Die regering kan nie eensydig en na willekeur die naam van die Anglo-Boereoorlog na die Suid-Afrikaanse oorlog verander nie, het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, Dinsdag gesê.
Silo’s val soos domino’s
Veertien silo’s wat nagenoeg 11 500 ton kanolasaad geberg het, het Dinsdagoggend by Sentraal-Suid Koöperasie se aanleg in Swellendam ineengestort.
Appèlhof sê dan oor Oscar Pistorius
Indien die appèlhof hom aan moord skuldig bevind, kan Pistorius ʼn minimumvonnis van 15 jaar opgelê word.
Gesinsmoordenaar doodgeskok
Uyslen Nel (45), wat drie keer lewenslange tronkstraf uitgedien het vir die moorde op sy vrou en twee kinders, is Maandagmiddag dood weens ʼn elektriese skok by ʼn huis in Port Elizabeth.
Gumtree waarsku teen slenter
Die advertensiewebwerf Gumtree het die publiek gewaarsku oor ʼn slenter op sy en ander soortgelyke webtuistes wat poog om potensiële kopers uit groot geld te bedrieg.
Minister gee Anglo-Boereoorlog nuwe naam
Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het tydens die bekendstelling van Versoeningsmaand by die oorlogmuseum in Bloemfontein aangekondig dat die naam van die Anglo-Boereoorlog (ABO) amptelik verander is.
M-Net-internskap ‘nou oop vir almal’
Die vakbond Solidariteit het gesê M-Net het voor volgehoue druk geswig en sy “diskriminerende internskapsadvertensie” oopgestel vir kandidate van alle rassegroepe.
Mense se rassistiese uitlatings op advertensieborde
Criola, ʼn organisasie in Brasilië wat vir swart vroue se menseregte veg, het onlangs rassistiese kommentare wat mense op sosiale media gepubliseer het, op groot advertensieborde naby dié persone se huise geplak.
Suid-Afrikaners kwesbaar vir misdaad
Suid-Afrikaners voel kwesbaar vir misdaad en vrees dwelmverslaafde misdadigers, inbrekers en seksuele uitbuiting die meeste.
Borg onttrek ná herrie oor TV-program
Absa het bevestig dat hy sy borgskap van die program Our Perfect Wedding met onmiddellike effek beëindig het nadat daar ook ʼn klag by die Uitsaaiklagtekommissie ingedien is.
Paniekerige passasiers spring uit trein ná ontploffing
Minstens 15 mense is beseer en 77 is vir waarneming na verskeie hospitale geneem nadat daar Dinsdagoggend ʼn ontploffing op ʼn passasiertrein naby Irene suid van Pretoria was.
Studentebetogings was poging om land te ‘destabiliseer’
Die ANC het gewaarsku teen pogings om die onlangse studentebetogings teen verhoogde universiteitsgelde te gebruik as ʼn manier om Suid-Afrika te destabiliseer.
Seun (15) in hof vir huismoeder se moord
Die 15-jarige seun wat verdink word van die moord op Carima Barnard (50), ʼn huismoeder van die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum naby Dewetsdorp in die Vrystaat, het Maandag vlugtig in die hof verskyn.
Rusland stel sanksies in teen Turkye
Rusland het sanksies teen Turkye ingestel ná verlede week se voorval waarin ʼn Russiese vegvliegtuig afgeskiet is.
Top-sportadministrateur doodgeskiet
Die voormalige uitvoerende hoof van Atletiek Suid-Afrika en Suid-Afrika se Sportkonfederasie en Olimpiese Komitees (Sascoc) is Dinsdagoggend vroeg tydens ʼn rooftog by sy huis in Johannesburg doodgeskiet.
Nuuskommentaar: Verkiesingsbedrog – Kan ANC vertrou word?
Benewens die voor die hand liggende regstellings wat die konstitusionele hof gemaak het deur herverkiesings in nege Potchefstroomse ANC-wyke binne 90 dae te las, het die hof ook die “beginsel” van “genoegsaam vry en regverdig” uit die veld gemoker. Sal die ANC en die OVK kan aanpas by ’n situasie waar daar nou minder ruimte is vir middelmatigheid en doodgewoon vrotheid, ook buite verkiesingsverband?
AfriForum klop by ambassades aan oor plaasmoorde
AfriForum gaan Dinsdag by 15 ambassades in Pretoria memorandums oorhandig waarin die burgerregte-organisasie versoek dat dié lande druk op die regering plaas om die regte van minderhede te beskerm én om die plaasmoordkrisis as ʼn prioriteit die hoof te bied.
ANC ‘aanvaar’ hofuitspraak oor tussenverkiesings
Die ANC in Noordwes het gesê hy aanvaar die konstitusionele hof se uitspraak dat die tussenverkiesings in Tlokwe nie vry en regverdig was nie en om dié rede tersyde gestel is.
[Foto’s] ‘VVV-ongeluk’ in Sandton laat motoriste kopkrap
Talle motoriste het Dinsdagoggend foto’s op Twitter gelaai van ʼn vreemde vlieënde voorwerp (VVV) wat glo in Sandton neergestort het.
Australiese toeris op Tafelberg gered
ʼn Australiese toeris is Maandagmiddag op Tafelberg gered nadat sy geval en haar enkel beseer het.