Dié optrede kom nadat Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, versoek het dat daar opgetree word teen die LP.
Alles vir Dinsdag 1 Augustus 2017
EFF kap weer na Indiërs, Schabir Shaik
Die EFF het gesê hy sal nie verskonend wees wanneer “sy mense onderdruk word” of op eiers loop rondom “valse minderheidsgevoelens nie”.
[Foto’s] Doodskis-video-saak: Regter, beskuldigdes besoek toneel
Die tweede dag van die veelbesproke doodskis-video-saak het Dinsdag met ʼn ondersoek ter plaatse in die Blinkpan-omgewing buite Middelburg in Mpumalanga afgeskop.
Van berg tot boom – nóg vlugte tussen Kaapstad en Pretoria
Airlink stel van 28 Augustus 2017 nuwe vroegoggend- en laatmiddagvlugte op die roete tussen Kaapstad en Pretoria bekend.
Dis amptelik: Cheetahs en Kings se Pro14-avontuur begin oor vyf weke
Die Cheetahs en die Southern Kings se nuwe rugby-avontuur is Dinsdag amptelik bevestig en hulle sal van 1 September af aan die Pro14 van Celtic Rugby deelneem.
Video: Armand Aucamp gesels oor Van Riebeeck in ‘Krotoa’
“Ek is geweldig aangetrokke tot stories oor geskiedenis. Wat die verhaal van Jan van Riebeeck moeilik maak, is die politieke bagasie wat met hom saamkom. Ek moes sy karakter skei van die politieke geur waarmee ʼn mens hom assosieer en hom leer ken as ʼn man met foute en alles wat saamhang met menswees.”
[Resep] Pannekoeke met volkoringmeel
Pannekoeke is so deel van ons Suid-Afrikaanse kultuur soos ʼn basaar, kermis of fondsinsameling – en tog eet elkeen ʼn pannekoek op ʼn ander manier.
[Boek] Boerekos met ‘n twist
In Boerekos met ’n twist gee Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het.
DNS-uitslae bekend ná man 31 jaar lank vermis was
Die familie van Dennis Haynes, die man van Bloemfontein wat 31 jaar gelede spoorloos verdwyn het, het Dinsdag die uitslae bekendgemaak van DNS-toetse wat gedoen is om te bepaal of hy werklik dieselfde Dennis is wat in 1986 vermis geraak het.
Trump-regering verval toenemend in chaos
Duisende poste in die administrasie is steeds nie gevul nie en twee van pres. Donald Trump se belangrikste raadgewers het die afgelope tyd bedank.
[Foto’s] Transitorooftog: Geld lê toneel vol
Die R71 is gesluit nadat daar Dinsdagoggend ʼn transitorooftog op dié pad in Limpopo plaasgevind het.
[Foto’s] Wêreld se langste hangbrug in Switserland
Die langste voetganger-hangbrug in die wêreld het pas in Zermatt Matterhorn, in die Switserse Alpe, oopgemaak.
Uitdrukking: Jou kierang(tjies) sal braai
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “jou kierangtjies sal braai”
Vermiste Brackenfell-man gevind
Anton Steenkamp (26), die man van Brackenfell wat vermis geraak het nadat hy Vrydagaand by sy huis weg is, is opgespoor.
Raadslede met veiligheidswagte in hof ná bakleiery
Werner Senekal, hoofsweep van die raad, en Rano Kayser, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, ontvang sedert die skermutseling glo doodsdreigemente.
Wat sou die Kiwi’s hiervan gedink het?
Daar word in Nieu-Seeland subtiel “ja, maar…” verwys na die aanstelling van Jaco Peyper vir Saterdag se Superrugby-eindstryd tussen die Lions en Crusaders op Ellispark, maar ek wonder hoe die Kiwi’s die destydse aanstellings van HH Castens, Vincent Cartwright en Mark Morrison sou verteer het.
SA ryg medaljes in op Wêreld-oorplantingspele
Die Wêreld-oorplantingspele word elke tweede jaar gehou en bring atlete wat lewensbelangrike orgaanoorplantings gekry het byeen om hul tweede kans om te lewe te vier.
Twee brand dood in winkel
“Twee mense het doodgebrand en die inhoud van die winkel is heeltemal vernietig.”
‘Game of Thrones’ prooi van kuberkrakers
Die Amerikaanse televisiekanaal HBO het vandeesweek gesê daar is groot moontlikheid dat episodes uit die jongste seisoen van die TV-reeks Game of Thrones kan uitlek nadat dié kanaal ʼn slagoffer van kuberkrakers was.
Jaco Peyper blaas in eindstryd
Die Nieu-Seelanders sou seker vanoggend in hul graanvlokkies verstik het toe hulle met die nuus begroet is dat Jaco Peyper Saterdag se Superrugby-eindstryd tussen die Lions en Crusaders op Ellispark sal hanteer.