Die Solidariteit Beweging het gisteraand ’n fondsbestuurgids bekendgestel wat deur skole en ouers gebruik kan word om meer selfstandig te wees wat die bestuur van geld in skole betref.
Luister: ʼn Rooi hartjie op my hart
Vyfuur. Skoolgebou. Ekstra klas. Bank toe gejaag om vir Sussie op die Puk geld in te betaal. ‘n Rugbytrui vir Boetie gaan koop. Hom weggebring en gaan haal, betyds vir sy oogarts-afspraak. Nou is daar ‘n lamte in my gebeente.
Vakkeuses vir ʼn beroep
Kom ons neem die verskillende studierigtings een vir een.
Luister: ʼn Halwe drie
My jongste lyk opgebruik toe hy by die kar inval. Die manier waarop hy sy sak agtertoe smyt, spreek boekdele. Daar is ‘n bloederige skraap op sy wang. Blou merke op sy bobeen. Sy krulle is met sweet aan sy slape vasgeplak.
Luister: Vermeulen se jeugroman ʼn kragtoer oor grootword
Jan Vermeulen ken tieners en hy weet hoe hulle koppe werk. Dit is dié dat hy gevoel het hy moet ʼn boek soos Asem skryf wat fokus op ʼn gesin se onderlinge verhouding.
Luister: Melktert vir Mob
“Maa-haa!” Dis Boetie wat met sy kop in die yskas roep. “Is die melktert vir ons?” “Nee?” skrou ek. “Dis vir Oom Dirk se verjaarsdag. Kry ‘n stukkie van die konfyttert.”
Wes-Kaap het die land se voorste Afrikaans-spellers
Een ding is seker: Wes-Kapenaars kán spel.
[Foto’s] Affies maak hul harte oop vir Loxton
Die meisies van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het verlede Woensdag ʼn replika van die hoofstad se stadskern gebou met boeke wat hulle aan ʼn skooltjie in die Karoo skenk.
Afrika se grootste vlieërfees binnekort in Muizenberg
#BornToFly is die tema van die 22ste internasionale vlieërfees wat die lugruim bokant Muizenberg in die Wes-Kaap op 29 en 30 Oktober met ongelooflike vlieërs sal vul.
Video: Babawiegie wat slaap vir ma en baba verseker
Talle ouers met pasgebore babas sê hulle sal enigiets gee vir een aand se goeie nagrus – en een maatskappy beweer hulle het die antwoord.
Baanbrekergeleentheid vir Afrikaans huistaal-matrieks
Hierdie unieke geleentheid help om matrieks GeRAT te kry vir die eksamen.
Luister: Issues en ouma se tiesjoes
“My neus loop,” kla Magdi. Dis kwart voor sewe op ‘n Saterdagoggend. Goed koud. En in plaas van in ons beddens, is ons in die motor, op pad na Magdi se arbeidsterapietoelatingseksamen.
Toets só jou kind se leerstyl
Mense leer nie net teen verskillende tempo’s nie, maar ook op verskillende maniere.
Klop disleksie só
Vir sommige ouers mag dit ’n verligting wees dat kinders se akademiese prestasie daadwerklik kan verbeter ten spyte van disleksie.
Video: Hoërskool Durbanville pronk met beste toneelgeselskap
ʼn Skrale 0,23% was die verskil tussen die wenner en naaswenner van die 52ste ATKV-tienertoneelkompetisie wat tydens Aardklop in Potchefstroom beslis is.
“Net die beste vir my kinders”
In die naam van “net die beste vir my kinders” sal ouers min of meer enigiets doen. Van werk sonder ophou om die buitensporige fooie van die Engelse privaatskool te kan bekostig, tot (net) brood eet en water drink vir die krat vol wonderwerk-speelgoed wat beloof om die voorste voorsprong te verseker!
Luister: Iemand om aan te hang
“Moenie so aan my hang nie, Rietjie!” Dis al skemer en ek is in die winkelsentrum op pad na Pick n Pay vir brood en melk. Marietjie, op 12 al ‘n kompulsiewe koper, natuurlik saam. Ek is moeg en sommer lus om vies te wees.
ATKV-Spelathon: Kinders kán spel
Waar gaan jy as jy jou taal ken tot die laaste letter? ATKV-Spelathon is ʼn kompetisie waar die Afrikanerjeug kom spog en meeding met hul kundigheid van die Afrikaanse taal.
Aardklop: Liewe Heksie-produksie benadruk rol van speel
Dis wonderlik om te weet dat Levinia vandag steeds voortleef en dat ons kinders haar ook liefhet. Dit is juis produksies soos dié van Margit Meyer-Rödenbeck en De Klerk Oelofse wat die legende van Liewe Heksie aan die lewe hou.
Luister: Die wyse man sonder ʼn naam
Hy’s altyd dieselfde, altyd daar, altyd vriendelik. “Lekker weer wat ons vandag het,” sê hy opgeruimd terwyl hy die trollies by my neem.