Die “parkeer” van onbevoegde kaders in die buiteland is egter nie iets wat eers in die Zuma-era begin het nie, en die skoonmaak (as dit plaasvind) sal tot diep in die ANC se hart ruk.
Nuuskommentaar: Al weer die rassekaart – wit student moet sterf
ʼn Wit student moet eers sterf voor Wits se “arrogante” rektor sal luister, lui ʼn klankgreep wat op sosiale media versprei word. So iets kan in die huidige gelaaide atmosfeer so maklik ontplof.
Nuuskommentaar: Studente en rommelstatus – onderrig agter doringdraad?
Daar was nog nooit ʼn tyd dat studentemoleste bloot lomp hanteer kon word nie, maar met meer as R600 miljoen skade later, kan daar nie langer uitgestel word en vandale nié aangekla word oor hul dade nie. Die voltooiing van die akademiese jaar balanseer op ʼn mespunt. En so tussenin laat blyk Standard & Poors dat daar kommer is oor politiekery in Suid-Afrika.
Nuuskommentaar: ‘Die vriendelike anargis’
’n Opskrif in ’n Nederlandse koerant vandag, “Die vriendelike anargis”, noop ’n mens om bietjie dieper na die kwessie van anargie in die studente-onluste te kyk.
Oom Herrie se kerrie: Anderkant die Wyngordyn
Jare gelede was hierdie blou, blou berge ook die jonge Herrie s’n om elke dag te sien en te bewonder. Van die jonge Herrie kan onthou, was hulle maar net daar … ʼn vanselfsprekendheid.
Nuuskommentaar: SAUK se verlies kan nóg groter weens Hlaudi-sleureffek
Die SAUK-raad se arrogansie slaan ’n mens dronk en is duidelik gesetel in ’n vertroue dat hy pres. Zuma se steun geniet. Maar is Zuma se eie posisie nog so ongekwalifiseerd verkans?
Nuuskommentaar: Edelagbares wat die bôlle rol
Weens die heterogene aard van die Suid-Afrikaanse politiek kan ’n geveg tussen edelagbares eenvoudig nie geduld word nie. Dit kan te maklik in ’n rasseding ontaard wat kan uitkring.
Nuuskommentaar: Op soek na die wortel van die kwaad
Die eintlike sirkus wat hom nou afspeel, is die herontplooiing van die SAUK se gewese bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, as groepbestuurder van korporatiewe sake.
Die oudwordraaisel
Dit wil vir my lyk of daar onder die in-jare-gevorderdes twee groepe is: Die een noem ek die onrealisties-idealisties-oudword-ontkennendes en die ander groep die realisties-oudword-aanvarendes.
Nuuskommentaar: Wie regeer die land?
Tog lyk dit of ’n paar faktore pres. Zuma se magspel beperk, soos dat hy besef die graderingsagentskappe hou ’n wapen teen Suid-Afrika se kop, en moontlik besef hy ook dat hy nou moet begin gou speel om nog voor sy verpligte aftrede ’n soort amnestie teen vervolging te kry.
Nuuskommentaar: Zuma en studente-onluste – elkeen se eie bril laat spanning oplaai
Maar hoe verskillend kyk mense nie na Zuma en die studente-onluste in Suid-Afrika nie?
Oom Herrie se kerrie: Vyfster vir vlakvark en skilpad
Twee jong latte besluit om saam te ry om ʼn streekkongres van Agri Limpopo op die Springbokvlakte te gaan bywoon. Hulle is die joernalis Piet-Piet en die akademikus Jan. Jan is een van die sprekers.
Nuuskommentaar: Word ras al weer al belangriker?
Of ʼn mens nou dink dis reg of verkeerd, is daar wêreldwyd toenemend tekens van ʼn “herlewing” van rasbewustheid en in sommige lande word selfs institusionele maatreëls hiervolgens getref.
Wêreldrenosterdag: Meer mense moet aktief betrokke raak
Wêreldrenosterdag word jaarliks op 22 September gevier en dié dag is ʼn geleentheid om dié uitsonderlike diere se natuurlike skoonheid te vier, maar ook ʼn dag om die publiek opnuut te herinner aan die stropingskrisis waaronder dié diere gebuk gaan.
Nuuskommentaar: As Afrikaans sy kop optel …
As die Afrikaner en Afrikaanssprekende toelaat dat Erfenisdag van erfenis gestroop word, word dit gereduseer tot ’n paar rieldanse voor die TV en dat diegene wat nog ’n vleisie kan bekostig, dit Saterdag op die kole gooi.
Nuuskommentaar: Internasionale Vredesdag
Op Internasionale Vredesdag lyk dit vandag wêreldwyd nie bra vreedsaam nie met die ineenstorting van die Siriese skietstilstand as teksboekvoorbeeld hoe gebrekkig en delikaat vrede kan wees. Maar binne Suid-Afrika woel dit ook met die studenteonluste wat nou ander protesaksies in die skadu druk.
Nuuskommentaar: Student teen student, regering teen regering; en die belastingbetaler hoes
Gaan wet en orde weer selektief toegepas word om die een of ander politieke klimaat te skep, of gaan daar nou op kampusse ingegryp word om studente wat wil studeer, en op staatsbeskerming daartoe geregtig is, nie al wéér vir die wolwe te gooi nie?
Hoendermoord en hoendervreters
As daar nou hier op Riversdal een ding is waaroor baie stories te vertelle is, is dit oor die skade van ongediertes wat hoenders, ganse en eende vang. Daar’s omtrent niemand wat pluimvee aanhou wat nie van skade kan vertel nie.
Nuuskommentaar: Nuwe boek: “Hoe om SA binne agt jaar daarmee heen te regeer” deur Jacob Zuma
Twee nuwe boeke werp baie lig op die “onderduimse metodes” waarmee die Zuma-mag in die regering bevestig word en wat ritse eerbare slagoffers oplewer.
Oom Herrie se kerrie: Ongeval met die wynvat
Oom Herrie lees toe ʼn opskrif van ʼn werker wat in ʼn wynvat verdrink het. Natuurlik roep dit die ou-ou storie op van die man wat so tragies in die wynvat verdrink het.