Dié gesogte Duitse modeontwerper is in 2019 in die ouderdom van 85 oorlede en was die kreatiewe hoof vir die modehuise Chanel en Fendi.
Alles vir Dinsdag 2 Mei 2023
Private maatskappy kry trekpas ná debakel by Mangaung-tronk
Die regering het sy kontrak opgeskort met die maatskappy wat die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein bestuur. Dít is hoekom:
DNS los dekades oue moordsaak eindelik op
Ná byna 40 jaar kan Donna Macho se suster haar oorskot ontvang en vir haar ʼn behoorlike begrafnis gee.
Perez: Die held van Azerbeidjan
“Sergio het ʼn ongelooflike naweek agter die blad. Ek weet nie wat in Azerbeidjan se water is nie, maar hy is doodeenvoudig net altyd op sy stukke daar.”
‘Katastrofe’ dreig in Soedan
“Die situasie wat sedert 15 April daar afspeel, is katastrofies.”
Hobby-X: Kunsvlyters se droom
Vanjaar se Hobby-X word van 4 tot 7 Mei 2023 by die Kyalami-renbaan in Johannesburg aangebied.
Nuwelinge maak golwe op Top-20
Die nuweling Wilma van Heerden en Lisie Basson maak vandeesweek groot golwe op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.
Indië steek China verby met grootste bevolking
Onder die bestuur van die nasionalistiese eerste minister word die koers om Indië tot Asië se tweede grootmoondheid naas China uit te bou, volstoom voortgesit.
Novak kan nou in VSA afslaan
Die Amerikaanse regering sal op 11 Mei sy Covid-19-inentingsregulasies verslap, wat beteken dat Djokovic toegelaat sal word om die land binne te gaan.
ʼn Volkslied vir Orania?
Daar was ʼn tyd toe elke skool ʼn lied en ʼn wapen en kleure gehad het, en dit het nie verdeeldheid nie, maar verskeidenheid én samehang bewerkstellig.
Stormers teen Bulls: Uitkloprugby maak speelveld gelyk
“Dit is nou ʼn nuwe kompetisie en dit is irrelevant hoeveel wedstryde jy vooraf gewen het en of jou teenstanders jou in die groepfase geklop het,” het Jake White gesê.
Net snye ná haai man byna gryp
NSRI-lewensredders van Mdumbi en lewensredderinstrukteurs van NSRI se hoofkantoor in Kaapstad – wat in die omgewing was vir lewensreddersopleiding – het op die voorval gereageer.
Uitdrukking: Die ritteltit kry
Wat beteken dit as iemand die ritteltit kry? Lees vandag se Taaltoffie om meer te wete te kom.
Resep: Gekruide mieliepoffertjies
Hierdie mieliegereg is die perfekte bykos vir ’n herfsbraai.
Faf staan sterk op moeilike blad
Op ʼn baanblad waarop die meeste kolwers gesukkel het, het Faf du Plessis se 44 lopies die weg gebaan vir die Royal Challengers Bangalore se uiteindelike sege van 18 lopies teen die Lucknow Super Giants.
Olifant dood werknemer by reservaat
’n Werknemer van die Inverdoorn- private wildreservaat in die Wes-Kaap is op Werkersdag by die reservaat dood ná ’n voorval met ’n olifant.
22 SA’ners nog gestrand ná vlugtog uit Soedan
Dié groep Suid-Afrikaners is tans op ’n vragskip gestrand.
RDK verdeeld oor skorsing van twee regters
Nie al die regters wat in die regterlike dienskommissie (RDK) dien, het aanbeveel om die Gautengse regters Tshifhiwa Maumela en Nomonde Mngqibisa-Thusi te skors nie.
Dagvaardings kom ná lansering van wêreld se grootste vuurpyl
Die reusagtige vuurpyl Starship is verlede maand van SpaceX se lanseringsplatform in Texas gelanseer, net om minute later te ontplof.
Gedagte vir die dag: ’n Huis vir jou siel
Ons bly in Hom. (1 Johannes 4:13)