Johann Dreyer, ʼn sakeman van Port Elizabeth, wat deur twee voormalige werknemers van verkragting en seksuele aanranding beskuldig is, is onskuldig bevind.
KZN-verkeersbeampte by werk doodgeskiet
Pietermaritzburg se hoofverkeersbeampte is Donderdagmiddag glo deur ʼn junior beampte doodgeskiet.
[Foto’s] Twee sterf in Limpopo-ongeluk
Twee mans is Donderdagmiddag op die R71 in Limpopo dood toe ʼn motor en ʼn bakkie mekaar reg van voor getref het.
Verkiesingdatum sal bepaal word; kiesers se adresse ʼn groot uitdaging
David van Rooyen, minister van samewerkende regering, het intussen gesê die datum van die verkiesing sal bekend gemaak word sodra die voorbereiding en nakoming afgehandel is.
OVK maak gereed vir verkiesing
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdag gesê hy is gereed vir die 2016 plaaslikeregeringsverkiesings, en voorbereidings is reeds in ʼn gevorderde stadium.
Zuma glo nie verantwoordelik vir wankelende rand
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Donderdag ontken die Suid-Afrikaanse geldeenheid se onstabiliteit kan toegeskryf word aan pres. Jacob Zuma se uitsprake of optrede.
Tweede verdagte vas ná Caydene se moord
Die polisie in Port Elizabeth het ʼn tweede persoon in hegtenis geneem in verband met die tweejarige Caydene Ruiters se moord.
Bekende akteur Alan Rickman oorlede
Die bekende Britse akteur Alan Rickman is Donderdag in die ouderdom van 69 oorlede.
Veldwagter doodgeskiet toe buffel storm
ʼn Veldwagter is Donderdag per ongeluk deur ʼn kollega doodgeskiet toe ʼn buffel hulle in die Kruger-wildtuin bestorm het.
Nuwe Kerkstraat-naamborde gevandaliseer
EFF-lede het glo die 49 straatnaamborde wat AfriForum Jeug Sondagaand in verskeie dele van Kerkstraat in Pretoria aangebring het, met rooi verf getakel.
Vandalisme kos Wes-Kaap fortuin
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het in Desember en Januarie veiligheidsmaatreëls by skole opgeskerp om “vandalisme en inbrake” te probeer hokslaan.
[Foto’s] Betogings woed voort in Mpumalanga-dorp
Gewelddadige betogings woed al meer as ʼn week lank in die klein Mpumalanga-dorpie, Waterval-Boven, waar betogers paaie versper, winkels plunder en geboue aan die brand steek.
Nog ʼn aanval in Pta-reservaat
“Hulle het my teen die grond gestamp en my gewurg. Ek het hulle geskop so hard as wat ek kon en net aanhou terugveg.”
Polisieman verongeluk ná verdagte hom glo aanval
Die Gautengse polisie is op die toneel van ʼn ongeluk waar ʼn polisiebeampte van Limpopo na bewering verongeluk het terwyl hy glo besig was om ʼn verdagte van Polokwane na Pretoria te vervoer.
Geskiet ná wag dink hy is boef
ʼn Jong man van Pretoria is Woensdagoggend geskiet nadat ʼn veiligheidsbeampte hom glo vir ʼn inbreker aangesien het.
Minister veroordeel universiteitsoproer
Geweld en intimidasie by Suid-Afrikaanse universiteitskampusse is onaanvaarbaar het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê en bygevoeg optrede wat onderrig onderbreek en onredelike eise wat gestel word, is teenproduktief.
Sasol-man geskors oor ‘rassistiese’ twiet
Sasol het bevestig hy het ʼn werknemer geskors en met dissiplinêre stappe begin nadat die werknemer glo rassistiese uitlatings op Facebook gemaak het.
‘Onwettige’ braaihoenders na Zimbabwe uitgevoer
ʼn Groot hoeveelheid van die hoendervleis, ter waarde van R128 miljoen, wat Zimbabwe verlede jaar van Suid-Afrika ingevoer het, is waarskynlik voorraad wat verval het.
Drie mense oornag skatryk
Die Amerikaanse Powerball, ter waarde van $1,5 miljard (bykans R25 miljard), waarvan die trekking Woensdag was, is deur drie mense gewen.
Minister ontbind Suid-Afrikaanse Taalraad
Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het Woensdag aangekondig dat hy die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) ontbind het weens swak prestasie en ʼn gebrek aan leierskap.