Teen die agtergrond van die feit dat Suid-Afrika al hoe duideliker ’n skurk vir ’n president het wat sy vriende toelaat om die land skaamteloos leeg te plunder, begin mense toenemend dink aan aktiewe verset.
Onttroon SA ‘konings’ voor dit te laat is
“Deur ontslae te raak van die koningsmentaliteit en ʼn milieu van ʼn verantwoordelike staat met minimale invloed te skep, sal die risiko van ooreenstemmende gebeure verminder word.”
Seerowers, terroriste en droogte waarborg Somalië se ondergang
Die groot tragedie is dat Somalië se ondergang nie slegs aan ʼn natuurramp soos droogte toegeskryf kan word nie, maar dat dit ʼn mensgemaakte ondergang is, skryf James Kemp.
Xi en Trump darem op goeie voet
Uit die aard van die saak weet min mense presies wat alles in die gesprekke agter die skerms in pres. Donald Trump se buiteverblyfplek Mar-a-Lago in Florida tussen hom en die besoekende pres. Xi Jinping van China gesê is.
Oom Herrie se kerrie: Hier steek ’n lelike ding sy kop uit
Daar is ’n gedempte gelag, maar die donkielongman hoor dit, en meen dis omdat hulle nie met sy vertoning beïndruk is nie, skryf Herman Toerien.
Kinders in chemiese bomaanvalle
Die skreiende tonele van kinders wat deur chemiese aanvalle in Sirië getref is, het pres. Donald Trump van die VSA oornag die spelreëls van die internasionale politiek laat herskryf, skryf Herman Toerien.
Wetsontwerp op landbougrondbesit jaag buitelanders harnas in
Geen buitelander sal grond in Suid-Afrika kan bekom sonder om ’n swart vennoot te nader om dit saam in ’n vennootskap te koop nie.
‘SEB is die ware booswig, nié Jacob Zuma’: ʼn Herstelplan vir SA
Selfs al bedank die president sal die raaisel rondom bemagtiging bly voortduur, skryf dr. Anthea Jeffery.
Tye van niks ʼn belangrike iets
Ek sê “slat ʼn blank”! Jou kop en jou hart het ʼn lugleegte nodig – God het spasie vir inspraak in jou lewe nodig, skryf Lindie Strydom.
Zumafikasie spruit uit president se grondwetlike magskonsentrasie
Dit is uiters noodsaaklik dat die stelselfout wat ’n Zuma moontlik maak, dringend hersien moet word om te verhoed dat hierdie of ’n volgende “Zuma” die land finaal oor die afgrond stoot. Die magtige presidensiële stelsel bedreig nie net die grondwetlike demokrasie nie, maar die land se toekoms.
Redakteursbrief: Grondgrype, Zuma-optogte: Só skei jy vals gerugte van waarheid
Hoe onderskei ʼn mens tussen ware en fopnuus? Susan Lombaard gee ʼn paar rigtingwysers wat jy kan gebruik wanneer jy ʼn boodskap ontvang of ʼn artikel op die internet lees en jy twyfel oor die egtheid daarvan.
Kom ons bou Zuma uit ons lewens uit!
Kom ons oefen almal baie druk uit om Zuma uit die kussings gelig te kry. Kom ons stem met mening om die ANC te verwyder, maar kom ons bou harder aan ’n toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan wees.
Kan ʼn morele oproep op Zuma slaag?
Is dit te veel gevra van ander ANC-lede in die parlement om hulle ook deur die waardes van die ANC, en die waardes vervat in die Grondwet, te laat lei wanneer hulle oor die toekoms van die president moet stem?
Landbouhoewes: Wetsontwerp wemel van diskriminasie
“AfriSake sal die konstitusionele hof nader rakende die geldigheid van hierdie wetsontwerp indien dit onderteken word, omdat dit ’n skadelike uitwerking op die ekonomie, voedselsekuriteit en die beginsels van ’n oop en vryemarksisteem in ’n demokratiese samelewing sal hê.”
Vakbondwêreld wys ANC kan inplof
Hoewel ek nie die Num se inploffing sien kom het nie, kan ek egter die ANC se inploffing sien kom weens die direkte parallelle wat tussen die ANC en die Num getrek kan word. Gepaardgaande is pres. Jacob Zuma op sy eie besig om die party se inploffing te versnel deur sy eie belange bo dié van die ANC en Suid-Afrika te stel.
Herontdek Van Riebeeck se skatkis
Dis tyd dat ons die kultuurskat wat Jan van Riebeeck 365 jaar gelede hier aangebring en verder ontwikkel het, weer moet herontdek en bewaar; dis steeds meer werd as skeepsvragte vol goud.
Kreeftegang of swanesang ?
Intussen het die ANC al hoe meer wegbeweeg van die gewone mense in die land, wat die armes, die werkendes, die werkloses en die kundiges insluit. Niemand is vandag seker oor die dag van môre nie.
Zuma nou nóg nader aan sy einde
Die momentum is duidelik téén die Nommer Een. Die Guptas, Nkandla, Nenegate, die gereelde korrupsieskandale wat feitlik weekliks in die onafhanklike media oopgeruk word, plus nou die afdanking van 15 ministers en adjunkte – deur dít alles het hy sy politieke kapitaal tot ’n rekord-laagtepunt laat daal.
Wit monopolie-kapitaal: Weerligafleier van SA se werklike probleme
Die waarheid is dat kapitaal geen kleur of politieke affiliasie het nie. Dit kan nie deur ras of iemand gemonopoliseer word nie en sprake van ʼn wit monopolie-kapitaal is ʼn versinsel.
Oom Herrie se kerrie: Boeremusiek op steroïde
Pa Jan was ’n man vir klassieke musiek, en die Beatles het hom glad nie aangestaan nie. Nog minder die Rolling Stones, skryf Herman Toerien.