Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, het Dinsdagaand rassisme die skuld gegee ter verdediging van sy besluit om die SAUK se nuus te sensor.
Moot-moord: Was dit beplan?
Landdros Kiru Pillay moet onder meer eers besluit of die moord op pastoor Elsabe van Niekerk voorafbeplan was voordat Stefan Visser (29), haar skoonseun wat van die daad aangekla word, gaan weet of sy borgtogaansoek suksesvol was.
[Foto’s] ‘Verlore stad’ toe net geologiese verskynsel
Die sogenaamde verlore stad wat snorkelduikers in 2013 aan die kus van die Griekse eiland Zakynthos gevind het, is toe al die tyd net die gevolg van geologiese verskuiwings.
Northam-geweld: Mynwerkers steeds nie terug by werk
Die bestuur van Northam Platinum in Limpopo het Woensdag gesê gesprekke vind tussen die onderskeie partye plaas om ʼn oplossing vir die situasie by die Zondereinde-myn te vind sodat werknemers kan terugkeer werk toe.
SA vaar uit oor ‘ongegronde, twyfelagtige’ terreurwaarskuwings
Die Suid-Afrikaanse regering het gesê die waarskuwings oor moontlike terreuraanvalle in die land is “twyfelagtig, ongegrond en dat die bron daarvan dit op twyfelagtige gevolgtrekkings gegrond het”.
Fitch-kredietgradering: ‘Politieke risiko’s het toegeneem’
Fitch het in sy redes vir Suid-Afrika se kredietgradering onder andere verwys na onlangse hofuitsprake teen pres. Jacob Zuma.
Gauteng-inwoners teen hondsdolheid gewaarsku
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het ʼn beroep op troeteldiereienaars gedoen om hul troeteldiere te laat inent, nadat verskeie gevalle van hondsdolheid in Gauteng aangemeld is.
12-jarige meisie doodgeskiet, pa gewond
ʼn 12-jarige meisie is doodgeskiet en haar pa gewond in hul huis in Bethelsdorp, buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
Moot-moord: Skoonseun hoor dalk van borgtog
“Vir iemand om iemand anders 31 keer met ʼn mes te steek en vier keer te sny, kan aandui dat só ʼn persoon nie by sy volle bewussyn was nie. Hy kon geknak het en bewussyn verloor het.”
[Video] Jhb-vrou vertel van wrede aanranding
“Ons nasie is besig om kwater en kwater te word. Ek weet regtig nie waarom hulle my so erg moes slaan nie.”
Brand woed in Grahamstad
ʼn Groot brand woed in Grahamstad in die Oos-Kaap.
Picasso-werk in Kaapstad opgeveil
ʼn Skildery deur Pablo Picasso is Dinsdagaand vir die eerste keer in Suid-Afrika opgeveil.
Herrie oor SA-jagter se ‘seekoei-uitdunning’ in Zambië
ʼn Zambiese diereregte-aktivis het gewaarsku tot 2 000 seekoeie langs die Luangwarivier in Zambië kan oor die volgende vyf jaar deur ʼn Suid-Afrikaanse professionele jagter doodgemaak word.
Nuuskommentaar: Waar het Zuma van “demokrasie” geleer?
Pres. Zuma het onlangs opnuut in ʼn toespraak laat blyk dat hy geen snars verstaan van wat die term “demokrasie” beteken nie. So bly hy skade aanrig aan die beeld van die land waarna kredietgraderingsagentskappe kyk wanneer hulle besin of Suid-Afrika rommelstatus moet kry, of steeds op die randjie daarvan moet huiwer.
OB kort R3 miljoen vir Gupta-ondersoek
Die openbare beskermer het Dinsdag haar versoek, dat sy ekstra geld benodig om ʼn ondersoek te doen oor ʼn moontlike staatsvergryp, herhaal.
Mans gevonnis wat SAUK-span voor kamera beroof
Twee mans wat SAUK-joernaliste in Maart verlede jaar beroof het terwyl hulle besig was met verfilming, is Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof gevonnis.
[Foto’s en video] Brand by groot Durban-kerk
ʼn Brand het Dinsdag by Durban Christian Centre se Jesus Dome uitgebreek en die gebou verwoes.
Laaste 9/11-reddingshond sterf
ʼn Hond wat deel was van die soek- en reddingspan ná die aanvalle op 11 September 2001 by die Wêreldhandelsentrum in New York, is Maandag dood.
[Video] Eienaars die probleem, nie honde nie
Eienaars van Amerikaanse veghonde sê hulle is keelvol vir die slegte reputasie wat dié honde dikwels het.
Terug in hof ná ‘bloedmonsters in mikrogolf’
ʼn Adjudant-offisier van die polisie, wat daarvan beskuldig word dat hy bloedmonsters in dronkbestuursake gekook het, het Dinsdag weer in die hof in Kaapstad verskyn.