Lesufi se aanslag teen Afrikaanse gemeenskappe blyk nie net uit pas te wees met ʼn diverse werklikheid nie: Dit beteken Lesufi en die ANC het eenvoudig te min skole gebou.
Alles vir Dinsdag 24 Januarie 2017
Limpopo-plaasaanvalle: 3 in hof, 1 steeds soek
Die drie verdagtes wat Saterdag in hegtenis geneem is in verband met ʼn plaasaanval in die Haenertsburg-gebied buite Tzaneen in Limpopo, het Maandag in die landdroshof verskyn terwyl die soektog na ʼn vierde verdagte voortduur.
[Foto’s] Italië-sneeustorting: Dodetal styg steeds
Reddingwerkers het tot hul verbasing drie lewendige babahondjies gevind.
Nuwe elite-reeks om SA atlete met voorbereiding te help
Atletiek Suid-Afrika het bevestig dat ʼn nuwe elite-atletiekreeks van vier byeenkomste oor vier opeenvolgende naweke vanjaar sal plaasvind.
Video: Boer Gerrie en Carna vertel van hul groot planne
Boer Gerrie en sy Carna van die gewilde ‘Boer soek ’n vrou’-reeks het kykers se harte in 2014 gesteel toe hul halsoorkop verlief geraak het. Maroela Media het onlangs by hulle gaan kuier om te hoor hoe dit met hul gaan en om te hoor watter groot planne hulle in die mou voer.
Seun (7) sterf, 4-jarige kritiek ná botsing
ʼn Sewejarige seun is dood en ʼn vierjarige seun kritiek beseer nadat ʼn taxi en motor Dinsdagoggend in Durban gebots het.
[Resep] Vinnige volkoringbroodjie
Lekker by braaivleis as ʼn mens dit warm voorsit met botter.
Kleurblinde nasie bly steeds ʼn ontwykende droom
Die ideaal van ʼn kleurblinde, verdraagsame, ekonomies gelyke en vreedsame samelewing ondanks politieke, kulturele en godsdienstige verskille en die letsels van apartheid, slawerny en segregasie is tot vandag in Amerika en Suid-Afrika steeds ʼn droom.
Paarl-vrou vermis: Kêrel in hof
Die kêrel van Nicola Pienaar, die vrou van die Paarl wat sedert 5 Januarie vermis is, het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof op ʼn aanklag van motordiefstal verskyn nadat haar ma se motor in sy besit gevind is.
Nuuskommentaar: Magsmisbruik, teistering en konstruktiewe ontslag
Heelwat is al geskryf oor vermeende magsmisbruik deur Zuma wat sy buitengewone groot grondwetlike magte met aanstellings ten volle benut om sy stelsel van patronaatskap te vestig.
FAK-sangbundel trek splinternuwe baadjie aan
“Afrikaans dans op die note en lirieke van die FAK-Sangbundel. Om die FAK-Sangbundel met ’n splinternuwe baadjie uit te gee, getuig iets van die lewenskragtigheid van Afrikaans, veral in ’n tyd waar ons taal op vele terreine op die kantlyn geskuif word,”vertel dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK.
Oom Herrie se kerrie: Kuga nie ál vurige vuurwa
Is dit ook haatspraak om na jouself as ’n aap te verwys?
Renosterstropery: 3 Mosambiekers op wildsplaas aangekeer
Drie Mosambiekers verskyn Dinsdag in die Bray- rondgaande hof nadat hulle op ʼn private wildsplaas in Noordwes in verband met renosterstropery in hegtenis geneem is.
Trap Eddie Jones op die spelers se tone?
Bêre jul selfone of bring minder tyd daarop deur.
Vandag se sportnuus
Die Blitsbokke draf komende naweek in die derde been van die Wêreld-sewesreeks in Wellington uit.
Soektog na nuwe SAUK-raad begin
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie sal vandag vergader oor die proses om ʼn nuwe tussentydse SAUK-raad aan te stel.
Twee vas oor onwettige diamante
Nkwalase het gesê die geheime operasie het die bedrywighede van smokkelaars in Springbok, Port Nolloth en Steinkopf oopgevlek.
NSFAS betaal meer as ʼn miljard aan universiteite vir arm studente
Mamabolo het gesê hulle glo dat geen enkele student wat reeds plek gekry het by ʼn universiteit weggewys sal word weens ʼn tekort aan finansiering nie.
Gedagte vir die dag: Ware skoonheid is nie oppervlakkig nie
Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. (1 Petrus 3:3-4)