Dít volg kort nadat NSFAS hul kommer uitgespreek het oor mediaberigte wat beweer Unisa het nog nie enige toelaes aan hul NSFAS-studente uitbetaal soos ooreengekom nie.
Alles vir Vrydag 8 Maart 2019
Studie: Geslagsongelykheid steeds wêreldwyd ʼn probleem
“Die meerderheid van die mansdeelnemers stem saam dat vroue nie gelykheid sal bereik sonder mans se ondersteuning nie, maar die helfte van hulle voel te veel word van hulle verwag om dié gelykheid te ondersteun.”
Barrett wen wedstryd vir Hurricanes
Die Hurricanes het weer in die doodsnikke die wedstryd gewen.
Sangeres vertel oor haar ‘broodjie in die oondjie’
“Toe Nick by die huis kom het ek vir hom gevra om vir my iets in die oond te kyk, en hy moes dadelik iets vermoed het, want ek is nie iemand wat gereeld kos maak nie.”
Instituut wil beslaglegging op pensioenfondse teenstaan
Die SAIRV het Donderdag die #ProtectionPensions-veldtog in Johannesburg bekendgestel. Die instituut glo die regering het nou hulle oog op dié bate en wil dit gebruik om die land se groeiende skuldlas te delg.
Is dit die Bulls se jaar?
Die Bulls en die Sharks pak mekaar dié naweek in die groot Suid-Afrikaanse derby op Loftus.
Stella stel sielvolle nuwe musiekvideo bekend
“’Die berge blou’ is een van my gunsteling-liedjies en ek wou al lankal ʼn video daarvan maak,” sê die sangeres.
Sakpasresep: Heerlike kerriemaalvleis
Dié week se sakpasresep is ʼn gunsteling van Elana Barker. Sy sê: “Dit is een van daardie resepte wat iemand lank terug sommer so op ʼn stukkie papier vir my neergeskryf het. Ek kan glad nie onthou waar ek dit gekry het nie!”
Harley-Davidson Road Glide Special – Gemaak vir die langpad
Noem hulle maar plaasimplemente as jy wil, maar min dinge kom by die gevoel wat ’n Harley in my wakker maak, skryf Brian Cheyne.
Man, kind val drie verdiepings
Paramedici in KwaZulu-Natal is Donderdag na twee onverwante voorvalle ontbied waar in die een ʼn man en in die ander ʼn kind drie verdiepings ver na die grond geval het.
Nuuskommentaar: Die portefeulje wat ministers breek
Dit lyk of ambisieuse planne van die ANC om munisipale magte ten koste van provinsies uit te brei so stil-stil begin wegkwyn het namate ANC-beheerde munisipaliteite mekaar al meer en meer met agteruitgang begin troef het.
SA se ekonomie ploeter voort
Lesetja, die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, het ook aangekondig dat die sentrale bank steeds by sy beraamde groeikoers van 1,7% vir vanjaar volstaan. Hy het bygevoeg dat stygende brandstofpryse en elektrisiteitstariewe die inflasievooruitsig kan belemmer.
Staat wil ook godsdienssektor ‘beheer’
Hierdie eeue ou stryd tussen kerk en staat, of godsdienste en die owerheid, word tans in Suid-Afrika deur die KGT, onder voorsitterskap van Thoko Mkhwanazi-Xaluva, op die spits gedryf.
Vandag se sportnuus
Die eerste twee wedstryde in dié naweek se Superrugby-reeks word vandag gespeel.
Jong man kritiek ná tref-en-trap
Met paramedici se aankoms het die slagoffer langs sy motorfiets in die pad gelê
‘Sakelui, verbruikers betaal weer vir Eskom-foute’
“Die skrif is aan die muur vir Eskom.”
‘Dis hoekom die DA veg vir Afrikaans en ander minderheidstale’
Daar is ’n kommerwekkende tendens wat die afgelope dekade of wat posgevat het: In die een ná die ander staatsdepartement, tersiêre instelling en openbare instansie word Afrikaans en ander inheemse tale al meer op die kantlyn gestoot.
Vermiste seuns dood aangetref
Die twee jong seuns wat Dinsdag uit ʼn parkie in Mahikeng, Noordwes, verdwyn het, se liggame is gevind.
Vyf dinge wat u oor die ANC se pensioenwegraping moet weet
Voorgeskrewe bates is nie ’n nuwe idee nie – die Nasionalistiese regering het dit ook gebruik, om fondse na ekonomiese sektore van hul keuse te kanaliseer – maar dit is stewig terug op die agenda met die insluiting daarvan in die ANC se verkiesingsmanifes wat onlangs bekendgemaak is.
Gedagte vir die dag: Die Gees lei ons na gehoorsaamheid
God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Rom 5:5)