Die polisie is opsoek na ’n man in verband met die moord op ʼn vrou wie se liggaam Saterdag in haar huis in Sweet Home Farms in Philippi in Kaapstad gevind is.
Twee dood, een kritiek ná vliegtuig in berg vasvlieg
Twee vroue is dood en ʼn man kritiek beseer toe ʼn ligte vliegtuig Woensdag, vermoedelik weens slegte weerstoestande, in ʼn berg in die Palmietvlei-omgewing in die Oos-Kaap vasgevlieg het. ’n Jackrussell-hond wat saamgevlieg het, het ook die ongeluk oorleef.
Barclays wil glo van Absa ontslae raak
Die Britse bank, Barclays, is glo op soek na ʼn koper vir Absa na die afgelope rondomtalie oor die minister van finansies.
Nuuskommentaar: Zuma-verslaafde ANC verklaar homself tot vyand van die land
Die opruiend aard van pres. Zuma se “Versoenings”-dagtoespraak, met volop blaamverplasing na apartheid, dui daarop hy gaan nie as flou makou onder beheer gehou word nie. Het die ANC dié keer te wild gedobbel deur Zuma, ʼn bewese ekonomiese ramp vir die land, nie te herroep nie?
Honderde oudlede terug in polisiediens
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Donderdag gesê honderde oudpolisielede is voorlopig goedgekeur om weer by die polisiemag aan te sluit.
Zuma: ‘SA’ners moet hul apartheid-stories vertel’
President Jacob Zuma het Woensdag Suid-Afrikaners aangemoedig om nie die stories oor hoe hulle onder die apartheidsregering gebrutaliseer is, te onderdruk nie.
Kind verdrink, paramedici red nog twee op vakansiedag
Paramedici is Woensdag na verskeie gevalle van verdrinkings regoor die land ontbied.
43 mans reeds vanjaar by inisiasieskole dood
Ten minste 43 mans is reeds tydens hierdie somer se inisiasieseisoen dood, het Des van Rooyen, nuutaangestelde minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdag gesê.
‘Versoening vergeefs sonder ekonomiese vryheid’
Die EFF het Woensdag gesê versoening is tevergeefs sonder ekonomiese bevryding.
Rooigety aan Tuinroete-kusgebied
Inwoners en vakansiegangers aan die Tuinroete se kusgebied is gemaan om nie te swem of vis te vang in areas waar rooigety opgemerk is nie.
Versoening, die Gelofte van 1838 en die Afrikaner se plek in SA
“Meeste mense in Suid-Afrika soek vrede en ’n veilige toekoms vir hulle kinders. Hulle soek ook die reg om hulself te wees, as byvoorbeeld Afrikaners, in ’n land met baie tale en kulture. Is dit te veel gevra?” Só het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, in ’n toespraak naby Bothaville in die Vrystaat gesê.
Skywise skort bedrywighede op
Die laekostelugdiens Skywise het Woensdag aangekondig dat sy bedrywighede tot verdere kennisgewing opgeskort is.
‘Versoeningsdag ʼn geleentheid om SA te verenig’
Versoeningsdag gee Suid-Afrikaners die geleentheid om te reflekteer oor ʼn verenigde land, het die DA gesê.
Irak eis dat alle Turkse troepe onttrek moet word
Dis nie genoeg dat Turkye net ʼn gedeelte van sy troepe uit ʼn kamp in die noorde van Irak onttrek het nie, het ʼn woordvoerder van die Irakse premier Dinsdag gesê.
[Foto’s] Vier swaar gewapendes sak toe op Pta-vulstasie
Vier swaar gewapende mans het Dinsdagaand op die Engen-vulstasie in Rigelweg, oos van Pretoria, toegeslaan.
Man vas ná hy glo verkeersbeampte sleep
ʼn 46-jarige man is in Rustenburg, Noordwes, in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord en roekelose en/of nalatige bestuur.
Nuuskommentaar: Moet Versoeningsdag afgeskaf word? En wat van Geloftedag?
Het Versoeningsdag nie ’n dag geword waarop politici gou ’n paar woorde oor versoening uiter, maar die res van die jaar deur hul optrede en woorde versoening in die wiele ry nie? Maak die hernieude eise – veral ekonomiese eise waar een groep net nog moet gee en opoffer, en ’n ander net ontvang – nie van Versoeningsdag ’n klug nie? Is Geloftedag nog suiwer gerig of ook deur politiek gekaap?
[Foto’s] Duisende ruk op teen Zuma
Duisende mense het onderskeidelik in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad bymekaargekom in optogte teen pres. Jacob Zuma.
Agt beseer in Potch-ongeluk
Agt mense is beseer in ʼn trompop-botsing op die N12 buite Potchefstroom in Noordwes.
Daggalaboratorium op kleinhoewe gevind
ʼn 65-jarige man is in Richwood in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel.