‘n Vyfjarige boekwurm het sommer self ingespring en ‘n biblioteek in sy dorp oopgemaak.
Alles vir Dinsdag 12 Februarie 2019
Cheetahs gaan in Ierland hardloop
Die Toyota Cheetahs het hul groep bekend gemaak wat in Ierland en Wallis gaan speel.
2 wagte in motor doodgeskiet
Die wagte het omstreeks 20:30 in hul voertuig gesit toe hulle deur vyf gewapende verdagtes oorval is.
Veldtog teen Discovery Bank begin
“Dit gaan inderdaad ʼn nuwegenerasie-bank wees, ʼn bank waar alle kliënte gelyk gaan wees, maar waar swart kliënte meer gelyk as wit kliënte is.”
Safta-genomineerde reekse en flieks wat jy aanlyn kan kyk
Op soek na die beste Afrikaanse vermaak? Hierdie 2019 Safta-genomineerde reekse en flieks is nou op Showmax en DStv Now beskikbaar.
Singende hawelose se lewe verander ná video
“Jy kan hoor hy speel uit sy hart uit.”
’n Top 100-kishou vir Lloyd!
Suid-Afrika het nou twee manstennisspelers in die top 100.
Uitdrukking: mooiweer speel met iemand
Die uitdrukking “mooiweer speel met iemand” word gebruik wanneer ‘n persoon baie vriendelik is met iemand van wie hulle iets wil hê. Waar kom dit vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Jo Black voel steeds die genade op die Afrikaanse Top-20
Jo Black behou die nommer een posisie vir die vierde agtereenvolgende week met “Voel jy die genade”.
‘Ek is onskuldig’, sê oudpolisieman ná moord op getuie
Die getuie is in Februarie 2017 in Bethelsdorp geskiet en vir dood agtergelaat.
Staatsamptenaar kry verrassingsbesoek ná FB-inskrywing
ʼn Werknemer van die departement van binnelandse sake in Scottburgh, KwaZulu-Natal, het Maandag ʼn besoek van die minister van dié departement ontvang.
Proteas: Sal ’n draaier sy kans kry?
Die Proteas speel môre toetskrieket teen Sri Lanka in Durban. En met dié dat die besoekers laas ’n loesing in Asië uitgedeel het, sal die tuisspan oorgehaal wees om die bordjies te verhang.
Man vas oor vrou se lyk in rivier
Die vrou is intussen geïdentifiseer as Angelique Harmse.
Kosblikkie-video: Energieblokkies
‘n Lekkerny is nooit te versmaai in ’n kosblik nie! Hier is ’n vinnige manier om heerlike, en boonop gesonde, energieblokkies self te maak.
Resep: Lasagne met kaassous
Al is jou ma se lasagne altyd die lekkerste, kan jy gerus dié resep ook probeer!
Jong sangsensasie en musiekgroep weer saam op die verhoog
Hul weergawe van die treffer “Barcelona” deur Freddie Mercury en Montserrat Caballé het verlede jaar tydens die Krone 5-konsert asems weggeslaan en gesorg vir hoendervleisoomblikke.
Verbruikersake: Die regte prys om te betaal
As die prys op die rak en by die kassier verskil, kry jy dit mos gratis, nie waar nie? En dieselfde geld mos wanneer produkte nie verkoop word teen die prys waarvoor dit geadverteer is nie? Nee, dis nie so eenvoudig nie. Ina Opperman verduidelik wat jou regte is wanneer pryse verskil.
’n Staatsrede van herhalings, nou vir die begrotingsrede
Botha sê ná die staatsrede het die fokus nou na die begroting verskuif wat op 20 Februarie gelewer word. Totdat die begroting afgehandel is, verwag hy dat dit ook tot groter onbestendigheid in die wisselkoers kan lei.
VBS Mutual Bank: Munisipaliteite voor Scopa
ʼn Ondersoek het bevind dat dié munisipaliteite in die beleërde bank belê het, ten spyte daarvan dat dit streng verbied word.
Maties verrinneweer Ikeys
Drie wedstryde is gister in die FNB Varsitybeker gespeel. En dit was die Maties wat vir Ikeys in ’n Kaapse drieëfees ore aangesit het.