Suid-Afrika het nie ʼn tekort aan ʼn kulturele erfenis nie en daar is ʼn verskeidenheid maniere waarop ons Erfenisdag kan vier: baie van ons gaan ʼn tjoppie op die kole braai en net rustig saam met vriende verkeer, maar daar is ook ‘n hele paar uitstappies waaraan jy kan deelneem om ons erfenis te gedenk.
Video: Só pak mens vir een aand!
As jy net een aand gaan oorslaap, is hierdie die eenvoudigste manier om baie lig te reis! Hierdie video is reeds meer as 1 miljoen keer op YouTube gekyk.
Woestyn-tyd: Sossusvlei en Solitaire
Klim ‘n paar duine saam met Marianne Styan in Sossusvlei en kom kry ‘n heerlike stukkie appeltert in Solitaire. Lees gerus ook haar handige ritsgids en kyk na die ongelooflike foto’s onderaan die berig!
Ontdek Windhoek
Marianne Styan reis in Windhoek en sy meen jy het meer as ‘n week lank nodig om al die oases in dié woestyndorp te ontdek. Die foto’s onderaan die berig is, soos gewoonlik in Marianne se artikels, ‘n goeie lusmaker.
Swakopmund se rustigheid
” Die sonsondergange hier is legendaries en jy wil elke dag jou dag só beplan dat jy met sonsondergang daar sal wees om te kan foto’s neem.” Marianne Styan sê sy het haar hart verloor in Swakopmund.
Bosveld-wegbreek om die draai van Pretoria
Dinokeng Wildreservaat is 60 minute se ry vanaf Johannesburg (Rust de Winter-afdraai op die N1 net anderkant Pretoria) geleë en bied jou alles wat jy in die wildtuin kan kry, op ʼn kleiner, kompakter skaal. 18 500 hektaar om presies te wees.
Tydelike paspoorte gestaak
Die departement van binnelandse sake het aangekondig dat daar van 1 September af nie meer tydelike paspoorte uitgereik sal word nie.
Wynproe met ‘n kinkel
Almal hou van ‘n lekker wynproe. Maar dit kan maklik sommer net nóg ‘n wynproe word. Ek hou daarvan as daar ‘n ekstra ietsie bykom wat dit ‘n ander tipe ervaring maak.
Namakwaland se kleurpalet
“Daar is nie ‘n perfekte plek waar jy moet stop nie. Jy is die kunstenaar of fotograaf in jou eie ateljee en die natuur is jou verhoog,” skryf Marianne Styan oor die blomme in Namakwaland. Loer gerus na die pragtige fotogalery onderaan die berig!
Kruger-wildtuin se vyf lekkerste ruskampe
Marianne Styan vertel watter vyf ruskampe in die Kruger-wildtuin vir haar die lekkerste is om by te gaan uitspan. Nog foto’s en die ritsgids volg onderaan die berig.
10 dinge in Rome wat jy nie mag mis nie
Marianne Styan se derde en laaste aflewering in dié reeks oor Italië. Loer ook gerus na die pragtige galery foto’s onderaan die berig. Volgende keer reis ons weer plaaslik!
Florence – die blom van Italië
Florence is ‘n prutpotmengelmoes van geskiedenis, kuns en kultuur wat soveel het om aan te bied dat jy ten minste ‘n week nodig het om dit behoorlik te “proe”. En dan wil jy langer bly om dit te waardeer. Lees gerus Marianne se artikel oor Florence as jy ‘n vakansie daarheen beplan, en as jy nie só gelukkig is nie, lees dit sodat jy kan wens jy was daar…
Nuwe maatreëls vir kinders wat reis
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het Sondag gesê kinders wat na en van Suid-Afrika reis, sal binnekort bykomende dokumente benodig.
Reisartikel: Verruklike Venesië
Marianne Styan vertel in dié uitgawe meer van Venesië, die “drywende stad”. Kyk ook na haar pragfoto’s onderaan en geniet die interessante ritsgids wat sy elke keer onderaan die berig insluit.
Foto’s: Kaapschehoop se rykdom
Marianne Styan nooi jou om gerus by Kaapschehoop in Mpumalanga te gaan kuier: of dit nou vir die staproetes en wilde perde is of selfs om die hele dorpie uit te huur vir jou troue. Loer gerus na die mooi foto’s onderaan die berig.
Vyf ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Brasilië
Oorweeg jy nog ‘n reis na Brasilië vir die Sokker Wêreldbeker? Volgens Marianne Styan sal jy as Suid-Afrikaner op jou gemak voel in dié land!
Reisartikel: ‘n Nuwe uitsig op die rug van die Boomslang
Marianne vertel jou in hierdie uitgawe meer oor die Boomslang wat onlangs by die Kirstenbosch Botaniese Tuine in Kaapstad oopgemaak het. Nog foto’s van die Boomslang volg onderaan die berig.
Reisartikel: Bekostigbare trekpleisters in PTA waaraan jy nog nooit gedink het nie
Ons glo so maklik ons moet ver reis om interessanthede te ontdek in vreemde lande. As jy egter ‘n Jakarandastad-bewoner is of dalk in daardie rigting reis, verander bietjie jou pas en besoek hierdie ongewone besienswaardighede. (Foto’s volg onderaan die berig)
Reisartikel: V&A Waterfront meer as net ʼn winkelsentrum
Die mees gewilde bestemming in die hele Afrika is nie die Piramiedes in Egipte of die Kruger-wildtuin nie. Nee, dis die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad wat verlede jaar deur sowat 24 miljoen mense besoek is.
Reisartikel: Zanzibar: ʼn deeltjie verlore paradys
Marianne vertel in hierdie uitgawe vir jou meer van Zanzibar en sy sluit ‘n handige reisgids in. Nog foto’s volg onderaan die berig.