Die moratorium op die plaaslike handel in renosterhoring is Donderdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria ter syde gestel.
‘Engele’ red kind van verdrinking
ʼn Groep mans van ʼn sakeonderneming wat op ʼn ouma se angswekkende gille reageer het, het gehelp om die lewe van ʼn dogtertjie van 20 maande te red nadat sy byna in ʼn opblaasswembad verdrink het.
Geveg by nagklub lei glo tot jong man se dood
“Jou nalatenskap sal van vandag af in my voortleef. Ek is lief vir jou!!!”
M-Net sê oor ‘diskriminasie teen wittes’
Die betaalkanaal M-Net het Donderdag gereageer op die beskuldig van die vakbond Solidariteit dat hy teen wit mense diskrimineer.
Onreëlmatige uitgawes deur OG uitgewys
Die ouditeur-generaal (OG) het Woensdag in ʼn verslag aangekondig dat R25,7 miljard se onreëlmatige uitgawes in die 2014/15-boekjaar aangegaan is.
Turkye sluit grens vir Siriese vlugtelinge
Turkye het sy grens vir Siriese vlugtelinge gesluit en vlugtelinge word nou na die oorloggesteisterde Sirië teruggestuur.
Twee kort nog regshulp vir ma se moordsaak
Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Annetjie Stassen (78), wie se liggaam Sondag in ʼn veld gevind is nadat sy vroeër as vermis aangemeld is, het nog nie in die hof gepleit nie.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde: Regering skuld ons ’n GROOT verskoning
Die optrede van die Suid-Afrikaanse diplomatieke missie by die VN in Genève, deur ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking tot rassiste en “hunkerend na apartheid” te verklaar omdat hulle sterker optrede teen plaasmoorde verlang, is so skandalig dat gevra moet word of hulle bloot daarmee moet wegkom.
Man op Limpopo-kleinhoewe vermoor
ʼn 59-jarige inwoner van Northam, suid van Thabazimbi in Limpopo, se liggaam is Woensdag in sy huis op ʼn kleinhoewe naby die dorp gevind.
[Video] Voormalige Kaapse kinderster sterf op 43
Ricardo Groenewald, die sanger wat op ʼn jong ouderdom bekendheid verwerf het met die treffer “I Love You Daddy”, is in die ouderdom van 43 oorlede.
VN hoor ‘met aandag’ voorleggings oor plaasmoorde
Drie organisasies het dié week voorstelle oor plaasmoorde by die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switzerland, voorgelê.
Pikitup-werkers beseer ná onderonsie met polisie
Paramedici het sewe Pikitup-werkers behandel nadat die polisie Woensdagmiddag met rubberkoeëls op hulle gevuur het.
Groot deurbraak in renosterstropery
Twaalf verdagtes, waaronder drie polisiebeamptes, is in verband met beweerde renosterstropery in hegtenis geneem.
Woonkomplekse in staat se visier: Makhura oningelig
David Makhura, premier van Gauteng, moet oningelig, naïef of dringend opsoek na politieke steun wees as hy meen dat woongebiede steeds op rasgrondslag geskei is, het die Afrikaanse sakeliggaam AfriSake, gesê.
Tannie gevonnis vir verkragting van 13-jarige
ʼn 44-jarige vrou van KwaZulu-Natal is gevonnis vir die verkragting van ʼn 13-jarige familielid.
Wag by winkelsentrum doodgeskiet
ʼn Winkelsentrum in Polokwane is Woensdag gesluit nadat gewapende rowers ʼn veiligheidswag daar doodgeskiet het.
Herschelle Gibbs dán in hof op aanklag van dronkbestuur
Herschelle Gibbs sou Woensdag sy eerste hofverskyning maak, amper ʼn jaar nadat hy in ʼn ongeluk in Kampsbaai betrokke was.
[Video] AfriForum striem Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies
AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Ernst Roets, het Woensdag tydens die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switzerland, ʼn striemende aanval op die Suid-Afrikaanse regering se inset tydens die konferensie geloods.
Jong man se liggaam nog nie gevind
Werner Finger (20), MarNic Els (20) en Luandro Jansen (21) is op Sondag 15 November by die George-polisiestasie as vermis aangemeld nadat hulle die Saterdagaand na Heroldsbaai is en nie weer teruggekeer het huis toe nie.
Amasone-aardbewings bring rekord binne bereik
Twee reusagtige aardbewings wat betreklik naby aan mekaar in die Amasone-woud voorgekom het, en elk 7,6 gemeet het, bring die totale aardbewings vanjaar van magnitude 7 of sterker, op 18 te staan.