Die rustydtelling en die eindtelling was dieselfde, maar die Westelike Provinsie het genoeg gedoen om die moontlike eindstryd van die Curriebekerreeks tuis aan te bied as hulle volgende week se halfeindstryd op Nuweland wen.
Lees meerAlles vir Saterdag 13 Oktober 2018
VF Plus stel 2019‑verkiesingsveldtog bekend
Die veldtog staan bekend as ‘Slaan Terug. Nou of Nooit.’
Meisie (2) erg beseer toe sy uit voertuig geslinger is
Sy het verskeie frakture en ander beserings opgedoen en moes per mediese helikopter na die hospitaal gehaas word.
Ouditeur wat munisipale korrupsie ondersoek, geskiet
Msimanga het gesê die voorval wek veral kommer aangesien die rowers slegs die skootrekenaar van die ouditeur waarop sensitiewe en noodsaaklike inligting oor die forensiese ondersoek by Emfuleni gestoor is, gesteel het.
Tweede verdagte (17) vas oor jong vrywilliger se dood
Noordien, ʼn vrywilliger van die liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers, is dood toe hy in die middel van twee bendes in Hanoverpark se kruisvuur beland het.
Vrou verdrink wat glo van polisie weghardloop
“Een van die vroue het gepoog om te vlug en in die rivier ingehardloop.”
Vrou (59) verjaag aanvallers met wapen
ʼn 59-jarige vrou het Vrydagaand aanvallers buite haar huis met ʼn vuurwapen verjaag.
Engeland ook uitgedun vir Twickenham-toets
Dit begin al hoe meer lyk of die kragmeting op 3 November tussen die Springbokke en Engeland op Twickenham tussen twee redelik uitgedunde spanne gespeel sal word.
Clicks herroep swangerskapstoetse oor drama met uitslag
Die toetse het ʼn positiewe of ‘swanger’‑uitslag getoon selfs al word dit in gewone kraanwater gedoop.
Een van sogenaamde ‘suur-aanvallers’ vasgetrek
Die polisie sê die slagoffer het aanvanklik nie self ʼn saak aanhangig gemaak nie maar die hospitaal waar die man vir sy beserings opgeneem en behandel is, het die polisie gekontak en die saak onder hul aandag gebring.
Vier sterf in gru-vragmotorbotsing
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het om 08:15 by die toneel opgedaag en die vragmotor “heeltemal oopgeskeur” aangetref.
Vergeet ʼn bietjie van die All Blacks, Ierland is die gevaarperd
Klop Ierland en wen aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.
Doeanebeamptes, polisieman vas ná miljoene se grenspos-korrupsie
Hulle het gekonkel om vragte brandstof kamtig vir uitvoer toe te wys maar in der waarheid op Suid-Afrika se swartmark verkoop.
Polisie maak op een aand skoonskip in Waterkloofrif
In die een geval het beamptes ʼn pa, ma, ʼn familievriend en twee tienerdogters vasgebind in ʼn huis aangetref.
Krieket: Zimbabwe kry weer ʼn pakslae
Suid-Afrika was weer te sterk vir hul buurman.
‘Uiteindelik ʼn stap in die regte rigting vir Prasa’
“Vir die eerste keer het die hof die belangrikheid van Prasa se verpligting erken om te verseker dat hulle ʼn veilige en betroubare diens vir werkers wat dit moet bedryf en die pendelaars wat daarop staatmaak, verskaf.”
Gedagte vir die dag: Die dag van sy wederkoms
Wie kan standhou wanneer Hy verskyn? (Maleagi 3:2)