:4)