Selfs die betreklik ligte skorsing van een van hul uitblinkers is ʼn kwaai slag vir die Bulls, wat die afgelope tyd ʼn belowende opswaai in die Superrugbyreeks getoon het.
Alles vir Dinsdag 24 April 2018
Sal beleggers nou bereid wees om hul beursies oop te maak?
“Dit gaan moeilik wees om buitelandse beleggings te lok met hierdie uitdagings wat nog nie opgelos is nie. Iewers gaan Ramaphosa besluite moet neem wat ongewild kan wees.”
Behoeftigste studente hoef nie meer te leen nie
“Hoewel daar nie van studente verwag sal word om die geld terug te betaal nie, sal daar wel van hulle verwag word om aan sekere prestasie- en gedragsvereistes te voldoen.”
Foto’s: Die voël wat die haai gevang het wat ʼn vis gevang het
ʼn Voël met ʼn vis in sy kloue het die fotograaf Doc Jon se aandag getrek, maar toe hy by die huis kom en die foto’s ondersoek, het daar ʼn groot verrassing op hom gewag!
‘Inbrekers’ glo ontvoer en vermoor
Sewe verdagtes is op aanklag van ontvoering en moord in hegtenis geneem nadat hulle glo eiemagtig opgetree het.
AfriForum wend hom tot buiteland oor grondkwessie
Die organisasie beplan om met regeringsverteenwoordigers, navorsingsinstellings, die media en potensiële beleggers in die buiteland te vergader.
3 dood, talle vas oor renosterstropery
ʼn Polisiebeampte verbonde aan die Skukuza-polisiestasie is intussen ook in hegtenis geneem aangesien daar vermoed word hy is by renosterstropery betrokke.
M.T. Steyn-standbeeld: Studente sê hul sê
“Ek wil wel nie hê dat een deel van die geskiedenis ten koste van ’n ander opgeoffer moet word nie.”
R300 miljoen vir Lily-myn-reddingspoging bekom
“Sodra die geld inkom, sal ons ʼn nuwe skag begin ontwikkel en die myn in Julie oopstel. Die soektog na die oorskot van die vasgekeerde mynwerkers sal ʼn jaar later weens veiligheidsredes voortgaan.”
Aksiebelaaide flieks: Kyk die Bourne-reeks
Jy kan nou al vier Bourne-flieks sommer in een sitting deurkyk. Dié aksiebelaaide treffers, gebaseer op Robert Ludlum se boeke met Matt Damon in die hoofrol, is nou op Showmax te sien.
Cosatu nié deel van landwye staking
“Cosatu ondersteun die nasionale minimumloon en ons het geen rede om te staak oor iets wat tot die werkers se voordeel sal wees nie.”
SA vroue vereer vir veldtog teen kernkragplanne
Twee vroue wat die dryfkrag was agter die hofsaak om die Suid-Afrikaanse regering se kernkragooreenkoms tersyde te stel, is Sondag met ʼn gesogte omgewingstoekenning in San Francisco in die VSA vereer.
Inspirasie vir jou huis!
As jy op soek is na inspirasie vir jou eie huis, opknappingswerk wil doen of ʼn nuwe huis wil bou, is dié reeks net vir jou.
Nuuskommentaar: Ramaphosa se posisie benard – nete bly klou
Te veel dinge lyk nog nie heeltemal vir pres. Cyril Ramaphosa reggeskuif nie om soos ’n gewone staatshoof te kan begin regeer. Dit lyk onder meer of te veel (nie baie bekwame) Zuma-lojaliste op plekke vaskleef waar hulle Ramaphosa-lojaliste uithou, en so die president se vermoë om te delegeer beperk.
Kuba kry nuwe leier, ’n einde van die Castro-era
Uiterlik is die presidentskap van Diaz-Canel ’n groot verandering: ’n nuwe president wat nie Castro heet nie en deel van ’n jonger generasie is wat nie die revolusie meegemaak het nie.
Fliekvlooi Floris se videoresensie: ‘Wonderlus’
Die rolverdeling van Wonderlus sluit vars gesigte soos Ansu Visser, Lea Vivier, Lynelle Kenned en Beer Adriaanse in. Kyk hier na fliekvlooi Floris Groenewald se videoresensie.
Werknemers ‘bewusteloos’ gevind ná fop-transitoroof
“Toe hulle stilhou, is hulle deur ʼn onbekende voertuig met drie insittendes genader, die geldwa is oopgemaak en sakke vol geld in die onbekende voertuig gelaai.”
Australië: waarheen nou met Peter Dutton se uitsprake?
Nico Stegmann neem Peter Dutton, die Australiese minister van binnelandse sake en immigrasie, se uitsprake oor die humanitêre inname van SA boere onder die loep:
[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Dink, oefen, doen – Deel 13
“Sodra jy bepaal het wat jou lewensdoel is, is dit belangrik om te weet hoe om jou doelwitte te beplan en uit te voer.” In die program gee Frans drie riglyne oor hoe om jou voor te berei om jou lewensdoel te begin uitvoer.
Pa vermoed vermiste dogter is aangeval
“Solank daar hoop is, is daar lewe.”