Die Suid-Afrikaanse regering het Maandag gesê hy is “diep bekommerd” oor die VSA en sy bondgenote, Frankryk en die Verenigde Koninkryk, se missielaanval die afgelope naweek op Sirië.
Alles vir Maandag 16 April 2018
Resep: Hoender-en-broccoli-gereg
Dié eenskottel-wonder kan dié Maandag dalk net ’n bietjie beter maak.
Kaapstad-lughawe binnekort hernoem
Julius Malema, leier van die EFF, het Saterdag by die begrafnisdiens van Winnie Madikizela-Mandela gesê die Kaapstad Internasionale Lughawe moet na die Winnie Mandela-lughawe herdoop word om Madikizela-Mandela se nalatenskap te vier.
Waarom eiendomsreg?
Waarom moet ons ten gunste wees van eiendomsreg? Die antwoord is drieledig skryf Piet le Roux van AfriSake.
Treinpendelaars gestrand ná kabeldiefstal
Pendelaars in die noorde van Pretoria moes Maandag noodgedwonge alternatiewe vervoer gebruik toe Metrorail-treindienste tydelik gestaak is as gevolg van kabeldiefstal en beskadigde oorhoofse kabels.
‘Boer soek ʼn vrou’: Goeie nuus vir deelnemers
Om jou hart in ʼn brief uit te stort en dié brief aan ʼn wildvreemde boer doer in die verte te stuur, is geen maklike taak nie. Daarom het kykNET goeie nuus vir voornemende deelnemers in dié kanaal se gewilde Boer soek ʼn vrou-werklikheidsreeks.
Oudminister ontken bewerings oor Stompie
“Mense teen wie hierdie skokkende bewerings gemaak word, is lewend en beskikbaar. Hulle is geregtig daarop om hul weergawes te gee.”
Laat die Sharks in die Kings se plek speel
Dit sal sommer baie interessant wees om te sien hoe, en of, die Sanzaar-rugbybase gaan reageer op bespiegelinge dat die Sharks hul vinne gewys het om ook in die Europese Pro14-reeks te speel.
Maties wil sake ná sewe maer jare regstel
Drie uit drie … en toe begin die sewe maer Varsitybekerjare vir die Maties.
Geen borgtog vir vrou wat kind (5) glo aanrand
Die kind is ná die voorval na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling, maar is intussen ontslaan en is tans onder sy ouma se toesig.
Ysterman-atleet steeds vermis; familie reis na SA
Die atleet se suster, sy broer, ma en ouma het ná sy raaiselagtige verdwyning ook intussen na Suid-Afrika gereis.
3-jarige vir ewig aan ventilator gekoppel
“Daar is net enkele ander gevalle van dié toestand in Suid-Afrika en net sowat 1 200 in die wêreld. Babas wat die siekte kry lewe gewoonlik nie langer as een jaar nie.”
Sarries se Springbok-Schalke druk saam-saam
Saracens se twee Springbok-Schalke het albei in die jongste ronde van die Engelse Premierliga agter die doellyn gaan kuier.
Varsgebekkig: Jy kan nie jou ryk koop nie
Ken jy die uitdrukking “jy kan nie jou ryk koop nie”?
Vandag se sportnuus
Die 21ste Statebondspele het Sondag aan die Goue-kus van Australië ten einde geloop en Suid-Afrika het algeheel sesde op die medaljeleer geëindig.
Hoekom jy nooit die handdroër in ʼn badkamer moet gebruik nie
Jou hande is dalk vuiler as jy ʼn handdroër in ʼn openbare badkamer gebruik, aldus ʼn nuwe studie.
Minister besoek familie ná rugbyspeler sterf
“Mag die Here met hierdie familie wees in dié donker uur.”
Man sterf by Mighty Men-saamtrek
ʼn 32-jarige man van Bethlehem in die Vrystaat is die afgelope naweek by die bekende Maluti Mighty Men-byeenkoms dood.
Woord van die week: papelellekoors
Ken jy iemand wat gereeld papelellekoors kry? Taaltoffie stel ondersoek in
7 beseer in ontploffing by staalaanleg
“Een van die werkers wat in die ontploffing beseer is, is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Alberton nadat hy veelvuldige beserings aan sy kop, bors en arms opgedoen het.”