ʼn Bekende winkelsentrum in Kaapstad moes Dinsdagoggend inderhaas ontruim word ná ʼn brand op die eerste verdieping uitgebreek het.
Alle stories op Maroela Media
ʼn Digitale databasis van die Afrikaanse kultuurbedryf
ʼn Splinternuwe interaktiewe digitale databasis wat mense se bydraes tot die Afrikaanse kultuurbedryf opteken, is nou beskikbaar.
Nuuskommentaar: Zuma en Jansen se spook: Die dag toe die howe taaiste grondwetoortreders in bek ruk
Gister het van die belangrikste nuus wat Suid-Afrika geraak het, met hofsake te make gehad. Pres. Zuma moes in opdrag van die konstitusionele hof R7,8 miljoen Nkandla-geld aan belastingbetalersgeld terugbetaal, Kovsies het weer bloedneus by AfriForum en Solidariteit gekry, en die eertydse tennisheld, Bob Hewitt, se pogings om uit die tjoekie te bly het finaal op die rotse geloop.
Uitdrukking: Heuning op die tong
Taaltoffie ondersoek die verskillende uitdrukkings wat “heuning” bevat.
Seun tydens betogings geskiet: Klag teen polisie gelê
“Ek verstaan nie hoe enigiemand sommer net in ʼn skare in kan skiet waar daar kinders is nie. Dié gebruik van geweld was ongevraag en iemand moet verantwoordelik gehou word. Geregtigheid moet geskied. My kind is onskuldig.”
Drie tieners vas ná vrou tydens kaping sterf
Twee tienerseuns en ʼn 15-jarige meisie is vasgetrek vir die moord op Magda van Vuuren (53) wat Maandag buite ʼn huis in Parsons Hill, Port Elizabeth, geskiet is.
Unieke nuwe liga ʼn hupstoot vir SA hokkie
ʼn Nuwe, unieke hokkieliga vir Suid-Afrika se voorste spelers het twee weke gelede in Randburg begin – en die verwagting is dat dit die standaard van hokkie in Suid-Afrika ʼn stewige hupstoot sal gee.
Volg SA’ners regstreeks wat aan uitmergelende wedloop deelneem
Terwyl die Suid-Afrikaanse atlete by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, is daar twee Suid-Afrikaners wat in die Italiaanse Alpe aan een van die uitmergelendste veldwedlope deelneem.
Plaaswerkers maak gru-vonds
Plaaswerkers het Maandagoggend op ʼn gru-vonds afgekom op ʼn plaas naby Louis Trichardt in Limpopo.
“Vat jou goed en trek Ferreira”
Dis nou te laat om iets daaraan te doen, maar Allister Coetzee se volharding met sy besluit om spelers van oorsee te kies dra niks daartoe by om Suid-Afrika se spelerspoel te ontwikkel nie.
Oud-Proteaspeler vandag in hof vir ‘aanranding’ van tiener
ʼn Voormalige Protea-krieketspeler verskyn na verwagting Dinsdag in die Goodwood-landdroshof ná ʼn beweerde onderonsie met ʼn tienerseun in Kaapstad verlede week.
[Resensie] Jannie du Toit sing Brel
Hoewel die Belgiese sanger en liedjieskrywer, Jacques Brel, reeds in 1978 oorlede is, inspireer hy vandag nog verskeie Suid-Afrikaanse en oorsese kunstenaars.
Betalingsbewys vir Nkandla-geld aangevra
“Suid-Afrika het nodig om vrede te maak met die Nkandla-sage en om dít te doen, kort miljoene Suid-Afrikaners meer as die woord van die presidensie; ons kort ’n betalingsbewys van die president self.”
Man wat Britse vrou vermoor vas vir ‘diefstal’
ʼn Suid-Afrikaner wat voorheen skuldig bevind is dat hy ʼn 69-jarige vrou in die Verenigde Koninkryk vermoor het, het Maandag in die Pinetown-landdroshof op ʼn aanklag van diefstal verskyn.
Bob Hewitt se tweede appèlaansoek geweier
Die veroordeelde verkragter en voormalige tennisster Bob Hewitt se tweede aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis van ses jaar tronkstraf is geweier.
Gedagte vir die dag: Werk met ewigheidswaarde
‘Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.’ (Johannes 6:27)
Pecanwood-moord: Sielkundige verslag betwis
Mark Zinde, seun van die voormalige TV-aanbieder, Hope Zinde (50), wat teregstaan vir haar moord, sal ʼn psigiatriese verslag, wat bevind het hy is geskik om verhoor te word, teenstaan.
GB: Durbell skrum Old Selbornians kis
Vernietigende skrumwerk deur Durbanville-Belville (Westelike Provinsie), die verdedigende Goue Beker-kampioen, het hom Saterdag van `n goeie oorwinning oor Old Selbornians (Grens) verseker.
OG gevra om R100 miljoen vir Zuma-straler te ondersoek
Opposisiepartye het Maandag uitgevaar teen ʼn aankondiging deur Nosisiwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, dat R100 miljoen begroot word vir die huur van ʼn nuwe presidensiële straler vir pres. Jacob Zuma.
‘Huurmoordenaar’ in Bloemfontein vasgetrek
ʼn Man, wat vermoedelik ʼn huurmoordenaar is, is Maandag in hegtenis geneem kort nadat hy na bewering ʼn motoris in die Bloemfonteinse middestad in die kop geskiet het.