Ry nou maar Weskuslangs, deur Namakwaland, die Richtersveld in en luister hoe praat mense die mooiste Afrikaans. Luister hoe kleur mense in die Noordkaap en Karoo die taal in. Hoor hoe praat die storievertellers en die plaasvolk wat, spierwit grys en soms tandeloos, in Afrikaans jou die mooiste prentjies laat sien.
Nuuskommentaar: Hoe stem ons vir die openbare beskermer?
Die “aanlyn verkiesing” van die nuwe openbare beskermer wat deur die organisasie Corruption Watch aangebied word, wek heelwat belangstelling. Al is dit net raadgewend, is dit tog belangrik dat die publiek se stem gehoor word, maar dit verg ’n ingeligte stem en heelwat Googletyd.
Nuuskommentaar: Al weer volstruispolitiek met Zuma?
In bykans elke aspek van die ANC se agteruitboerdery met die pas-afgelope verkiesing speel pres. Jacob Zuma minstens ’n terloopse rol. Tog is Zuma nie ’n besprekingspunt tydens die vierdaagse bosberaad van die ANC waar lykskouing oor die verkiesing gehou gaan word nie. Is dit nie die toppunt van volstruispolitiek nie?
Ystervarkslagtery met ’n paar stertjies
Niemand het my geleer hoe om ystervark af te slag nie. Ek het op die harde manier geleer en as jy wil weet hoe seer die penne steek, vra maar vir my.
Nuuskommentaar: ‘Goeie en slegte rassisme’
Kan daar iets soos goeie rassisme wees? Die Suid-Afrikaanse regering het in effek ’n klipharde pleidooi hiervoor voor die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie gelewer, en toe nog Solidariteit daarvan beskuldig dat dié beweging weens sy hofsake en klagtes by die VN die proses vertraag.
Oom Herrie se kerrie: Vanslewe se stormagtige verkiesings
Kyk, Oom Herrie weet met rasseverhoudinge wat so delikaat is, is die manier waarop onse mense destyds politiek bedryf het, iets van die verlede.
Veral die dae toe die Natte en Sappe so aanmekaar was. Ladybrand se stadsaal het pas die deftigste deure gekry, toe daar so ’n woeste geveg tussen die Sappe en Natte in die saal uitbreek, dat daai nuwe deure met kosyn en al uit die muur uit baklei is.
Aardklop soos in die ou dae
Vanjaar, vir die eerste keer in jare, is ek weer opgewonde oor Aardklop. Kinderlik opgewonde. Die fees word weer op die Bult gehou, studente sal weer kaartjies kan bekostig, en die feesprogram lyk goed!
Drie oefeninge om jou kind se kreatiwiteit te verbeter
Die eerste oefening leer kinders om kreatief te dink op ʼn konkrete vlak, die tweede op ʼn skematiese vlak en die derde op abstrakte vlak.
Nuuskommentaar: Solidariteit versus regering oor rassisme
Die beeld van die Suid-Afrikaanse regering is wyd erg gekneus, en daar is nuwe beskouings oor presies wat rassisme is – wat weer sake vir Solidariteit en AfriForum kan bemoeilik. Hoe gouer die kwessie uitgepluis en opgerol word, hoe beter.
Nuuskommentaar: Vrouedag – deur die glasplafon
Is dit gepas dat iemand wat tien jaar gelede suksesvol owerspel as verweer teen ’n aanklag van verkragting in die hof kon aanvoer, nou die…
Vrouwees vandag
Omhels jou vrouwees, jy hoef nie soos ʼn man op te tree wanneer jy jou in ʼn manswêreld bevind nie. Jou vrouwees is juis dit wat jou anders maak, dit wat jou uniek maak. Wees verseker jy maak ʼn impak en ʼn verskil.
Nuuskommentaar: Is dit nou die einde van die politiek van die middelvinger?
Vir koalisiepolitiek om voortaan te slaag, sal die middelvinger tuis gehou moet word en meer van die kleiner partye sal beduidend moet groei om die…
Nuuskommentaar: Begin die kaartehuis nou inmekaar tuimel?
Gaan die ANC die eerste regerende party ter wêreld wees wat sy vallende kaartehuis weer kan oprig terwyl dit aan bewind is, of gaan die momentum voortduur ongeag planne om dit te stuit? Binne die demokrasie is egter sekere dinamika’s waaraan min gedoen kan word en elke krimpende party raak.
Oom Herrie se Kerrie: Hemelruim werk toe heel anders
Bykans 500 jaar nadat Galileo Galilei en die Roomse kerkvaders haaks was oor die samestelling van die hemelruim, en of die aarde die middelpunt van die heelal sou wees waarom alles sou wentel, bring nuwe “navorsing” aan die lig dat albei partye dit heeltemal verkeerd gehad het.
Nuuskommentaar: Vroeë lesse uit verkiesing
Vroeë aanduidings is dat die ANC agteruit geboer het, die DA gegroei het, en die EFF die spreekwoordelike muis gebaar het (hoewel ’n redelike fris knaaggedierte), en dat die wegblystem ’n groot impak kan hê. Dit lyk selfs of, bloot statisties gesproke, die ANC met ’n volgende verkiesing tot onder 50 persent kan daal.
Nuuskommentaar: Zuma versus Anti-Zuma?
Nie lank terug nie het dit gelyk of pres. Jacob Zuma met die verkiesing ’n ramp vir die ANC gaan wees, maar nou trek hy vol pawiljoene in gebiede waar hy nie lank terug nie uitgejou is, of baie mense die verrigtinge verlaat het voor hy nog aan die woord gekom het. Of Zuma nou ’n positiewe of negatiewe invloed vir die ANC gaan wees, die goeie naam van grondwetlike demokrasie is op die spel as die ANC nie vir Zuma gestraf word nie.
Wêreldveldwagterdag: Dis ʼn oorlog!
“Hierdie manne en vroue is dag en nag op die spoor van stropers en hulle weet nie of hulle die einde van die dag gaan sien nie, of hulle weer saam met hulle gesinne sal wees nie…”
Oom Herrie se kerrie: Van Klase en Misse
Ná die groot oorlog daar oorkant die waters begin Mooifontein se skool uit sy nate bars. Die skool se klaskamers was kamers wat in verskeie huise beskikbaar gestel is, en die kerksaal moes ook as skoolsaal dien.
Nuuskommentaar: Het Nuuskommentaar afgelope vyf jaar verskil gemaak?
Maroela Media het pas sy vyfde verjaardag gevier. Het die nuuskommentare oor hierdie tydperk daartoe bygedra om die politieke speelveld te verbreed, en om die versmorende skanse van politieke korrektheid terug te druk? Dit is iets wat net die lesers kan beantwoord.
Vyf jaar van Maroela en een miljoen lesers later
Mense ontvlug so ’n bietjie na Maroela toe. Om hulle woed ’n dolle gejaag, maar Maroela is jou boom, jou plek waar jy wel ’n koeksister mag eet en sê dit is deel van wie ek is. Só skryf Dirk Hermann, voorsitter van Maroela Media