Die volgende stop is ’n prettige, lag-tot-jy-lê-bordspeletjie vir die hele gesin! Reis Suid-Afrika plat – in die gemak van jou eie huis!
Duurste hotelle in Suid-Afrika
Die duurste plekke in Suid-Afrika om te oornag is Kampsbaai en Franschhoek in Kaapstad. Vakansiegangers wat ʼn meer bekostigbare opsie soek, word aangeraai om die Oos-Kaap te besoek.
Klipskilderye verfraai die strand op Gansbaai
Ken Parris, ʼn Kaapse ingenieur, het opspraak gewek op sosiale media ná foto’s van sy klipskilderye wyd versprei is. Ken, wat ʼn vakansiehuis op Gansbaai besit, speel graag met akrielverf vir ontspanning wanneer hy vakansie hou.
Die land se 10 duurste voorstede
Indien jy in een van Suid-Afrika se tien duurste voorstede wil bly, gaan jy minstens R10 miljoen moet opdok vir ʼn huis.
Op vlerke: Nuuskierige renosters en uitlaatgasse
Verder teen die Sabierivier op, van die plek waar ons die bobbejane sit en beloer het, tot anderkant Skukuza, was die veld baie rustig.
Luister: Sleep: Jy het hierdie lisensie nodig
Die vakansie is om die draai en die woonwa en sleepwaentjie word geesdriftig gepak. Hierdie artikel verduidelik watter lisensie-kode op jou rybewys moet wees alvorens jy ‘n woonwa of sleepwa mag sleep.
Op vlerke: Nostalgie en die Nyamundwadam
Later jare, wanneer ons ná ʼn paar dae se oorbly in die Krugerwildtuin terug keer huis toe, het ons ondervind dat ons daardie laaste dag, soos ons nader aan die uitgangshek kom, al stiller raak. Dit was asof die besef ʼn mens al klaar weer laat verlang.
Kabinet verslap visumregulasies
Binne die volgende jaar sal die besonderhede van Suid-Afrikaanse ouers in die kind se paspoort gedruk word, sodat die ouers nie ʼn volledige geboortesertifikaat hoef te toon wanneer hulle met hul kinders reis nie.
[Foto’s] Pretoria, Jakarandastad
“Pretoria, Jakarandastad, dis weer Oktobermaand…” Koos du Plessis se woorde kom tot hul volle reg in dié reeks foto’s wat Immanuel van Tonder geneem het.
Heerenlogement: Wat word van ons historiese bakens?
Die Noordwes-Kaapland is ryk aan geskiedenis. Daar is vandag nog historiese gedenkwaardighede in hierdie geweste wat ʼn mens as getuienis kan beskou van hoe ons geskiedenis verloop het en watter mense diep spore in daardie geskiedenis getrap het. Dit is alles deel van ons erfenis.
Ope brief aan minister van toerisme oor reisregulasies
Ek wil graag my stem voeg by duisende Suid-Afrikaners wat al gely het onder die absurde “Child Trafficking Victims Protection Act”. My gesin het die afgelope Sondag ’n nagmerrie-ondervinding op die Heathrow-lughawe deurgemaak.
Bagasie word binnekort elektronies ingeboek
Hier is ʼn brokkie goeie nuus vir reisigers wat die lang rye by lughawens se inboektoonbanke wil vermy, skryf Marianne.
[Foto’s] Soutpanfoto’s skep ongelooflike optiese illusies
Hideki Mizuta (29) van Japan het asemrowende foto’s geneem by die Salar de Uyuni-soutpan in Bolivia.
[Foto’s] Honde maak die beste kampmaats
Die webwerf Camping with dogs moedig mense wat van kamp hou, aan om hul honde saam te vat wanneer hulle gaan kamp.
[Foto’s] SA’ners bederf met uitsonderlike aurora-vertoning
Die groep Suid-Afrikaners by die permanente navorsingsbasis in Antarktika is onlangs bederf met ʼn besonderse aurora-vertoning.
[Foto’s] “Praag” en praal
Beleef die prag en die praal deur die strate van Praag saam met Marianne.
Namakwaland lewer veldblomskouspel
Mense wat vanjaar weer van heinde en ver Namakwaland toe gery het om na die jaarlikse veldblomskouspel te gaan kyk, was glad nie teleurgestel nie, mits hulle tyd gehad het om so ’n dag of twee, drie daar te vertoef.
Pak slim, reis lig
‘n Paar lesers wou by Marianne weet wat is haar raad wanneer mens jou tasse pak.
[Foto’s] SA’ners het bedank om toilette te skrop
Twee Suid-Afrikaners, wat uit hul poste in die advertensiebedryf bedank het, moet nou toilette skrop om hul droom na te streef.
10 maniere om ʼn lang vlug te oorleef
Maak nie saak hoe baie jy vlieg geniet nie, dit kan nogal ʼn uitdaging raak om meer as 11 ure om te kry wanneer jy in ‘n klein ruimte saam met vreemdelinge vasgekeer is. Marianne deel ‘n paar wenke.