Here, saam die Psalmdigter sê ek, ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom? Help my asseblief in hierdie moeilike fase en maak vir my nuwe deure oop.
Alles deur die skrywer Esté Meyer Jansen
Capitec-rekeninghouers moet ‘wag vir volle prentjie’
Aandeel- en rekeninghouers moet versigtig wees om voortydig besluite te neem oor hul belange by Capitec op grond van ʼn verslag wat vroeër Dinsdag oor die bank bekendgemaak is.
ToekomsVenster: Kinders en finansies
Here, baie dankie vir my kinders. Dit is vir my ’n groot voorreg om hulle op te voed na U weë.
Kinders en skermtyd: Filter die blou lig uit
Almal weet sekerlik nou al dat te veel skermtyd sleg vir kinders is. Dit maak nie net inbreuk op tyd wat eerder buite deurgebring kon word of om beter menseverhoudinge te bou nie, maar daar is ook ʼn werklike gevaar dat oormatige skermtyd kinders se oë permanent kan beskadig.
ToekomsVenster: Finansiële fases in die lewe
Baie dankie Here dat U Uself in alle fases openbaar. Help my asseblief om deur die moeilike fases te kom en help my ook om U nie te vergeet as ek myself in die fase van oorvloed bevind nie.
Ramaphosa sê oor kernkrag
Suid-Afrika se planne om kernkragstasies te bou het plaaslike aktiviste al warm om die kraag gehad. Talle kenners het ook hulle kommer in die media oor die deursigtigheid, koste, veiligheid en omgewingsrisiko’s van die planne uitgespreek.
Só kan Dag Zero nog moontlik vermy word
Daar word voorspel dat Kaapstad se krane nou teen 12 April sal droogloop maar dr. Kevin Winter van die Universiteit van Kaapstad se Toekomsgerigte Waterinstituut het gesê daar is vyf dinge wat kan gebeur wat Dag Zero langer kan uitstel:
ToekomsVenster: Geld en God langs mekaar
Here, ek besef dat geld deel van die lewe is. Help my egter om altyd U koninkryk eerste te stel.
Stropery: Beter jaar vir renosters, olifante steeds geteiken
Daar was ʼn geringe afname in die aantal renosters wat plaaslik in 2017 gestroop is, maar die kommerwekkende tendens van stropers wat nou toenemend hulle visier op olifante rig, het ongelukkig vergroot.
ToekomsVenster: Die rol van geld en Christenskap
Dankie vir die voorreg om U kind te wees. Dankie ook vir my werk en my inkomste. Help my asseblief om my kindskap met U te koester en dat ek verantwoordelik met my geld sal werk.
Listeriose plaas soeklig op voedselveiligheid
“Hoewel Suid-Afrika strawwe gesondheids- en veiligheidsregulasies het, het die owerhede nie die hulpbronne en infrastruktuur om dit behoorlik toe te pas nie. Gevolglik laat dit die deur oop vir misbruik en kortpaaie, veral as daar druk op die finansiële prestasie van ʼn maatskappy is.”
Kaapstad se Dag Zero nóg nader geskuif
Kaapstad sal dan die eerste moderne stad in die wêreld word wat al sy skoon waterreserwes uitgeput het ná die ergste droogte in ʼn honderd jaar die stad se reservoirs opgedroog het.
Dit is weer tyd om ʼn nuwe skoolbeheerliggaam te verkies
“Daar is ʼn direkte verband tussen die 20% funksionerende skole en die sukses van die skool se leierskap en beheerliggaam, ondersteuning van die gemeenskap en die gehalte van onderrig wat by die skole verskaf word.”
My pleegfamilie – my toekoms
“Die verhouding tussen ʼn pleegouer en pleegkind is dinamies en nie ʼn genetiese een nie. Daarom is deurlopende opleiding, begeleiding en berading belangrik en bly dit belangrik totdat die kind volwasse is.”
ToekomsVenster: Die gevaar van skuld
Here, gee my asseblief die regte kennis om ingeligte besluite te maak sodat ek klaar kan maak met skuld. Help dat ek gedissiplineerd sal wees met my geldsake.
ToekomsVenster: Geld is ook saad
Baie dankie Here vir die voorreg wat ek het om in U koninkryk te kan belê en ook ander te kan seën.
Minder mense sterf dié feesseisoen op SA se paaie
Die departement van vervoer het ʼn voorlopige verslag oor die aantal padsterftes die afgelope feesseisoen bekendgemaak.
ToekomsVenster: Geld moet gespaar word
Here leer my asseblief om in die tye van voorspoed voorsiening te maak vir die moeilike tye. Gee my asseblief wysheid en dissipline.
OB gevra om Vrystaat-onderwys te ondersoek
“Elke jaar, sonder uitsondering, begin Vrystaatse skole die nuwe skooljaar sonder geld vir bedryfsuitgawes soos water, elektrisiteit en skryfbehoeftes.”
Só wil Helpende Hand kinders se leesvermoë bevorder
Sowat 55% van behoeftige kleuters wat deel was van ʼn ondersoek het nog nooit self ʼn leesboek besit nie en slegs 45% van gr. R-leerders het enigsins leesboeke tuis.