Verlede jaar het Italië se bevolking met 100 000 afgeneem, ondanks ʼn toename in immigrante en ʼn afname in emigrante.
Alles vir Dinsdag 6 November 2018
Ramaphosa sal seun self oorgee as bewerings waar is
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag in die Nasionale Vergadering aan LP’s gesê dat hy sy seun, Andile, self na ʼn polisiestasie sal vat indien daar bevind word die bewerings wat teen hom gemaak word is waar.
Maroela se Herman Toerien oor sy kankerpad: ‘Vir húlle wil ek aanhou lewe’
Terwyl jy Herman Toerien se nuuskommentare lees, sal jy nooit raai dat dosyne van dié artikels die afgelope drie jaar vanuit ʼn hospitaalbed geskryf is nie. Dat sy dinkwerk wat so kalm en deurdag voorkom, dikwels saamgestel is te midde van chemoterapiesessies en ander behandelings en medikasie wat hom behoorlik uitgemergel het.
Video: Dié bababeertjie is ʼn inspirasie vir almal
Die deursettingsvermoë van ʼn bababeertjie wat teen ʼn sneeuhelling probeer uitklim, dien as ʼn inspirasie vir talle en die video is reeds meer as 20 miljoen keer op sosiale media gekyk.
Opvolgflieks van groot lokettreffers op pad grootskerm toe
Die fliek is tydens die Oscar-seremonie in 2001 met vyf goue beeldjies vereer, onder meer vir beste akteur.
Jong man sterf jare ná hy slak insluk
Hy is ʼn paar dae nadat hy die slak ingesluk het na ʼn hospitaal geneem weens erge pyn in sy bene, duiseligheid en naarheid.
Predikantspaar verslae ná brand pastorie verwoes
Al die boeke wat hy ʼn leeftyd lank versamel het vandat hy in 1974 begin preek en in 1977 in sy eerste gemeente bevestig is, is verlore. “Dit was ongelooflik baie boeke, amper ʼn biblioteek.”
Springbokke móét die Hane se vere pluk
Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, se loopbaan kan Saterdagaand in Parys ʼn kruispad bereik.
Die perfekte geskenk vir elkeen om jou Kersfeestafel
Dié familiekersfees gaan ʼn gróót een wees. Maar hoe gemaak met al die Kerskouse wat moet vol kom? Moenie die spesiale atmosfeer van Kersfees bederf deur jou moeg te loop in besige winkelsentrums nie.
Plato se republiek skop af in Kaapstad
Kaapstad het ’n nuwe burgemeester nadat Dan Plato van die DA vanoggend met ’n groot meerderheid in die amp verkies is.
Kovsie ná oorplanting: ‘Nou is ek vry’
“Almal dink dat wanneer jy ʼn nieroorplanting kry alles goed en wel sal wees daarna, maar die herstel is eintlik die moeilikste.”
Vroeë Kersfees vir motoriste voorspel ná skok oor petrolprys
Die meeste Suid-Afrikaners is onkant betrap deur die petrolprys wat weens die balansheffing nié vandeesmaand gedaal het soos verwag is nie. Maroela Media het met kenners gesels oor hoe die balansheffing bereken word en wat motoriste vir die res van die jaar kan verwag.
Nadia Beukes se raad aan matrieks: Haal asem!
Eksamentyd is nie vir sissies nie! Die bekende aktrise Nadia Beukes het ‘n spesiale boodskap vir al die matrikulante.
Polisieminister bekommerd oor borgtog vir ‘misdadigers’
“Ek is bekommerd dat dié soort misdadigers op borgtog vrygelaat word. Ons werk nou saam met die regering se veiligheidsgroepering om te voorkom dat borgtog aan soveel van hulle toegestaan word.”
Skok oor jong rugbyspeler se skielike dood
“Hy het almal altyd dieselfde behandel, hy was so ʼn goeie kind.”
Hoe sê ek ‘nee’?
Ons almal beland in situasies waar ons soms moet “nee” sê. Jy het ‘n stem binne jou wat met jou praat. Hoe meer jy aandag gee daaraan en luister na wat die stem vir jou wil sê, hoe makliker raak dit om te luister, sê Nadine Blom.
Versteurde pasiënt brand ná afsondering
“Stappe moet dringend gedoen word teen mediese personeel wat geestelik versteurde pasiënte in gesondheidsorginstellings afskeep.”
Jak de Priester maak hart oop vir diere in die Kaap
“Die meeste dierebeskermingsorganisasies kry nie meer finansiering van die staat af nie en dié inisiatief bring verligting aan hierdie organisasies – veral in ʼn maand soos Desember.”
Transitorooftogte: 230 verdagtes agter tralies, talle rooftogte gestuit
Meer as 230 vermeende transitorowers het sedert Junie vanjaar agter tralies beland en talle beplande transitorooftogte is deur wetstoepassers gestuit voordat dit uitgevoer kon word, maar die minister van polisie sê dié stryd is nog nie gewonne nie.
SA skrywer se jeugverhaal vir Carnegie-medalje benoem
“In die kinderboekbedryf is die Carnegie-medalje een van die héél grotes.”