Die rollende studente-onluste wat tans van kampus tot kampus voortstu bevat sekere eienskappe wat nou oorsee vanuit ’n ras-oogpunt bestudeer word. Interessante bevindings word gemaak, maar dit verander niks aan die feit dat kulture in transito ook anti-kulture oplewer nie. Daar kan nie ’n soort “kulturele” verdraagsaamheid wees as studenteprotes daartoe lei dat ʼn biblioteek afgebrand word nie.
Nuuskommentaar: Hou op val vir wolhaar-nuus
Daar is kommer oor “verdomming” met mense wat volstruispolitiek speel met saakmakende nuus, en vasgenael sit en sepies kyk. Kan daar werklik oplossings vir die land se probleme wees sonder dat die harde feite van die werklikheid bekend is?
Hoenderstories
As ek my weer kom kry, skryf ek oor hoenders. Dis ʼn familieding. My ouma, haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders, my neefs en niggies. Almal het die Maritzding: Ons vrek almal oor hoenders.
Nuuskommentaar: Die simboliek van #OccupyLuthuliHouse vandag getoets
As die beplande protes van #Occupy Luthuli House vandag meer as net ’n muis baar, gaan dit vir die ANC groot reperkussies hê. Intussen word die asem opgehou oor die minister van minerale bronne se voet-in-die-mond-verklaring wat hom kritiek uit talle oorde op die lyf laat loop.
Oom Herrie se kerrie: Krieket by die wynvat gemeet
Met die laaaa-a-ang rugbyseisoen voel dit eintlik glad nie vreemd dat ons op tuisbodem al kriekettoetse in Augustus speel nie. Wat ’n mens skoon nostalgies maak oor die dae toe spelers in die winter vir hul bonde rugby gespeel het, en in die somer, krieket.
Nuuskommentaar: Is daar ruimte vir minderhede se leierskapontwikkeling?
Die regering tjommel tans erg rond onder die gevolge van sy swak leierskap, en die hele kwessie van die doeltreffende disinvestering van die land se staatsbeheerde instellings groei aan soos ʼn sneeubal. Dit is rede tot groot kommer.
Nuuskommentaar: Is dit die toppunt van ’n Zuma-mosie van wantroue?
Kan dit wees dat die gety in die private sektor nou met Futuregrowth se opskorting van lenings aan ses staatsbeheerde instellings só teen pres. Zuma draai dat hy moet kopgee en dié instellings van patronaatskap en swak bestuur skoonmaak, of gaan hy hardnekkig klou aan die “oorlog wat Suid-Afrika teen homself voer” en die risiko van ʼn “atoombom” loop?
Nuuskommentaar: Van dreadlocks tot boerkini’s
Kultuur en belange is ook minstens deels onderliggend aan die dreadlock- en boerkini-kwessies.
Nuuskommentaar: Objektief oor Zuma?
Is ’n rubriekskrywer wat die ANC en veral pres. Zuma feitlik blindelings veroordeel, en ander partye objektief of positief beoordeel, ’n objektiewe kommentator?
Oom Herrie se kerrie: Om (gekoring) die toekoms in te kan sien
Oom Herrie se kennis van die rooi taal het hom so byna gepootjie. Wat Oom Herrie gedink het hy lees, is dat ’n bekende ontwikkelaar van rekenaarprogramme ’n toestel aan die ontwikkel is waarmee ’n mens in die toekoms in kan koekeloer.
Nuuskommentaar: ‘Daar skort iets met wit Afrikanermans se opvoeding’
Daar skort glo iets met die opvoeding van jong Afrikanermans. Prof. Jonathan Jansen, uittredende rektor van Kovsies, sê hy is verkeerd of buite konteks aangehaal. Maar sonder dat hy sê wat hy wel gesê het en wat die regte konteks was, sal hy teen die agtergrond van gereelde wilde uitsprake onder verdenking staan dat hy inderdaad sy voet daarin gesit het.
Nuuskommentaar: Moet Zuma amnestie kry (en betaal word) om te verdamp?
Die moontlikheid dat pres. Jacob Zuma amnestie teen vervolging kry om van die toneel te “verdwyn” is pas weer geopper, en dié keer deur ’n gerespekteerde politieke kommentator. Maar dit lyk of ’n groot deel van die publiek voel Zuma verdien nie amnestie nie en moet tot by oom Daantjie in die kallerhok opgefoeter word.
Nuuskommentaar: Woer-woer met “reg om te werk” en “reg om te staak”
ʼn Mens kan maar net hoop die gerugte wat nou in omloop is, soos dat Pravin Gordhan binnekort gearresteer en daarna afgedank gaan word, is nie waar nie. Nogtans is stappe aangekondig wat pres. Jacob Zuma se rol in die ekonomie sterker kan maak, al is dit net om vir oulaas vir hom en sy familie te kan sorg.
Nuuskommentaar: Om Die Stem uit volkslied weg te laat
Kort ná die EFF die huidige koalisiepolitiek probeer kompliseer het met ’n eis dat Die Stem uit die volkslied verwyder word, steek die rubriekskrywer Max du Preez weer sy kop in ’n byenes hieroor. Dis egter ’n proses wat veel komplekser is en baie meer sensitiwiteit na alle kante benodig as wat Max aanbied.
Nuuskommentaar: Word Caster-glorie ’n tragedie?
Suid-Afrika moet Caster in die moeilike tyd wat voorlê, ondersteun, maar die styl waarvolgens dit gedoen word, moenie vir die wêreld die indruk van ’n middelvinger vir reg en geregtigheid gee nie.
Oom Herrie se kerrie: Oom Herrie speel weer albasters
Oom Herrie het weer begin albasters speel. Nee, nie “oumens-marbles” (rolbal) nie – dis gans te gevaarlik.
Nuuskommentaar: Wigte en teenwigte nou in drukgang – Seriti-kommissie voor hof gesleep
Twee nie-regeringsorganisasies, wat die bevindings van die Seriti-kommissie van ondersoek na die wapentransaksie in die hof tersyde wil stel, plaas weer die fokus op hoe belangrik die onafhanklikheid van die regbank is. Dit geskied egter teen die agtergrond van toenemende kommer oor die onafhanklikheid van die konstitusionele hof, veral na die meerderheidsuitspraak teen AfriForum in ʼn saak wat oor Pretoria se straatname handel.
Nuuskommentaar: Koalisies en samewerking
Sou die nuwe situasie daartoe lei dat Suid-Afrika ook professionele politieke brugbouers kry, gaan hulle, met die EFF in die prentjie, hare op hul tande nodig hê om die wa op sy spore te hou. Tensy natuurlik die EFF vir ’n slag besluit om volwasse politiek te bedryf.
Nuuskommentaar: Het Suid-Afrika ’n towerdoepa vir al sy probleme?
Die gevaar van “derdewêreldkanisering” vir die Weste maak ’n belangrike deel uit ná die problematiek wat baie lande nou ervaar. In Suid-Afrika is daar van regeringskant skynbaar geen besef oor die noodsaak van “derdewêreldkanisering” nie, en lyk dit eerder of aspekte daarvan, soos korrupsie, omarm word.
Nuuskommentaar: Wayde bars deur die klank-/kwotagrens
Ongelukkig gaan die meule van politieke inmenging in sport deur die regering waarskynlik kort voor lank ’n paar dowwe en verdelende kolle daar laat.