“Die uitdaging bly om belasting te betaal sonder om waarde en dienste daarvoor te kry, maar die opbou van selfbestuur ter wille van groter selfstandigheid is ongelukkig die enigste antwoord op swak staatsbestuur en groter staatsbeheer.”
Alles vir Dinsdag 20 Maart 2018
Oor onteiening sonder vergoeding
“Ons glo nie dat om die twee doelwitte van artikel 25 te bereik, daar enige grondwetlike wysigings nodig is nie. Die Grondwet is nie ʼn belemmering vir grondhervorming nie.”
Regering erken net 7% van munisipaliteite funksioneer optimaal
Mkhize het wel ʼn ingrypingsplan aangekondig wat uitgevoer sal word deur die departement se ingrypingspan.
Ducati Panigale V4: Toeganklike verrigting met Italiaanse styl
Jy kan maar soveel foto’s en video’s kyk as wat jy wil, maar niks kom by die ervaring om die Ducati Panigale V4 in lewende lywe te sien nie, skryf Brian Cheyne. Gooi jy nog ʼn been oor en druk die aansitter, dan slaan jy skoon hoendervleis uit.
Spiertier se vrou: ‘Ek is soveel meer as my lyf’
“Hoekom moet ek, ʼn meisie met kurwes, hóm kry? Ek voel nie waardig nie, en ek maak stories in my kop op dat ek hom nie verdien nie omdat ek nie maer is nie.”
Stellenbosch-egpaar maak saam geskiedenis
“Ek was eers nie seker of ek reg gehoor het toe die voorsitter my naam lees nie, en moes hard teen die trane baklei toe ʼn vriend dit bevestig.”
Nig en neef in hospitaal ná bussie hulle tref
Die man het hom intussen aan die polisie oorgegee.
Uitdrukking: Dis nie altyd die mooiste blom waarom die by draai nie
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking, “Dis nie altyd die mooiste blom waarom die by draai nie”
Video: EFF-hoofsweep gryp joernalis
Die Nasionale Redakteursforum en ander partye het die voorval waarin Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, en ʼn videograaf van Netwerk24 slaags geraak het, veroordeel.
Alles wat jy nodig het vir die beste redenaarstoesprake
Leer hoe om ʼn redenaarstoespraak te skryf, wat die uitdagings is vir die verskillende ouderdomsgroepe en kry handige wenke oor die aanleer en (v)oordra van die toespraak.
Wending in jagongeluk-saak
Die verhoor van Stefan Hepburn, die man wat van strafbare manslag aangekla word nadat hy glo per ongeluk ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog doodgeskiet het, het nie Dinsdag begin soos verwag nie.
Paramedikus-ma wéér op toneel van geliefdes
“Dit kan mos nie wees nie. Dit kan nie weer met my gebeur nie – dit mag nie weer met my gebeur nie.”
Hoe gaan die BTW-verhoging jou sak raak?
Van 1 April vanjaar moet grapjasse opsy staan. Dit is die dag waarop belasting op toegevoegde waarde (BTW) van 14% tot 15% gaan styg. En dit gaan geen grap wees nie.
Luister: Die Kannie Warries Dansorkes: ‘Ons is anders’
Basson het aan Maroela Media vertel boeremusiekliefhebbers sal dadelik hoor dat hulle “iets anders” met die kitare op dié album gedoen het. “Jy kan onmiddellik hoor dit is die Kannie Warries wat daar speel.”
Video: Suzelle DIY resenseer haar gunsteling-TV-reekse
Waarna kyk dié maltrap wanneer sy nie haar bekende “braai-pie” maak nie? Suzelle resenseer in dié video van haar gunsteling-TV-reekse.
Video: Jong Pta-seun het internet gaande
Dié video is al meer as 1 miljoen keer gekyk en meer as 7 000 keer op Facebook gedeel
Mooinooi-vroue: Gedenkdiens vir Anisha gehou
“Ons het besluit om dit nóú te doen sodat Schalk daar kan wees, selfs al het ons nog nie die DNS-uitslae nie.”
Dís hoekom rugbybase die wysheid van Salomo moet hê
Kyk net wie blaas … vandag word ons al weer geboor.
Twee vas ná Tulbagh-plaasmoord
“Die vermoedelike moordwapen is gevind en daar is ook beslag gelê op die vuurwapen en ander huishoudelike items wat tydens die voorval gesteel is.”
Rabada mag speel; fokus moet op spel wees
Ná die afgelope twee weke se warboel van gebeure van die veld af, het dit tyd geword dat die spelers hulle fokus terugkry op die spel self.