Talle Suid-Afrikaners neem op 7 April landswyd deel aan protesoptogte om pres. Jacob Zuma se bedanking te eis ná ʼn onverwagse kabinetskommeling waar, onder andere, die minister van finansies afgedank is. Die kredietgraderingsagentskap S&P Global het Suid-Afrika daarna tot rommelstatus afgegradeer.
[Foto’s] Gru-botsing in Vrystaat eis ses
Ses mense is dood in ʼn gru-botsing laat Donderdagaand op die N3-snelweg in die Vrystaat.
Verskeie optogte teen Zuma vandag gehou
Verskeie organisasies, politieke partye en ondersteuners gaan na verwagting aan verskeie optogte landswyd deelneem om aan te dring dat pres. Jacob Zuma uit sy amp bedank.
Polisie vra hulp ná bejaarde in ouetehuis vermoor is
Die Bloemfonteinse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom nadat ʼn bejaarde vrou in ʼn ouetehuis in die stad vermoor is.
‘Privatiseer die SAUK’
’n Beroep word op die regering gedoen om die SAUK te laat privatiseer.
Verkope van renosterhoring sal gereguleer word, sê minister
Edna Molewa, die minister van omgewingsake, het Donderdag gesê ʼn uitspraak dat renosterhoring plaaslik wettig verkoop mag word, beteken nie dat dit ongereguleerd sal gebeur nie.
SAKP hou voet by stuk: Zuma moet gaan
ʼn Aankondiging deur Jeremy Cronin, adjunkhoofsekretaris van die SAKP, dat die party ten volle die versoek ondersteun dat pres. Jacob Zuma moet bedank, is tydens Ahmed Kathrada se gedenkdiens Donderdag in Kaapstad verwelkom.
OR Tambo-rooftog: Beskuldigde het gejok, sê staat
Die staat en verdediging het Donderdag hul sake afgesluit in die borgtogaansoek van een van die mans wat daarvan beskuldig word dat hy verlede maand betrokke was by die rooftog by OR Tambo Internasionale Lughawe.
Nóg ʼn deurbraak ná polisie transitorooftog stuit
Die polisie in Limpopo het Donderdag nog twee verdagtes in hegtenis geneem wat gevlug het toe beamptes Saterdag ʼn beplande transitorooftog gestuit het.
Twee in hof ná moord op kleinhoewe
Twee verdagtes het Donderdag in die Cullinan-landdroshof verskyn op aanklag van die moord op Riekie Steenberg, wat in Junie verlede jaar op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, doodgeskiet is.
‘Wit mense se dade is soos ’n duiwel’ – Kovsie-koshuisinwoner
AfriForum het Donderdag verneem van rassistiese en uitlokkende opmerkings teenoor wit mense wat deur ’n student van die Villa Bravado-koshuis van die Universiteit van die Vrystaat (UV) op hul betrokke koshuisgang se WhatsApp-groep gemaak is.
Operasie ná duikongeluk: ‘Dit lyk goed’
“Dinge is nog bietjie onduidelik, maar dit lyk goed.”
Valke-lid bedank ná k-woord
ʼn Lid van die Valke verbonde aan die narkotika-buro (Saneb) in Gauteng het bedank nadat sy werkgewer hom aangekla het omdat hy glo ’n kollega die k-woord toegesnou het.
Pensioenaris hoor sy lot ná hy by jagklub steel
Dick Johannes Hattingh (78), ʼn ou bekende in Laeveldse sakekringe, het Woensdag sy lot in die Nelspruit-streekshof aangehoor nadat hy vroeër skuldig bevind is aan duisende rande se diefstal.
‘Rampbestande kluis’ om wêreld se data te beskerm
Dit is ontwerp om selfs uiterste rampe te deurstaan, is bestand teen kernaanvalle en data word só gestoor sodat kuberkrakers nié die inligting kan bekom nie.
Plaasaanvalle: Bejaarde oorleef vier dag lange nagmerrie
“Ek kan myself nie indink watter marteling dit moet wees om vir vier dae en nagte net daar te lê en wag om dood te gaan nie … wat hy deurgegaan het was suiwer marteling.”
Pretoria-stadsrede: ANC-raadslede ontwrig verrigtinge
Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, kon nog nie sy stadsrede lewer nie weens ontwrigting.
Matie met mes in bors gesteek
“Berading is vir die student en die koshuis as ʼn geheel aangebied.”
Erge donderstorms vir Gauteng, ander provinsies verwag
Inwoners van Gauteng moet bedag wees op erge donderstorms wat laatmiddag oor die hele provinsie kan voorkom.
Nóg ‘n ANC-LP bedank ná kabinetskommeling
Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie, het ook as ANC-LP bedank.