ʼn Man is Woensdagmiddag in hegtenis geneem nadat ʼn gyselaarsdrama ure lank in Randburg, Johannesburg, afgespeel het.
Voormalige SA-gholfspeler skiet homself
‘n Voormalige professionele Suid-Afrikaanse gholfspeler het homself Woensdagoggend ten aanskoue van sy vrou doodgeskiet.
Janet Jackson word ma op 50
Die Amerikaanse sangeres Janet Jackson het Dinsdag in die ouderdom van 50 vir die eerste keer ma geword.
Inwoners trek ‘veediewe’ vas
Twee mans, wat glo die afgelope paar jaar by veediefstal in die Lebowakgomo-omgewing, suid-oos van Polokwane in Limpopo betrokke is, is aangerand nadat lede van die gemeenskap hulle aangekeer het.
‘God het alles laat uitwerk soos dit moes’
“Mense vra my hoe ek in die Here bly glo nadat ons my ma verloor het én my seuntjie ook talle kere by die dood omgedraai het. Maar Hy het haar lank genoeg gespaar sodat ek kon groet. En Hy het mense se harte aangeraak sodat my seuntjie ʼn tweede kans op lewe kon kry.”
[Foto’s en video] Brande woed steeds in Wes-Kaap
Brandbestryders spook steeds om die veldbrand in die omgewing van Somerset-Wes onder beheer te kry.
Bok van Blerk en Hanna Grobler verwelkom eersteling
Die gewilde glanspaartjie Bok van Blerk en Hanna Grobler het onlangs vir die eerste keer ouers geword.
Drankraad verander van plan oor ‘naweekpas’
Die Gautengse Drankraad het gesê hy is vroeër oorval met versoeke dat die handelstye vir drank hierdie naweek verleng word en het aanvanklik besluit om wel die reëls hieroor vir die naweek te verslap.
‘Meer het hierdie feesseisoen verdrink’
Die meeste van die verdrinkings kan toegeskryf word aan swemmers wat deur seestrome meegesleur is, maar mense het ook in strandmere, swembaddens, riviere en damme verdrink.
Nuuskommentaar: Het Mantashe steelhou teen Zuma ingekry?
Besef Mantashe hoe omvangryk die implikasies van sy voornemens is?
Bekende oud-radioman gaan politiek betree
“Wanneer ek eers daar is sal ek nog meer uitgesproke wees,” het die voormalige radio-omroeper en televisie-persoonlikheid laat hoor.
Kommer oor ‘naweekpas’ vir ANC-vieringe
Die Gautengse Drankraad het ʼn sogenaamde “naweekpas” aangekondig vir drankverkope in die provinsie ter wille van die ANC se 105de verjaardagviering.
Bestuurder vas oor rooftog
Die assistentbestuurder van ʼn klerewinkel in Polokwane in Limpopo is saam met nog ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by dié winkel.
Vier sterf in Vrystaat-botsing
Vier mense is dood in ʼn botsing op die N3 naby Warden in die Vrystaat.
[Video] 2-jarige red tweelingbroer onder laaikas
ʼn Tweejarige seuntjie kon daarin slaag om sy tweelingboetie te help nadat ʼn groot laaikas op hom geval het.
Immigrant in tas gekry
ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat ʼn man in haar bagasie gevind is.
Vrou steek glo dwelms in kos weg
“Polisiebeamptes was agterdogtig en het die roomysbak met bredie deursoek, toe hulle op drie sakkies dagga afgekom het.”
Dronkbestuur-regter se aansoek van die hand gewys
Regter Nkola Motata is in 2009 aan dronkbestuur skuldig bevind en al sedert 2007 op spesiale verlof.
Hof sê oor KZN-polisiehoof
Ngobeni is in die kollig geplaas nadat bewerings aan die lig gekom het dat die sakeman, Thoshan Panday, vir haar man se uitspattige verjaardagpartytjie betaal het.
Rower skiet huiseienaar, makker en toe homself
Drie mense is Dinsdag in ʼn huis in Vereeniging doodgeskiet.