ʼn Gewonde vrou het Vrydagaand in die reën en modder gekruip om skuiling in ʼn hondehok te vind, nadat sy en haar man tydens ʼn huisroof op hul kleinhoewe in die plaasdorpie, Sundra, in Mpumalanga, aangeval is.
Alles vir Maandag 14 November 2016
Pendel-plesier met SYM se Wolf SB250Ni
Ek is oortuig daarvan dat vervaardigers van kleinkapasiteit-pendelfietse slegs een formule het: ʼn ontwerp uit die 80s, met reguit lyne en baie chroom. Maar die speelveld het ʼn paar groot name wat nou hul toetrede gaan maak en SYM het so pas ʼn salvo afgevuur.
Foto’s en video’s: Nog ʼn ‘tornado’ rig groot skade aan
ʼn Hewige storm, wat met ʼn beweerde tornado gepaardgegaan het, het boere in die Standerton-omgewing in Mpumalanga groot skade berokken.
Woord van die week: matriek
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “matriek”
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 14 November 2016
Lianie May en Jay behou vir die derde week die gesogte nommer-1 posisie met “Da’ Vat Hy!”
Plaaslike bekendstelling: Hyundai Tucson 1.7 Turbodiesel
Maroela Media het onlangs die plaaslike bekendstelling van die nuwe Tucson 1.7 dieselmodel bygewoon. Die nuwe Tucson dra ʼn sekere aantreklike sjarme, met skoon lyne, maar tog nie vervelig nie, skryf Brendon Staniforth.
Lesersbrief: ʼn Ma se hart
Iets om te onthou: In hierdie wêreld is daar niemand wat my en jou so lief het soos God nie en Hy het Sy Seun, Jesus, aan ʼn kruis laat sterf vir my en jou.
Studente se motiewe dalk edel, maar taktieke bedenklik
Die toekoms van openbare universiteite in Suid-Afrika hang in die weegskaal en besondere leierskap is nodig om te verseker die kommerwekkende tendense, waarop hier gewys word, word omgekeer. Daar sou selfs gevra kan word of dit nie reeds te laat is om die sinkende skip te red nie?
Nuuskommentaar: Terreurherdenkings, versoening en Malema
Twee herdenkings van terreurvoorvalle, asook Julius Malema se hofverskyning vandag, noop mens om te besin oor die kompleksiteit van versoening. Suid-Afrika se posisie is ontsettend kompleks en word boonop deur uiteenlopende persepsies bemoeilik.
Minister wil hof toe oor ‘renoster-bande’
“Mense laat val name van hoë-profiel mense en neem saam met hulle foto’s – beteken dit daar is ʼn vriendskap of verband tussen hulle? Ek dink nie so nie.”
Oorsee? Kom huis toe met Cell C: Die laaste fase
Ons het lang trane gehuil saam met finaliste wie se familielede oorsee bly – en die laaste fase van die Oorsee? Kom huis toe met Cell C-kompetisie het aangebreek.
Luister: Hannes van Wyk vereer die vroue in sy lewe
Hannes van Wyk het in Maroela Media se ateljee ʼn draai kom maak om te gesels oor sy boek, ‘Vroue na aan my hart’.
Julius Malema verskyn in hof
Julius Malema, leier van die EFF, het Maandagoggend in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Hoe kaler jonker, hoe groter pronker …
Een van Suid-Afrika se jeugdigste senior burgers, die gholflegende Gary Player, het pas (op 1 November) 81 geword. Hartlik geluk, Gary!
Julius Malema se bestuurder vas
Julius Malema, leier van die EFF, se bestuurder is Maandagoggend in hegtenis geneem.
‘Polisie moet SAUK8 beskerm’
Een van die SAUK8-joernaliste het glo onder meer dreigboodskappe ontvang, daar is by haar motor ingebreek en daar is glo op haar geskiet
Valke kry R5 miljoen by man
ʼn 33-jarige man is deur die Valke in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met geldwassery, korrupsie en rampokkery.
Phalaborwa-ontsnaptes aangekeer, twee sterf
Twee van die gevangenes, wat Donderdagmiddag uit polisieselle in Phalaborwa in Limpopo ontsnap het, is Sondagaand in Tzaneen aangekeer, maar is kort daarna dood.
Kind verdrink, drie gered uit rivier
Die liggaam van ʼn 10-jarige seun is Sondag uit die Natalspruitrivier in Ekurhuleni gehaal.
Allister se soveelste blaps(e)
Wanneer ʼn Springbokafrigter en ook -keurders droogmaak, moet hulle maar die houe op die kennebak vat.