Emosies het hoog geloop by die hof waar honderde TUT-studente bymekaargekom het en polisiebeamptes teruggedruk het in ʼn poging om die hof binne te gaan.
Alles vir Woensdag 24 Oktober 2018
72-uur aksieplan geaktiveer ná moord op polisiekaptein
“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die beampte verskeie kere in die kop geskiet is en dat sy dienspistool gesteel is.”
Alle oë op Tito Mboweni
Vanmiddag se mediumtermynbegroting sal ʼn vuurdoop vir Mboweni wees wat die leisels net twee weke gelede by Nhlanhla Nene oorgeneem het.
Bekende aanbieder word dogtertjie ryker
Die televisieaanbieder en radio-omroeper het Dinsdag ʼn dogtertjie ryker geword.
Vandag se sportnuus
Jaco Peyper sal Saterdag om 16:00 die skeidsregter wees tydens die eindstryd om die Curriebeker tussen die WP en die Sharks op Nuweland in Kaapstad en in krieketnuus word die tweede Eendagwedstryd tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande vandag in Indore gespeel.
Boek: Wadda van die woestyn
In die roman word ʼn wit driejarige seuntjie deur Boesmans, Boogspan en sy vrou, Koestertjie, aangeneem nadat die skip waarop hy, sy tweelingboetie en hulle ouers reis byna op die rotse loop.
Die blameer-speletjie in die huwelik
Dit is so maklik as iets skeef loop in die huwelik of jou huweliksmaat ongelukkig is met jou om die blameer-speletjie te speel.
Talle knelpunte vir Mboweni se eerste mediumtermyn-begroting
Die kans dat Tito Mboweni vir oom Koos Benade, ʼn pensioenaris van Sunnyside, gaan ken, is waarskynlik minder as een uit ʼn miljoen. Tog het dié twee mans een gemeenskaplike mikpunt – die mediumtermynbegrotingsraamwerk wat vandag gelewer word.
Tshwane-betaalmetersaak: ‘Uitspraak oorwinning vir belastingbetalers’
“In hierdie geval het die veroordeelde kontrak die Tshwane Metroraad se belastingbetalers nagenoeg R5 miljoen per dag gekos.”
Westbury-moordsaak: Drie hoor eers dán oor borgtog
Die landdros het voor die saak begin het die aanwesiges op die galery gevra om die hof te verlaat en versoek dat alle selfone afgeskakel word. Hy het ook bepaal geen foto’s of identifisering van die beskuldigdes word toegelaat nie.
Agt vermeende stropers in Krugerwildtuin vasgetrek
“Ons doen ʼn beroep op stropers om die risiko om gevang te word op te weeg. Ons kan hulle verseker die strop trek al hoe nouer om hulle nekke.”
Moenie nou al wondere van Mboweni verwag
Baie oë in Suid-Afrika – en in die buiteland – is vandag op die nuwe minister van finansies, Tito Mboweni, gerig wanneer hy die mediumtermynbegrotingsraamwerk aan die parlement voorlê.
Gedagte vir die dag: Gee vrygewig
Julle het ’n groot oes verwag, maar min gekry. Waarom? Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk. (Haggai 1:9)