Die Universiteit van Pretoria se hoofkampus is Dinsdag weer gesluit terwyl protesaksie onverpoos voortgaan.
Parys-boere: Gemoedere loop hoog by hof
Daar is Dinsdagoggend ‘n swaar polisieteenwoordigheid voor die Parys-landdroshof in die Vrystaat waar vier boere gaan verskyn in verband met die dood van twee plaasaanvalverdagtes.
Man hang hom glo in polisiesel
ʼn 52-jarige man het hom na bewering Maandag in ’n aanhoudingsel van die Bloemhof-polisiestasie in Noordwes opgehang.
Seksklag: Fransman moet verduidelik
Die ANC vergader Dinsdag oor die klag van seksuele teistering wat teen die party se Wes-Kaapse leier, Marius Fransman, aanhangig gemaak is.
Hennopsrivier-lyke: Familielid, nog ʼn verdagte vas
ʼn Familielid en haar kêrel is in hegtenis geneem in verband met die moord op Piet en Evah Beetge, wie se lyke einde Desember in die Hennopsrivier in Centurion gevind is.
Marikana-huise: Inwoners glo verjaag
Inwoners van Marikana in Noordwes wat verlede week huise as deel van die ANC se 104de verjaardagviering ontvang het, word glo gedreig en geïntimideer.
Obama hef SA se Agoa-voordele op
Pres. Barack Obama van Amerika het aangekondig dat Suid-Afrika se voordele onder die Agoa-handelsooreenkoms opgehef gaan word.
Vavi in hof vir spoedoortreding
Zwelinzima Vavi, voormalige hoofsekretaris van Cosatu, sal Dinsdag in die Edenvale-landdroshof verskyn op aanklag dat hy die spoedgrens oorskry het.
Gautrein-busdienste nie beskikbaar
Die Gautrein se busdienste is van Dinsdagoggend af nie beskikbaar nie.
Onderwysdepartement waarsku oor beurs-slenter
Die departement van basiese onderwys het gewaarsku teen ’n slenter waarvolgens beurse aangebied word vir matrikulante wat hulle as onderwysers wil bekwaam.
Rowers doen hulle as polisie voor
Die polisie in Uitenhage in die Oos-Kaap is op die spoor van vier verdagtes wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen en ʼn huis beroof het.
Oscar Pistorius appelleer teen skuldigbevinding
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat Oscar Pistorius se regspan ʼn aansoek ingedien het om teen sy skuldigbevinding aan moord te appelleer.
Leeu verskeur ouma
ʼn Vrou in haar 60’s is oor die naweek in Zimbabwe, ʼn paar kilometer buite Victoria Falls, dood nadat ʼn leeu haar verskeur het.
SA-steenkoolmyngroep skop teen Chinese belegging
Haohua Energy International (HEI) van Hongkong het Maandag sy voorneme aangekondig om sy aandeel in die Suid-Afrikaanse steenkoolmaatskappy, Coal of Africa Limited (CoAL) te vergroot, deur US$5 miljoen te belê.
Tshwane-burgemeester sê Kerkstraat-bordjies is ‘rassisties’
Kgosientso Ramokgopa, die uitvoerende burgemeester van die stad Tshwane, het gesê lede van AfriForum Jeug wat Kerkstraat-bordjies aangebring het in Pretoria, het “rassisties” opgetree.
Planne om malariabedreiging in KZN te voorkom
Nuwe data wat in ʼn wetenskapjoernaal gepubliseer is, het bevind dat daar muskietvektors (draers van malaria) in KwaZulu-Natal is wat moontlik weerstandig kan wees teen insekdoders.
Kampsbaai-moord: Man in psigiatriese hospitaal opgeneem
Diego Novella, van Guatemala, wat beskuldig word van die moord op sy meisie in ʼn luukse hotel in Kampsbaai, Kaapstad, is in die Valkenberg psigiatriese hospitaal opgeneem.
Optog teen rassisme in Scottburgh
Ongeveer 1 000 mense het Maandag in Scottburgh, KwaZulu-Natal, opgeruk om hul stemme dik te maak teen rassisme.
Verdagte in hof vir diefstal uit regeringskantoor
Net een van die verdagtes wat in verband met die diefstal van miljoene rande uit ʼn kluis in die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) in hegtenis geneem is, het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Panayiotou: VSA se hulp ingeroep
Die Nasionale Vervolgingsgesag het ʼn aansoek aan die VSA se departement van binnelandse veiligheid gerig in ʼn poging om inligting oor Christopher Panayiotou te bekom.