Twee stappe, een bak, een heerlike aandete!
Alles vir Vrydag 11 Desember 2020
So lyk veranderings aan Kieswet
Daar is ’n omstrede regulasie in die wysigingswetsontwerp wat die gevaarligte vir die DA, die IVP en die VF Plus laat flikker het.
Byna helfte van jonges beskou ‘geld vir tender nie as korrup’
Gedwing deur gewetelose amptenare om omkoopgeld te betaal of seksuele gunste te doen om te kry wat hulle nodig het, loop hulle die gevaar om korrupsie te begin beskou as aanvaarbare praktyk om goedere of dienste te bekom, vorentoe te gaan in die lewe, of gevolge te systap.
‘Transitorower’ voor supermark doodgeskiet
Twee sekerheidswagte is gedurende die transitorooftog gewond.
Iets oor Frans se rewolusie…
Agge-nee, man! As jy liberaal, verlig en ’n aktivis vir spraakvryheid wil wees, probeer ten minste ’n poging aanwend om konsekwent te wees, skryf Ernst Roets in reaksie op Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, se meningstuk.
Wes-Kaap skop vas teen hernieude afsondering
Die Wes-Kaapse regering het ’n drieledige benadering in plek gestel om die verspreiding van die virus te help bekamp.
SYM NHT 200 – Nog ’n kleinkapasiteit-avontuurfietsie
Vir so ʼn klein fietsie trek hy glad nie sleg nie.
Vyf maklike wenke om vakansietyd ook oefentyd te maak
Die feesseisoen kan jou gesonde eet- en oefenprogram heeltemal omvergooi met besige skedules, wegneemetes en meer drankies as gewoonlik, maar jy hoef nie jou fiksheid af te skeep nie.
Boek: ‘Voetstoots’ – Annelie Botes
‘Voetstoots’ is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie Botes se koerantrubrieke. Dis lag, huil, kwaad word, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers.
Integriteitskomitee vergader dié naweek met Ace
Die ANC het vroeër onderneem dat kaders wat van korrupsie beskuldig of daarby betrek word, aan die party se integriteitskomitee verslag doen of tugstappe die hoof moet bied.
Hoe lyk Hollywood: George Clooney gehospitaliseer; Taylor verras met nog ʼn album
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
Die Heuwels Fantasties ‘herverbeel’ treffers vir nuwe album
Volgens Hunter Kennedy was die verwerking van bestaande liedjies ʼn goeie manier om weer die kollig op ou Die Heuwels-treffers te laat val.
Direkteur van organisasie vas oor TERS-geld
Die man het namens 36 van sy werkers eise by die departement van arbeid ingedien, maar die geld het glo in sy eie sak beland.
Verwelkom naaldekokers in jou somertuin
Wanneer is die somer in volle swang? Sodra die naaldekokers verskyn en in jou tuin kom baljaar of ’n elegante dansie om ’n waterfokuspunt uitvoer. Hierdie lieflike insekte is eintlik skitterende plaagbestryders.
Gordhan ‘speel skaak’ met werkers se salarisse
Die metaalwerkersvakbond Numsa het uitgevaar teen die departement van openbare ondernemings en sê hy mislei werkers by die Suid-Afrikaanse Lugdiens se tegniese afdeling (SAAT) doelbewus.
Nóg een vas oor ‘diefstal’ uit Transnet-pypleiding
Transnet het elke keer ʼn daling in drukking in die pypleiding ondervind.
Covid-19-statistieke: Getalle styg steeds skerp
Meer as 8 000 nuwe gevalle is bevestig.
Gedagte vir die dag: Praat met Hom in gebed
Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. (1 Timoteus 4:7)