Die Johannesburgse metropolisie het 139 kennisgewings, 41 aanmanings en 52 boetes van R1 000 elk uitgereik aan inwoners wat nie gehoor gee aan dié stad se waterbeperkings nie.
Alles deur die skrywer Landi Slatter
SA’ners benodig nou visum vir Nieu-Seeland
Alle Suid-Afrikaners wat Nieu-Seeland besoek, gaan vanaf 21 November 2016 ʼn visum moet hê.
SA meisie se droogtehulp-idee wen gesogte Google-kompetisie
ʼn 16-jarige Suid-Afrikaanse meisie is as die algehele wenner van die Google-wetenskapsekspo-kompetisie aangewys.
Pta-water: ‘Paniek gesaai’ op sosiale media
Boodskappe wat die ronde op sosiale media doen omtrent die stand van Pretoria se waterreservoirs is nie akkuraat nie.
Potch-SR: ‘Regering het ons in die steek gelaat’
Die studenteraad (SR) van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus het gesê die departement van hoër onderwys het sy verantwoordelikheid teenoor studente versuim deur universiteite aan hulle eie lot oor te laat.
‘Kaper’ sterf ná jaagtog, skietgeveg met polisie
ʼn Vermeende kaper is dood en nog twee verdagtes soek ná ʼn afleweringsvoertuig Donderdag in die Motherwell-omgewing in Port Elizabeth gekaap is.
Wenk lei polisie na gesteelde motors, vee
KwaZulu-Natalse polisiebeamptes het twee mans Dinsdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat dagga en gesteelde vee en motors in hul besit gevind is.
Seun tydens betogings geskiet: Klag teen polisie gelê
“Ek verstaan nie hoe enigiemand sommer net in ʼn skare in kan skiet waar daar kinders is nie. Dié gebruik van geweld was ongevraag en iemand moet verantwoordelik gehou word. Geregtigheid moet geskied. My kind is onskuldig.”
Nog geen duidelikheid oor reënval vir 2016
Ten spyte daarvan dat die sterk El Niño-weerverskynsel van 2015/2016 reeds weggekwyn het, is dit nog nie duidelikheid of goeie reënval vir die res van die jaar verwag kan word nie.
[Foto’s] Twee vas oor reuse-perlemoenvonds
Twee mans is laat Woensdagaand in Lwandle naby die Strand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat perlemoen ter waarde van R800 000 in hul besit gevind is.
Twee vas oor R20 000 se verkeersboetes
KwaZulu-Natalse polisiebeamptes was Dinsdagoggend verbaas om te vind dat ʼn taxibestuurder en taxi-eienaar, wat weens beweerde oortreding van die Padverkeerswet in hegtenis geneem is, ook meer as R20 000 se uitstaande verkeersboetes het.
Herdenkingstaptog ná rowers pa doodskiet
n Woordvoerder van Netcare 911 het gesê MacKay het nog gelewe toe paramedici by die huis opgedaag het. Paramedici het nagenoeg ʼn halfuur gepoog om hom te stabiliseer, maar dit was tevergeefs.
Pasgebore baba dood in veld gevind
Die liggaam van ʼn pasgebore babadogtertjie is Maandag in ʼn veld in Ficksburg in die Vrystaat gevind. Russel Meiring, voorvoerder van ER24, het gesê ER24…
‘Gesteelde’ Telkom-kabels in skrootwerf gevind
Lede van die Tshwane-metropolisie het die afgelope naweek ʼn man in Pretoria-Wes in hegtenis geneem nadat gesteelde kragkabels glo in sy besit gevind is.
Die wêreld in foto’s – 26 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Die wêreld in foto’s – 25 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Voetganger, passasier sterf in botsing
Twee mense is dood en drie beseer toe ʼn motor en ’n Nissan Drifter-bakkie vanoggend op die R25 naby die M3 in Welbekend, Gauteng, gebots het.
Meyerton-betogings vlam weer op
Woedende betogers in Meyerton in Gauteng het Vrydagoggend weer bande aan die brand begin steek en paaie versper.
Meyerton weer rustig ná betogings
Die situasie in Meyerton is weer onder beheer nadat gewelddadige betogings Dinsdag in dié dorp net noord van Vereeniging in Gauteng uitgebreek het.
Een sterf, twee beseer in skietgeveg met polisie
Een mens is dood en twee mense ernstig beseer ná ʼn skietgeveg met die polisie Donderdagmiddag in William Nicolrylaan in Randburg, Johannesburg.