Die sterkste uitdagers in KwaZulu-Natal se Middellandse Subunie se reeks om die Rawbeker het in die jongste weekronde plekke op die punteleer omgeruil.
Lees meerAlles vir Maandag 29 Mei 2017
Rekord-laagtepunt vir Engeland, kolfrekord vir Amla
Die Proteas het wel die eendagreeks verloor maar het in die derde eendagstryd ernstig spiere gebult. En dit was veral die boulers wat dit gedoen het, met Kagiso Rabada vooraan.
Kaapstad-droogte: Strenger waterbeperkings om die draai
Wes-Kaapse damvlakke is tans minder as 20%, dit is 0,8% laer as ʼn week gelede. Met die laaste 10% van ʼn dam se water wat grootliks nie bruikbaar is nie, beteken dit die damvlakke is effektief op 9,7%.
Zuma en die Guptas: OB versoek om e-posse te ondersoek
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag ’n skriftelike versoek aan Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), gerig om dringend die geloofwaardigheid van beweerde e-posse te ondersoek wat glo die Gupta-familie se rol in die bestuur van Suid-Afrika en die omvang van staatskaping bevestig.
Taxibestuurders se ‘roekelose gejaag’ veroordeel
Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Maandag die gedrag en roekelose wyse waarop taxibestuurders in Gauteng bestuur veroordeel.
Man in hof ná tiener se moord
ʼn 32-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 15-jarige meisie vermoor en haar liggaam aan die brand gesteek het, het Maandag sy aansoek om borgtog in die Klerksdorp-landdroshof laat vaar.
Lions-haker swaar gestraf vir kniestamp
Die Lions-haker Robbie Coetzee se rooi kaart in sy span se Superrugby-wedstryd teen die Kings op Ellispark het hom op die koop toe ʼn lang skorsing besorg.
Twee bewaarders by St Albans-tronk met messe gesteek
Twee tronkbewaarders is by St Albans-tronk in die Oos-Kaap met messe aangeval, skaars twee maande nadat hoofde van die departement van korrektiewe dienste ondersoek ingestel het oor ʼn gewelddadige aanval waartydens drie persone gesterf het.
Matie-moord: ‘Sy was die hele familie se sonskyn’
“Sy was die mees perfekte mens – slim, mooi, talentvol en jonk. Haar hele lewe het voorgelê en toe word sy so wreed en onnodig van ons weggeruk. Ons familie staan mekaar by, maar niks kan die leemte vul nie.”
ToekomsVenster: Jesus wou alles omkeer
Help my om deel te wees van U rebellie van liefde.
ANC gee terugvoer oor NUK-vergadering
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag gesê opposisiepartye se oproepe dat pres. Jacob Zuma uit sy amp moet bedank, gaan nie werklik oor Zuma nie, maar eerder daaroor om die ANC uit die kussings te lig.
Moord op Matie: Twee verskyn in hof
Twee mans het Maandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn in verband met die moord op Hannah Cornelius (21), ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch.
Vrystaat-plase se Eskom-meters bekyk
“Die verdagte het aangebied om inwoners se elektrisiteitsmeters ‘te kalibreer’ om kamstig laer elektrisiteitsgebruik tot gevolg te hê.”
Ad hoc-komitee versoek om ‘staatskaping’ te ondersoek
“Die parlement het ’n mandaat van die grondwet om die uitvoerende gesag verantwoordbaar te hou.”
Verligting wag dalk op motoriste
Brandstofpryse is sedert April se verhoging die hoogste wat dit die afgelope jaar en ’n half was.
[Foto’s] Kan jy dié diere met hul goeie kamoeflering gewaar?
Die webwerf Bored Panda het ʼn lys saamgestel van diere met die beste kamoeflering. Die natuur is darem maar wonderlik – kyk net hoe goed kruip hierdie diere sommer so in die oopte weg. ’n Mens moet wraggies mooi kyk om te sien waar hulle is. Kan jy hulle almal sien?
Die wêreld in foto’s – 29 Mei 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Polisie waarsku oor slenter wat huisrowers gebruik
Die polisie het ʼn hernude beroep op die publiek gedoen om versigtig te wees vir ʼn slenter wat rowers gebruik om toegang tot huise te verkry.
Zuma-appèl nie vandag aangehoor
Pres. Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat hy redes moet verskaf vir sy middernagtelike kabinetskommeling, sal nie meer vandag aangehoor word nie.
Spur-baas moet ter wille van konsessiehouers bedank
As Van Tonder wérklik so besorg is oor Spur-konsessiehouers en hul werknemers as wat hy voorgee om te wees, het die tyd nou aangebreek om die regte ding te doen. Hy moet sy fout erken en verantwoordelikheid vir sy optrede aanvaar deur te bedank. Dan kan dié onsmaaklike voorval agtergelaat word en kan almal weer ’n “smaak” vir die lewe by Spur ontwikkel.