Motorliefhebbers gaan dié naweek tot in die afgrond bederf word by die Kyalami-renbaan van wêreldgehalte tydens die immergewilde Festival of Motoring.
Alles vir Woensdag 29 Augustus 2018
Vytjie Mentor: ‘Ek vrees vir my veiligheid’
Mentor was in trane terwyl sy aan die kommissie vertel het hoe daar met die deur van haar hotelkamer gepeuter was.
Nuuskommentaar: Laat John McCain se dood ’n leemte?
Met die afsterwe van senator John McCain het die wêreld seker sy mees prominente dog omstrede intervensionis verloor. McCain se intervensionisme, gekenmerk deur reuselugbombardemente, is egter nie die enigste vorm van intervensionisme nie, en dit sal byvoorbeeld goed wees om die intervensionisme van die tegnokrasie se suksesse te begin meet.
Een kaart wat jou lewe makliker kan maak
Dit is geen maklike taak om jou sente om te draai nie, want dit verg kophou tussen die magdom kaarte en rekeninge. Moenie langer sukkel nie … dié kaart kan jou lewe makliker maak.
Luister: Early B maak buiging met debuutsoloalbum
“Ek wil mense op ʼn reis plaas met my liedjies. Ek sê altyd ‘my lirieke maak flieke in jou ore’,” skerts hy.
Ai, waar is Naas, Monty en Morné tog?
Dit was oor die jare heen nog altyd een van die Springbokke se grootste bates: ’n dodelike stelskopper.
Die storie agter die sirkels in landerye langs N2
Die sirkels kan gesien word tussen koringlande op die plaas Boontjieskraal langs die N2 op pad na Riviersonderend vanaf Kaapstad.
Man swendel glo slagoffers uit miljoene rande
Volgens die Valke word Jordaan ook verbind met soortgelyke sake in Sandton naby Johannesburg.
Valke vat wapens wat ‘nie veilig bewaar word’
Die Valke het op hordes vuurwapens beslag gelê.
Senator McCain vir kleurryke loopbaan onthou
McCain het tydens sy lewe ’n duidelike stempel op die Amerikaanse politiek afgedruk. Hy sal vir sy vasberadenheid as krygsgevange en sy onafhanklike denke as verkose verteenwoordiger van sy mense onthou word, maar ongelukkig ook vir sy steun aan mislukte Amerikaanse intervensionisme.
VN gevra om ‘robotwapens’ te verbied
“Ons beweeg na ʼn toekoms waar mense heeltemal uit die besluitnemingsproses oor die gebruik van geweld uitgesluit word.”
Sakeman se eksvrou, werker vas ná sy dood
Die polisie het op ʼn liggaam in die pyp afgekom wat erg verbrand is.
ATKV vier 88 jaar met nuwe advertensieveldtog
“Die werk wat ons doen, maak van gewone mense in hul gemeenskap helde”
Luiperds se uitvoerende hoof bedank
Die Luiperds se uitvoerende hoof het bedank, sê die bond in ʼn verklaring wat Dinsdag in Potchefstroom uitgereik is.
Nuwe dramareeks eersdaags op kykNET
In die rolverdeling is ʼn paar veteraanspelers asook nuwe gesigte. Die reeks is in Cradock in die Karoo geskiet en die dorp en sy mense dien as agtergrond vir dié nuwe reeks.
Netflix in SA nou goedkoper
Netflix het bevestig hy gaan voortaan ʼn vaste tarief vir intekenare in Suid-Afrika vra.
Gedig: Naamverwant
“Om dit wat lank vergeet was, te onthou. Die son wat ʼn pad vind tussen wolke deur. Die grepe van haar naam…” Louis Esterhuizen se gedig, “Naamverwant”
Drie dood in boendoegeweld
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris het twee voorvalle waarin drie mense tydens boendoegeweld vermoor is ten sterkste veroordeel.
Staal jouself vir ’n nuwe paradigma – en kies dienooreenkomstig
Die afgelope paar weke sou bevestig het – indien bevestiging hoegenaamd nodig is – dat beslissende veranderinge in Suid-Afrika se politieke gang in die vooruitsig is.
Vrou by kassiere in bank vermoor
Die man, geklee in ʼn oranje oorpak, sonbril, handskoene en ʼn sweetpaktop met ʼn kappie, het toe daarna met die geld van die toneel gevlug.